Afrikaans 1983 Bible - 32 verses
1Jakob het sy koers gegaan, en engele van God het hom teëgekom.
2Toe Jakob hulle sien, sĂȘ hy: âDit is 'n leĂ«r van God,â en Jakob het die plek Maganajim genoem.
3Daarna het Jakob boodskappers vooruitgestuur na sy broer Esau toe, na die SeĂŻrstreek toe, die gebied van Edom.
4Jakob het vir hulle gesĂȘ: âSo moet julle vir my geagte broer, vir Esau sĂȘ: So sĂȘ Jakob wat aan u onderdanig wil wees: Ek het tot nou toe by Laban gebly.
5Ek besit beeste, donkies, kleinvee, slawe en slavinne. Ek laat u dit weet om te verneem of ek by u welkom sal wees.â
6Die boodskappers het na Jakob toe teruggekom en kom sĂȘ: âOns het by u broer Esau aangekom, maar toe was hy al op pad na u toe met vier honderd man by hom.â
7Jakob het baie bang geword, angs het hom oorval. Toe deel hy die mense by hom, en die kleinvee, die beeste en die kamele in twee groepe,
8want hy het gedink: as Esau by die eerste groep kom en dit uitwis, kan die ander groep dalk wegkom.
9Daarna het Jakob gebid: âHere, God van my voorvader Abraham, God van my vader Isak, U wat vir my gesĂȘ het om terug te gaan na my land en my familie toe en U sal goed doen aan my,
10ek is al u gunsbewyse nie werd nie, ook nie die trou waarmee U my versorg het nie. Toe ek destyds deur die Jordaan is, het ek net my kierie gehad, en nou het ek hierdie twee groot groepe.
11Red my tog uit die mag van my broer Esau, ek is bang vir hom. Hy kan dalk kom en my doodmaak, en ook die moeders en kinders.
12U het my tog beloof: Ek sal beslis goed doen aan jou, Ek sal jou nageslag so baie maak soos die sand van die see, wat nie getel kan word nie.â
13Jakob het daar oornag en die volgende mĂŽre vat hy toe uit sy besitting 'n geskenk vir sy broer Esau:
14twee honderd bokooie en twintig bokramme, twee honderd skaapooie en twintig ramme,
15dertig kameelkoeie met kalwers, veertig koeie en tien bulle, twintig donkiemerries en tien hingste.
16Hy het elke trop aan 'n slaaf gegee en gesĂȘ: âTrek vorentoe, maar hou 'n afstand tussen die troppe.â
17Hy het die voorste slaaf beveel: âWanneer my broer Esau jou kry en jou vra: âWie is jy? Waarvandaan kom jy en aan wie behoort al hierdie goed voor jou?â
18moet jy sĂȘ: Dit behoort aan Jakob wat aan u onderdanig wil wees. Dit word as geskenk aan Meneer gestuur, en hy kom self ook agter ons aan.â
19Jakob het dieselfde opdrag aan die tweede slaaf gegee, en ook aan die derde en aan elkeen wat agter 'n trop was. Jakob het vir hulle gesĂȘ: âWat ek vir die voorste gesĂȘ het, moet julle almal vir Esau sĂȘ as julle by hom kom.
20Verder moet julle ook nog sĂȘ: Jakob kom agter ons aan. Hy wil aan u onderdanig wees.â Jakob het naamlik gedink: met die geskenk wat voor my uit gaan, sal ek probeer om hom in 'n goeie bui te kry. Dan sal ek na hom toe gaan en miskien ontvang hy my dan vriendelik.
21So is die geskenk voor Jakob uit gestuur, maar hy het die aand in die kamp oorgebly.
22Die nag het hy opgestaan en sy twee vrouens en sy twee persoonlike slavinne en sy elf kinders gevat en deur Jabbokdrif gegaan.
23Nadat hy hulle deur die rivier gevat het, het hy ook alles wat hy besit, laat deurgaan.
24Jakob het alleen daar agtergebly, en 'n man het tot dagbreek met hom gestoei.
25Toe die man agterkom dat hy nie vir Jakob kan wen nie, het die man, terwyl hy met hom stoei, vir Jakob teen die heup geslaan sodat dit uit die potjie gespring het.
26Die man het vir Jakob gesĂȘ: âLos my, want die dag breek.â Jakob het geantwoord: âEk sal jou net los as jy my seĂ«n.â
27Toe vra die man: âWat is jou naam?â en hy antwoord: âJakob.â
28Die man het gesĂȘ: âJy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel, want jy het teen God en teen mense 'n stryd gevoer en jy het dit end-uit volgehou.â
29Toe sĂȘ Jakob: âSĂȘ my tog jou naam,â en die man vra: âWaarom vra jy my naam?â Hy het vir Jakob net daar geseĂ«n,
30en Jakob het die plek PniĂ«l genoem, âwant,â het hy gesĂȘ, âek het God van aangesig tot aangesig gesien en tog het ek nie omgekom nie.â
31Net toe Jakob by Pniël verbygaan, het die son opgekom. Jakob het mank gebly aan sy heup,
32en daarom eet die Israeliete tot nou toe nie die senuweebondel wat aan die heup vaskom nie, want die man het vir Jakob teen sy heup geslaan, op die heupsenuwee.