Afrikaans 1983 Bible - 36 verses
1Jakob het in KanaÀn gebly, die land waar sy voorvaders ook as vreemdelinge gebly het.
2Hier volg die familiegeskiedenis van Jakob. Josef was nog jonk, sewentien, toe hy kleinvee opgepas het saam met sy broers, die seuns van Bilha en Silpa, sy pa se vrouens. Josef het slegte stories oor sy broers by hulle pa aangedra.
3Van al sy seuns was Israel die liefste vir Josef, die seun wat in sy ouderdom gebore is, en daarom het hy vir Josef lang klere met moue gemaak.
4Toe sy broers sien dat hulle pa vir Josef liewer het as vir enige van hulle, het hulle 'n afkeer van Josef gekry en het hulle niks goeds oor hom gesĂȘ nie.
5Op 'n keer het Josef gedroom en dit vir sy broers vertel. Daarna was hulle afkeer van hom nog groter.
6Hy het vir hulle gesĂȘ: âLuister na die droom wat ek gehad het. Ons was op die land besig om gerwe te bind
7en skielik gaan staan my gerf regop en julle gerwe gaan staan daar rondom en hulle buig voor myne.â
8Toe sĂȘ sy broers vir hom: âJy verbeel jou jy sal oor ons koning word. Dink jy dalk jy sal oor ons regeer?â Oor sy drome en sy praatjies het hulle 'n nog groter afkeer van hom gekry.
9Hy het ook nog 'n ander droom gehad en hy het dit vir sy broers vertel. Hy het gesĂȘ: âEk het weer gedroom. Die son en die maan en elf sterre het voor my kom buig.â
10Toe hy dit vir sy pa en sy broers vertel, het sy pa hom berispe en vir hom gesĂȘ: âWat vir 'n soort droom is dit wat jy gehad het? Verbeel jy jou ek en jou ma en jou broers moet voor jou kom buig?â
11Sy broers was afgunstig op hom, en sy pa het aan die droom bly dink.
12Josef se broers het hulle pa se kleinvee gaan oppas in Sigem.
13Toe sĂȘ Israel vir Josef: âKyk, jou broers pas die kleinvee op in Sigem. Ek wil jou na hulle toe stuur.â Josef het geantwoord: âGoed, Pa!â
14Toe sĂȘ Israel vir hom: âGaan kyk of alles nog reg is by jou broers en met die kleinvee en kom vertel my alles.â Israel het hom van die laagte by Hebron af gestuur na Sigem toe.
15Hy het daar in die veld rondgesoek, en toe kom 'n man by hom en diĂ© vra vir hom: âWat soek jy?â
16Josef antwoord hom: âEk soek my broers. Kan jy my dalk sĂȘ waar hulle die kleinvee oppas?â
17Toe sĂȘ die man: âHulle het van hier af versit. Ek het gehoor hulle sĂȘ hulle wil na Dotan toe gaan.â Josef is toe agter sy broers aan en hy het hulle by Dotan gekry.
18Hulle het hom al van ver af gesien en voor hy by hulle gekom het, het hulle ooreengekom om hom dood te maak.
19Hulle het naamlik vir mekaar gesĂȘ: âKyk, daar kom die ou dromer aan.
20Kom ons maak hom dood en gooi hom in 'n put. Ons kan sĂȘ 'n roofdier het hom opgevreet. Dan sal ons sien wat word van sy drome.â
21Ruben het hulle hoor praat en omdat hy vir Josef wou red, het Ruben gesĂȘ: âNee, ons moet hom nie doodmaak nie.
22Moenie moord pleeg nie. Gooi hom liewer in hierdie put hier in die veld. Moenie sy lewe neem nie.â Ruben het dit gesĂȘ sodat hy vir Josef kon red en hom na sy pa toe kon terugstuur.
23Josef het skaars by sy broers aangekom of hulle trek sy klere uit, die lang klere met moue wat hy aangehad het,
24en vat hom en gooi hom in die put. Dit was 'n droë put, sonder water.
25Daarna het hulle gaan sit en eet, en toe hulle weer sien, kom daar 'n klomp Ismaelitiese handelaars uit Gilead aan. Hulle was op pad na Egipte toe en op hulle kamele was daar gom, balsem en hars gelaai.
26Toe sĂȘ Juda vir sy broers: âWatter nut het dit vir ons om ons broer dood te maak en dit dig te hou?
27Kom ons verkoop hom aan die Ismaeliete. Ons moenie sy lewe neem nie, hy is ons broer, hy is bloedfamilie.â Juda se broers het na hom geluister,
28en toe daar van die Midianitiese handelaars verbykom, het die broers vir Josef uit die put uit opgetrek en vir twintig stukke silwer aan die Ismaeliete verkoop en dié het hom Egipte toe gevat.
29Toe Ruben terugkom by die put, was Josef nie daar nie. Ruben het sy klere geskeur
30en teruggegaan na sy broers toe en vir hulle gesĂȘ: âDie kind is weg! Wat moet ek nou doen?â
31Maar sy broers het 'n boklam geslag en die klere van Josef gevat en in die bloed gedoop.
32Toe stuur hulle Josef se klere met 'n boodskap vir hulle pa: âOns het dĂt opgetel. Kyk of dit dalk u seun se klere is.â
33Israel het dit herken en gesĂȘ: âDit is my seun se klere. 'n Roofdier het hom opgevreet. Josef is opgevreet!â
34Jakob het sy klere geskeur en rouklere aangetrek. Hy het lank oor sy seun getreur.
35Al sy kinders het vir Jakob probeer troos, maar hy wou hom nie laat troos nie. Hy het gesĂȘ: âEk sal bly treur oor my seun tot ek by hom in die dood is.â So het Josef se pa bly treur oor hom.
36Die Midianiete het vir Josef in Egipte verkoop aan Potifar. Hy was aan die farao se paleis verbonde as hoof van die lyfwag.