Afrikaans 1983 Bible - 46 verses
1Toe Isak baie oud en al blind was, het hy sy oudste seun, Esau, geroep en vir hom gesĂȘ: âMy seun!â en Esau het geantwoord: âHier is ek!â
2Isak het vir hom gesĂȘ: âKyk, ek is al oud en ek weet nie wanneer ek gaan sterf nie.
3Vat nou jou skietgoed, jou pyl en boog, en gaan veld toe en skiet vir my 'n stukkie wild.
4Kom maak dit dan vir my lekker gaar soos ek daarvan hou en bring dit vir my dat ek dit kan eet en jou kan seĂ«n voor ek sterf.â
5Rebekka het gehoor wat Isak met sy seun Esau praat en toe Esau veld toe is om te gaan jag,
6het sy met haar seun Jakob gepraat en vir hom gesĂȘ: âLuister, ek het gehoor jou pa praat met jou broer Esau. Hy het vir hom gesĂȘ:
7âGaan haal vir my 'n stukkie wild en maak dit vir my lekker gaar dat ek dit kan eet en ek jou dan in die teenwoordigheid van die Here kan seĂ«n voor ek sterf.â
8Nou moet jy na my luister, my seun, en doen wat ek jou sĂȘ.
9Gaan na die kleinvee toe en bring vir my twee vet bokkies. Dan sal ek hulle lekker gaarmaak soos jou pa daarvan hou.
10Jy moet dit dan vir hom vat dat hy dit kan eet en jou kan seĂ«n voor hy sterf.â
11Toe sĂȘ Jakob vir sy ma Rebekka: âMaar my broer Esau is harig en ek is glad.
12Miskien sal Pa aan my voel en dan dink ek skeer die gek met hom, en so sal ek 'n vervloeking oor my bring en nie 'n seĂ«n nie.â
13Sy ma het vir hom gesĂȘ: âAs daar 'n vervloeking is, sal dit oor my kom, my seun. Luister jy net na my en loop vang die bokkies vir my.â
14Hy het die bokkies gaan vang en vir sy ma gebring, en sy het hulle lekker voorberei soos sy pa daarvan hou.
15Toe vat Rebekka haar oudste seun Esau se beste klere wat sy by haar in die huis gehad het en trek dit vir haar jongste seun Jakob aan.
16Sy het die bokvelletjies om sy hande en om sy kaal nek vasgemaak
17en die lekkerny en die kos wat sy voorberei het, vir Jakob gegee.
18Hy het toe na sy pa toe ingegaan en gesĂȘ: âPa!â Toe sĂȘ hy: âJa, watter seun is jy?â
19Jakob het sy pa geantwoord: âEk is Esau, Pa se oudste seun. Ek het gedoen wat Pa gesĂȘ het. Kom sit nou regop en eet van my wildsvleis sodat Pa my dan kan seĂ«n.â
20Maar Isak het vir hom gevra: âHoe het jy dan die wild so gou gekry, my seun?â en Jakob het geantwoord: âDie Here u God het my dit laat raakloop.â
21Toe sĂȘ Isak vir Jakob: âKom nader dat ek aan jou kan voel, my seun, of jy my seun Esau is of nie.â
22Jakob het nader gegaan na sy pa Isak toe, en toe hy aan hom voel, sĂȘ hy: âDie stem, dis Jakob se stem, maar die hande, dis Esau se hande.â
23Isak het nie vir Jakob herken nie, want sy hande was harig soos sy broer Esau s'n. Isak het toe vir Jakob geseën.
24Isak het vir hom gesĂȘ: âJy is tog my seun Esau!â en Jakob het gesĂȘ: âEk is.â
25Toe sĂȘ Isak: âGee die wild aan dat ek daarvan kan eet, my seun, en jou dan kan seĂ«n.â Hy het dit vir hom aangegee en Isak het geĂ«et, en Jakob het vir hom wyn gebring, en hy het dit gedrink.
26Isak het vir hom gesĂȘ: âKom nader en soen my, my seun!â
27Hy het nader gekom en hom gesoen, en toe hy die reuk kry van die klere wat Jakob aanhet, het Isak hom geseĂ«n en gesĂȘ: âKyk, die reuk van my seun is soos die veld se reuk, die veld wat deur die Here geseĂ«n is.
28God gee aan jou dou uit die hemel, die rykdom van die aarde: koring en wyn in oorvloed.
29Volke sal jou dien, nasies sal voor jou buig; oor jou familie sal jy heers, jou broers sal voor jou buig. Wie 'n vervloeking oor jou uitspreek, sal self vervloek wees, wie jou seĂ«n, sal geseĂ«n wees.â
30Toe Isak vir Jakob klaar geseën het, en hy nog skaars by sy pa Isak uit was, kom sy broer Esau terug van die jag af.
31Ook hĂœ het 'n lekker ete voorberei en dit vir sy pa gevat. Esau het vir sy pa gesĂȘ: âSit regop, Pa, en eet van Pa se seun se wildsvleis sodat Pa my dan kan seĂ«n.â
32Toe vra sy pa Isak: âWie is jy?â en hy antwoord: âPa se seun Esau, Pa se oudste.â
33Isak was toe baie ontsteld en hy vra: âMaar wie het dan die wild geskiet en vir my gebring? Ek het daarvan geĂ«et net voor jy gekom het. Ek het hĂłm geseĂ«n, en hy sal geseĂ«n bly.â
34Toe Esau hoor wat sy pa sĂȘ, het hy hard en bitter begin skree en by sy pa gepleit: âPa, seĂ«n my tog ook!â
35Maar Isak sĂȘ vir hom: âJou broer het my kom bedrieg en toe het hy jou seĂ«n gevat.â
36Esau het geantwoord: âHy word tereg Jakob genoem. Hy het my nou al twee keer bedrieg: hy het my reg as eersgeborene gevat en nou het hy my seĂ«n gevat.â Toe vra Esau: âHet Pa nie nog 'n seĂ«n vir my ook nie?â
37Isak het vir hom gesĂȘ: âEk het hom alreeds aangestel om oor jou te heers en ek het sy hele familie vir hom as onderdane gegee. Ek het hom van koring en wyn voorsien. Daar is niks wat ek vir jou kan doen nie, my seun.â
38Esau het toe vir sy pa gesĂȘ: âPa, het Pa dan net een seĂ«n? SeĂ«n my tog ook, Pa!â Toe Esau daarna begin huil,
39sĂȘ sy pa Isak vir hom: âJou woonplek sal ver van die aarde se rykdom af wees, en ook ver van die dou uit die hemel af.
40Jy sal van oorlog leef en jy sal jou broer dien, maar as jy jou kans afwag, sal jy sy juk van jou nek afgooi.â
41Esau het vir Jakob gehaat oor die seĂ«n wat sy pa aan hom gegee het, en Esau het by homself gesĂȘ: âMy pa se dood is nie meer ver nie, dan maak ek my broer Jakob dood.â
42Daar is aan Rebekka vertel wat haar oudste seun gesĂȘ het. Sy het toe haar jongste seun Jakob laat roep en vir hom gesĂȘ: âPas op! Jou broer Esau is op wraak uit. Hy wil jou vermoor.
43Luister, my seun! Vlug Haran toe, na my broer Laban toe,
44en bly 'n ruk by hom tot jou broer se woede oor is.
45As sy bui oor jou gesak het en hy vergeet het wat jy hom aangedoen het, sal ek stuur en jou daarvandaan laat haal. Waarom moet ek julle altwee op een dag verloor?â
46Rebekka het vir Isak gesĂȘ: âEk is nou siek en sat van hierdie Hetitiese vrouens van Esau. As Jakob ook met Hetitiese meisies trou, met meisies soos hulle uit hierdie land, kan ek net so wel sterf.â