Afrikaans 1983 Bible - 26 verses
1Die mens het met sy vrou Eva gemeenskap gehad, en sy het swanger geword. Sy het vir Kain in die wĂȘreld gebring en uitgeroep: âEk het 'n man in die wĂȘreld gebring met die hulp van die Here!â
2Sy het weer 'n kind gekry, Abel, 'n broer vir Kain. Abel was 'n veeboer en Kain 'n saaiboer.
3Na verloop van tyd het Kain van die opbrengs van die land 'n offer aan die Here gebring.
4Abel het dit ook gedoen, van die eerstelinge uit sy kudde, van hulle vet. Die Here het vir Abel en sy offer aangeneem,
5maar nie vir Kain en sy offer nie. Kain het baie kwaad geword en hy was bedruk.
6Toe sĂȘ die Here vir Kain: âWaarom is jy kwaad? Waarom is jy bedruk?
7Wag daar nie vir jou blydskap as jy goed doen nie? As jy nie goed doen nie â die sonde wag jou in daarbuite en hy wil jou in sy mag kry. Maar jy moet oor hom heers.â
8Kain het met sy broer Abel gepraat, en toe hulle in die veld was, het Kain vir Abel oorweldig en hom doodgemaak.
9Toe vra die Here vir Kain: âWaar is jou broer Abel?â en Kain antwoord: âEk weet nie. Moet ek dan my broer oppas?â
10Maar die Here sĂȘ: âWat het jy gedoen? Die bloed van jou broer roep van die aarde af na My.
11Vervloek is jy dan nou, verban van die grond af wat gretig die bloed van jou broer uit jou hand opgeslurp het.
12Wanneer jy die grond bewerk, sal dit nie sy opbrengs vir jou gee nie. Jy sal 'n doellose swerwer op aarde word!â
13Toe sĂȘ Kain vir die Here: âMy straf is te swaar om te dra.
14U verdryf my nou van my grond af, en tot U het ek nie meer toegang nie. Ek sal 'n doellose swerwer op aarde wees, en wie my raakloop, sal my vermoor.â
15Maar die Here sĂȘ vir hom: âNee! Wie vir Kain vermoor, sal sewe maal gestraf word.â Toe gee die Here vir Kain 'n teken sodat niemand wat hom raakloop, hom sou doodmaak nie.
16En Kain het van die Here af weggegaan. Hy het gaan woon in Nod, oos van Eden.
17Kain het met sy vrou gemeenskap gehad, en sy het swanger geword en vir Henog in die wĂȘreld gebring. Kain het daarna 'n stad begin bou en hy het die stad na sy seun Henog vernoem.
18Vir Henog is 'n seun Irad gebore, en Irad was die vader van Megujael, en dié was die vader van Metusael, en dié was die vader van Lameg.
19Lameg was met twee vrouens getroud. Die een was Ada en die ander Silla.
20Ada het vir Jabal in die wĂȘreld gebring. Hy was die stamvader van diĂ© wat in tente by hulle kuddes woon.
21Die naam van sy broer was Jubal en hy was die stamvader van dié wat op die lier en die fluit speel.
22Silla weer het vir Tubal-Kain in die wĂȘreld gebring, en hy was 'n smid, 'n vakman in koper en yster. Sy suster was NaĂ€ma.
23Lameg het vir sy vrouens gesĂȘ: âAda en Silla, luister na my! Vrouens van Lameg, let op my woorde! Ek maak 'n man dood as hy my wond, 'n seun as hy my seermaak.
24Kain sal sewe maal gewreek word, Lameg sewe en sewentig maal!â
25Adam het weer met sy vrou gemeenskap gehad, en sy het 'n seun in die wĂȘreld gebring en hom Set genoem, âwant,â het sy gesĂȘ, âGod het vir my 'n ander kind gegee in die plek van Abel omdat Kain hom vermoor het.â
26Ook vir Set is daar 'n seun gebore, en Set het hom Enos genoem. In daardie tyd het die mense begin om die Naam van die Here aan te roep.