Afrikaans 1983 Bible - 35 verses
1Jakob het sy reis voortgesit na die land van die mense in die ooste toe.
2Hy het onverwags uitgekom by 'n put in die veld waar drie troppe kleinvee lĂȘ. Die wagters het die kleinvee by hierdie put laat suip. Daar was 'n groot klip op die bek van die put,
3en wanneer al die veetroppe daar bymekaar is, rol die wagters die klip weg en dan gee hulle vir die vee water. Daarna sit hulle weer die klip terug op sy plek op die bek van die put.
4Jakob het hulle gevra: âVan waar is julle, my vriende?â Hulle het geantwoord: âOns is van Haran.â
5Toe vra hy vir hulle: âKen julle vir Laban uit die geslag van Nahor?â en hulle antwoord: âOns ken hom.â
6Hy vra hulle toe: âHoe gaan dit met hom?â en hulle antwoord: âGoed, hier kom sy dogter Ragel nou net aan met die kleinvee.â
7Toe sĂȘ Jakob: âDie son sit nog hoog en dis nog nie tyd om die kleinvee in die kraal te jaag nie. Laat hulle suip en vat hulle om te wei.â
8Maar die wagters antwoord: âOns kan hulle nie laat suip voor al die troppe hier bymekaar is nie. Dan word die klip van die bek van die put afgerol en laat ons die vee suip.â
9Terwyl hy nog met hulle staan en praat, kom Ragel daar aan met haar pa se kleinvee. Sy het hulle opgepas.
10Toe Jakob vir Ragel, die dogter van sy ma se broer Laban, sien met haar pa se kleinvee, het Jakob nader gekom en die klip van die put af weggerol en Laban se kleinvee laat suip.
11Daarna het Jakob vir Ragel gesoen en toe het hy begin huil.
12Nadat hy vir haar gesĂȘ het hy is familie, Rebekka se seun, het sy gehardloop en dit vir haar pa gaan vertel.
13Toe hy hoor dat Jakob sy susterskind is, het hy na hom toe gehardloop, hom omhels en gesoen. Laban het hom na sy huis toe gevat, en toe vertel Jakob hom alles.
14Laban het geantwoord: âDis reg. Jy is bloedfamilie!â Nadat Jakob 'n maand lank by hom gebly het,
15het Laban vir Jakob gesĂȘ: âJy is familie, maar dit beteken nie dat jy vir my verniet moet werk nie. SĂȘ vir my wat moet ek jou betaal.â
16Laban het twee dogters gehad. Die oudste was Lea en die jongste Ragel.
17Lea het sagte oë gehad, maar Ragel was mooi gebou. Sy was beeldskoon.
18Jakob het haar liefgehad en hy het vir Laban gesĂȘ: âEk sal sewe jaar vir u werk vir u jongste dogter Ragel.â
19Toe sĂȘ Laban: âGoed! Ek sal haar liewer met jou laat trou as met enige ander man. Bly hier by my.â
20Jakob het toe sewe jaar gewerk vir Ragel, en dit was vir hom soos 'n paar dae, want hy het haar liefgehad.
21Daarna het hy vir Laban gesĂȘ: âGee my nou my vrou. Die tyd is verby. Ek wil nou met haar trou.â
22Laban het al die mense van die omgewing bruilof toe genooi,
23maar die aand van die troue het hy sy dogter Lea gevat en haar na Jakob toe gebring, en hy het met haar gemeenskap gehad.
24Laban het sy slavin Silpa vir sy dogter Lea as persoonlike slavin saamgegee.
25Die mĂŽre sien Jakob toe dis al die tyd Lea. Toe vra hy vir Laban: âWat het u my aangedoen? Het ek nie by u gewerk vir Ragel nie? Waarom het u my bedrieg?â
26Laban het geantwoord: âBy ons is dit nie die gebruik dat 'n mens jou jongste dogter voor die oudste laat trou nie.
27Wag net hierdie week, dan gee ek die jongste ook vir jou as jy nog sewe jaar by my sal werk.â
28Jakob het ingestem en daardie week gewag. Toe gee Laban sy dogter Ragel vir hom as vrou.
29Laban het sy slavin Bilha vir sy dogter Ragel as persoonlike slavin saamgegee.
30Jakob het ook met Ragel gemeenskap gehad. Hy het vir Ragel baie liewer gehad as vir Lea en nog sewe jaar by Laban gewerk.
31Toe die Here sien dat Jakob nie vir Lea liefhet nie, het die Here vir haar kinders gegee, terwyl Ragel kinderloos gebly het.
32Lea het swanger geword en 'n seun in die wĂȘreld gebring en hom Ruben genoem, âwant,â het sy gesĂȘ, âdie Here het my smart raakgesien. Nou sal my man my liefhĂȘ.â
33Lea het weer swanger geword en 'n seun in die wĂȘreld gebring en sy het gesĂȘ: âDie Here het gehoor dat ek nie liefde ontvang nie. Daarom het Hy my hierdie seun gegee.â Sy het hom Simeon genoem.
34Sy het weer swanger geword en 'n seun in die wĂȘreld gebring. Toe sĂȘ sy: âNa hierdie keer sal my man aan my gebind wees, want ek het nou al drie seuns vir hom in die wĂȘreld gebring.â Daarom het sy die seun Levi genoem.
35Sy het nog 'n keer swanger geword en 'n seun in die wĂȘreld gebring. Sy het gesĂȘ: âHierdie keer prys ek die Here.â Daarom het sy die seun Juda genoem. Daarna het sy vir eers nie weer kinders gehad nie.