Afrikaans 1983 Bible - 67 verses
1Abraham was al baie oud, en die Here het hom in alles geseën.
2Abraham het vir sy slaaf gesĂȘ, vir die vernaamste in sy huis, die een wat in beheer was van sy besittings: âSit jou hand onder my heup
3dat jy vir my met 'n eed in die Naam van die Here die God van die hemel en die aarde kan beloof dat jy nie my seun sal laat trou met 'n dogter van die KanaÀniete by wie ek nou woon nie;
4jy moet na my land toe gaan, die land waar ek gebore is, en daar 'n vrou gaan haal vir my seun Isak.â
5Die slaaf het vir Abraham gevra: âEn as die vrou nie saam met my hierheen wil kom nie? Moet ek dan u seun laat teruggaan na die land toe waar u vandaan kom?â
6Toe sĂȘ Abraham vir hom: âSorg dat jy nie my seun daarnatoe laat teruggaan nie.
7Die Here die God van die hemel het my weggevat uit my familie, uit die wĂȘreld waar ek gebore is, en my met 'n eed beloof: âEk gee hierdie land waar jy nou is, aan jou nageslag.â Die Here sal sy engel voor jou uit stuur sodat jy vir my seun 'n vrou van my land af sal kan bring.
8As die vrou nie saam met jou hierheen wil kom nie, is jy vrygestel van hierdie verpligting. Maar jy mag nie my seun laat teruggaan nie.â
9Toe het die slaaf sy hand onder die heup van Abraham, sy eienaar, gesit en vir hom met 'n eed beloof om dit alles te doen.
10Die slaaf het tien van sy eienaar se kamele gevat en ook allerlei mooi geskenke en vertrek na Mesopotamië toe, na die stad toe waar Nahor gewoon het.
11Daar het hy die kamele by 'n fontein buite die stad laat kniel. Dit was laat middag, teen die tyd dat die vrouens uitkom om water te skep.
12Hy het gebid: âHere, God van Abraham wie se slaaf ek is, laat daar vandag iets met my gebeur; betoon tog u trou aan my eienaar Abraham.
13Hier staan ek by die fontein waar die jongmeisies van die stad sal kom water skep.
14As ek vir 'n meisie vra: âHou tog jou waterkruik dat ek kan drink,â en sy antwoord: âDrink gerus, en ek sal jou kamele ook water gee,â dan is dit sy wat deur U gekies is vir u dienaar, vir Isak, en dan sal ek weet dat U trou betoon aan my eienaar.â
15Voor hy nog klaar gebid het, kom Rebekka met die waterkruik op haar skouer daar aan. Sy was die dogter van Betuel, seun van Milka die vrou van Nahor, Abraham se broer.
16Die meisie was baie mooi, 'n jongmeisie met wie 'n man nog nie gemeenskap gehad het nie. Sy het afgegaan tot by die fontein en haar kruik vol gemaak en teruggeklim.
17Toe hardloop die slaaf haar tegemoet en sĂȘ vir haar: âLaat my tog 'n bietjie water uit jou kruik drink.â
18En sy sĂȘ: âDrink gerus, Meneer!â Sy laat toe gou haar kruik rus op haar hand, en laat hom water drink.
19Toe hy klaar gedrink het, sĂȘ sy: âEk sal vir die kamele ook gaan water skep dat hulle genoeg kan drink.â
20Sy het gou haar kruik in die krip leeg gemaak en toe fontein toe gehardloop om nog water te skep. Sy het vir al die kamele geskep.
21Die man het haar in stilte aangekyk om vas te stel of die Here hom in sy onderneming laat slaag het of nie.
22Toe die kamele klaar gedrink het, sit hy 'n goue ring van ses gram aan haar neus en twee goue armbande van honderd en vyftien gram aan haar arms,
23en hy vra: âWie se dogter is jy? SĂȘ my tog, is daar in jou pa se huis plek vir ons om te oornag?â
24Sy het hom geantwoord: âEk is die dogter van Betuel, die seun wat deur Milka vir Nahor in die wĂȘreld gebring is.â
25Verder het sy gesĂȘ: âOns het baie strooi en kameelvoer, en daar is plek om te oornag.â
26Toe het die man gekniel en tot die Here gebid:
27âAan die Here die God van Abraham wie se slaaf ek is, kom die lof toe! Die Here het nie sy troue liefde van my eienaar weerhou nie en vir my het die Here reguit gelei na die huis van my eienaar se broer toe.â
28Die meisie het na haar ma se huis toe gehardloop en alles gaan vertel.
29[29-30] Rebekka het 'n broer gehad met die naam Laban. Toe hy die neusring sien en die armbande aan sy suster se arms en haar hoor vertel wat die man alles vir haar gesĂȘ het, het hy na die man toe gehardloop by die fontein buite die stad. Toe hy by hom kom, het die man nog by die kamele gestaan, langs die fontein.
30***
31Laban het vir hom gesĂȘ: âKom saam! Jy is 'n man wat deur die Here geseĂ«n is. Waarom bly jy hier buite staan? Ek het vir jou plek reggemaak in my huis, en daar is ook plek vir die kamele.â
32Die man is toe saam huis toe, en Laban het die kamele laat afsaal en vir hulle voer gegee en strooi om op te lĂȘ. Vir die man het hy water gegee om sy voete te was en ook vir die mense by hom.
33Toe hulle vir die man kos bring om te eet, sĂȘ hy: âEk sal nie eet voor ek my opdrag uitgevoer het nie.â Laban het gesĂȘ: âPraat gerus!â
34Toe sĂȘ die man: âEk is 'n slaaf van Abraham.
35Die Here het my eienaar baie geseën en hy is ryk. Die Here het hom kleinvee en grootvee gegee, silwer en goud, slawe en slavinne, kamele en donkies.
36Sara, die vrou van my eienaar, het op gevorderde leeftyd vir hom 'n seun in die wĂȘreld gebring, en hy is die erfgenaam.
37My eienaar het my 'n eed laat aflĂȘ toe hy vir my gesĂȘ het: âJy mag nie my seun laat trou met 'n dogter van die KanaĂ€niete in wie se land ek woon nie.
38Nee, jy moet na my pa se huis toe gaan, na my familie toe, en vir my seun 'n vrou gaan haal.â
39Ek het vir my eienaar gesĂȘ: âDalk sal die vrou nie saam met my wil kom nie,â
40en toe sĂȘ hy vir my: âEk leef naby die Here. Hy sal sy engel saam met jou stuur en jou in die onderneming laat slaag sodat jy 'n vrou vir my seun sal kan gaan haal by my familie, by my pa se huis.
41Jy sal slegs van jou eed vrygestel wees as jy na my familie toe gaan en hulle nie instem nie. Dan is jy vry.â
42âToe ek vandag by die fontein kom, het ek gebid: Here, God van Abraham wie se slaaf ek is, laat my tog slaag in my onderneming.
43Hier staan ek by die fontein waar 'n jongmeisie van die stad sal kom water skep. Ek sal vir haar vra om my 'n bietjie water uit haar kruik te laat drink,
44en as sy vir my sĂȘ: âDrink gerus maar, en ek sal vir jou kamele ook water skep,â is sy die vrou wat deur U gekies is vir die seun van my eienaar.
45âVoor ek nog klaar was om saggies te bid, kom Rebekka daar aan met 'n waterkruik op haar skouer en sy gaan af tot by die fontein en skep, en toe vra ek vir haar: âGee my tog 'n bietjie water!â
46Sy laat toe gou haar kruik van haar skouer af sak en sĂȘ: âDrink gerus! Ek sal u kamele ook water gee.â Ek het toe gedrink en sy het die kamele ook water gegee.
47Ek het haar gevra: âWie se dogter is jy?â en sy het geantwoord: âDie dogter van Betuel seun van Nahor en Milka.â Toe het ek die ring aan haar neus gesit en die armbande aan haar arms.
48Ek het gekniel en tot die Here gebid. Ek het Hom, die God van Abraham wie se slaaf ek is, geloof omdat Hy my reg gelei het om die dogter van die broer van my eienaar te kry as vrou vir sy seun.
49âAs u nou u verantwoordelikheid as familie teenoor my eienaar wil nakom, sĂȘ my dan. As u weier, sĂȘ my dit sodat ek kan omdraai, waarheen ook al.â
50Toe antwoord Laban en Betuel: âWat gebeur het, is van die Here. Ons het vir jou daaroor niks te sĂȘ nie.
51Rebekka is hier by jou. Vat haar saam en gaan terug. Sy moet die vrou word van die seun van jou eienaar. Dit is wat die Here gesĂȘ het.â
52Toe Abraham se slaaf hoor wat hulle sĂȘ, het hy diep voor die Here gebuig.
53Daarna het die slaaf silwer- en goue goed en klere vir Rebekka gegee, en ook duur geskenke vir haar broer en haar ma.
54Toe het die slaaf en die mense wat by hom was, geĂ«et en daar oornag. Die volgende mĂŽre het hulle opgestaan en toe sĂȘ hy: âLaat my vertrek na my eienaar toe.â
55Rebekka se broer en haar ma het egter gesĂȘ: âLaat die dogter nog 'n dag of tien by ons bly en dan kan sy gaan.â
56Maar die slaaf het hulle geantwoord: âMoet my nie ophou nie. Die Here het my in my doel laat slaag. Laat my gaan sodat ek na my eienaar toe kan gaan.â
57Hulle het geantwoord: âKom ons roep die dogter en vra haar wat sy verkies.â
58Hulle het vir Rebekka geroep en vir haar gevra: âWil jy saam met hierdie man gaan?â Sy het geantwoord: âJa!â
59Hulle het hulle suster Rebekka en die vrou wat haar grootgemaak het, saam met die slaaf van Abraham en sy mense laat gaan.
60Hulle het vir Rebekka met seĂ«nwense gegroet en vir haar gesĂȘ: âOns suster, mag jou nageslag tienduisende word, mag hulle die stede van hulle vyande verower!â
61Toe het Rebekka en haar slavinne op die kamele geklim en agter die man aan gegaan. Hy het haar saamgevat en hy is terug huis toe.
62Isak het van Lagai-RoĂŻ-fontein af gekom. Hy het destyds in die Suidland gewoon.
63Hy het teen die aand se kant in die veld gaan stap en toe sien hy meteens kamele aankom.
64Rebekka het vir Isak gesien en van die kameel afgespring
65en vir Abraham se slaaf gevra: âWie is die man wat daar oorkant in die veld na ons toe aankom?â Die slaaf het geantwoord: âDis my eienaar.â Toe vat sy haar sluier en trek dit oor haar gesig.
66Die slaaf het vir Isak alles vertel wat gebeur het, en
67Isak het vir Rebekka in die tent van Sara, sy ma, laat woon en met Rebekka getrou. Sy was sy vrou en hy het haar liefgehad. So is Isak vertroos nĂĄ sy ma se dood.