Afrikaans 1983 Bible - 20 verses
1Die Here het vir Abram gesĂȘ: âTrek uit jou land uit, weg van jou mense en jou familie af na die land toe wat Ek vir jou sal aanwys.
2Ek sal jou 'n groot nasie maak, Ek sal jou seën en jou 'n man van groot betekenis maak, en jy moet tot 'n seën wees.
3Ek sal seĂ«n wie jou seĂ«n, en hom vervloek wat jou vervloek. In jou sal al die volke van die aarde geseĂ«n wees.â
4Abram het toe weggetrek, gehoorsaam aan die woord van die Here, en Lot het saam met hom getrek. Abram was vyf en sewentig toe hy uit Haran weggetrek het.
5Hy het sy vrou Sarai en sy broerskind Lot en al die besittings wat hulle bymekaargemaak het en al die slawe wat hulle in Haran aangeskaf het, saamgevat en hulle het weggetrek na KanaÀn toe. Nadat hulle in KanaÀn aangekom het,
6het Abram deur die land getrek tot by Sigem se aanbiddingsplek by die groot waarsĂȘersboom. In daardie tyd het die KanaĂ€niete die land bewoon.
7Toe het die Here aan Abram verskyn en vir hom gesĂȘ: âAan jou nageslag gee Ek hierdie land.â Abram het daar 'n altaar gebou vir die Here wat aan hom verskyn het.
8Van daar af het Abram verder getrek na die bergwĂȘreld toe, oos van Bet-El, waar hy tent opgeslaan het met Bet-El aan die westekant en Ai aan die oostekant. Daar het hy 'n altaar vir die Here gebou en die Naam van die Here aangeroep.
9Toe het Abram kamp opgebreek en al gaande na die Suidland toe versit.
10Daar was hongersnood in die land, 'n baie swaar hongersnood, en Abram het na Egipte toe getrek om daar 'n heenkome te vind.
11Toe hy op die punt staan om Egipte binne te gaan, sĂȘ hy vir sy vrou Sarai: âEk weet jy is 'n mooi vrou.
12Wanneer die Egiptenaars jou sien, sal hulle sĂȘ: âDis sy vrou,â en hulle sal my doodmaak, maar vir jou sal hulle laat bly lewe.
13SĂȘ tog maar jy is my suster dat dit met my goed kan gaan oor jou, en my lewe deur jou toedoen gespaar word.â
14Toe Abram in Egipte aankom, het die Egiptenaars gesien hoe mooi sy vrou is.
15En toe die farao se amptenare haar sien, het hulle haar by hom aanbeveel, en sy is na die farao se paleis toe gevat.
16Hulle het aan Abram goed gedoen oor haar en vir hom kleinvee en beeste gegee; ook donkies, slawe en slavinne, donkiemerries en kamele.
17Maar die Here het die farao en sy huis met swaar plae getref oor Sarai die vrou van Abram.
18Toe roep die farao vir Abram en vra hom: âWat het jy my aangedoen? Waarom het jy my nie gesĂȘ sy is jou vrou nie?
19Waarom het jy gesĂȘ sy is jou suster, sodat ek haar as my vrou gevat het? Hier is jou vrou dan. Vat haar en maak dat jy wegkom!â
20Toe het die farao aan sy amptenare bevele oor Abram uitgereik, en hulle het hom en sy vrou met al sy besittings uit die land uit gestuur.