Afrikaans 1983 Bible - 34 verses
1Toe beveel Josef sy hoofamptenaar: âMaak die graansakke van die manne vol met net soveel kos as hulle kan vervoer, en sit elkeen se geld bo in sy sak.
2En my beker, my silwerbeker, moet julle bo in die sak van die jongste sit saam met die geld vir sy graan.â Die hoofamptenaar het gedoen wat Josef gesĂȘ het.
3Ligdag die volgende mĂŽre is die manne toe met hulle donkies daar weg.
4Hulle was nog nie ver uit die stad uit nie, toe sĂȘ Josef vir sy hoofamptenaar: âKom, sit die manne agterna. En as jy hulle ingehaal het, moet jy vir hulle vra: Waarom beantwoord julle die goeie met die slegte?
5Dit is die beker waaruit Meneer drink en waarmee hy voorspellings doen. Dis 'n lelike ding wat julle gedoen het.â
6Toe die hoofamptenaar hulle ingehaal het, het hy dit alles vir hulle gesĂȘ,
7maar hulle het vir hom gesĂȘ: âWaarom sĂȘ u so? Nie een van ons sal so iets aanvang nie.
8Die geld wat ons die vorige keer in ons graansakke ontdek het, het ons uit KanaÀn uit vir u teruggebring. Waarom sou ons dan goud of silwer uit die huis van u hoof steel?
9Die een by wie iets van u hoof gekry word, kan doodgemaak word, en ons sal dan u slawe word.â
10Die hoofamptenaar het geantwoord: âGoed en reg! Dit sal wees soos julle sĂȘ, maar net die een by wie die beker gekry word, sal my slaaf word. Julle ander sal onskuldig wees.â
11Toe het elkeen gou sy sak op die grond neergesit en dit oopgemaak.
12Die hoofamptenaar het dit deurgesoek: hy het by die oudste s'n begin en by die jongste s'n laaste uitgekom en die beker in Benjamin se sak gekry.
13Toe skeur hulle hulle klere. Elkeen het weer sy donkie gelaai en hulle het omgedraai stad toe.
14Juda en sy broers het by Josef se huis aangekom. Hy was nog daar, en toe val hulle op die grond voor hom neer.
15Josef het vir hulle gesĂȘ: âWaarom het julle dit aangevang? Julle weet tog dat 'n man soos ek voorspellings moet doen!â
16Juda het geantwoord: âWat kan ons vir Meneer sĂȘ? Wat kan ons antwoord en hoe kan ons onsself verontskuldig? God het ons sonde aan die lig gebring. Hier is ons, ons is Meneer se slawe: ons almal, saam met hom by wie die beker gekry is.â
17Toe sĂȘ Josef: âDit laat ek nie toe nie. DiĂ© een by wie die beker gekry is, sal my slaaf word, en julle kan ongehinderd na julle pa toe gaan.â
18Maar Juda het nader gekom na Josef toe en gesĂȘ: âAsseblief tog, Meneer! Laat ek tog net nog een keer iets sĂȘ. Moet tog nie vir my kwaad word nie! U is soos die farao self.
19Meneer het ons gevra of ons pa nog leef en of ons nog 'n broer het,
20en ons het vir Meneer gesĂȘ: âJa, ons pa is oud. En op sy oudag het hy nog 'n jong seun wie se broer dood is. Die seun is die enigste wat van sy ma oorgebly het, en sy pa het hom lief.â
21Maar u het gesĂȘ ons moet hom na u toe bring sodat u hom kan sien.
22Toe het ons vir Meneer gesĂȘ: âDie kind kan nie van sy pa af weggaan nie, en as hy sou weggaan, sou dit sy pa se dood beteken.â
23Maar u het vir ons gesĂȘ u wil ons nie weer sien as ons jongste broer nie hierheen kom nie.
24En toe ons weer terug was by u onderdaan, ons pa, het ons hom vertel wat Meneer gesĂȘ het.
25Toe ons pa ons later weer vra om vir ons 'n bietjie kos te gaan koop,
26het ons vir hom gesĂȘ: âOns kan nie gaan as ons jongste broer nie by ons is nie. Net as hy saamgaan, kan ons gaan, want as ons jongste broer nie by ons is nie, sal die man ons nie weer daar ontvang nie.â
27Toe het u onderdaan, ons pa, vir ons gesĂȘ: âJulle weet my lieflingvrou het net twee seuns vir my in die wĂȘreld gebring.
28Die een is van my af weg en ek moes aanvaar dat 'n roofdier hom opgevreet het, en ek het hom tot nou toe nog nie weer gesien nie.
29As julle nou ook nog hierdie jongste van my af wegvat en hy kom iets oor, sal julle my in my ouderdom laat sterf van verdriet.â
30Wanneer ons dus by ons pa terugkom en die seun aan wie hy so geheg is, is nie by ons nie,
31ja, as hy moet sien die seun is nie daar nie, sal hy sterf. So sal ons ons pa wat 'n ou man is, van kommer laat sterf.â
32Juda het verder gesĂȘ: âEk het vir my pa gewaarborg dat die seun sal terugkom. Ek het belowe ek sal vir altyd by my pa in die skuld wees as ek die seun nie terugbring nie.
33Hou my daarom dan nou hier as Meneer se slaaf in die plek van die seun, maar laat hĂœ saam met sy broers teruggaan.
34Hoe kan ek sonder die seun by my pa aankom? Ek sal dit nie kan verdra om te sien dat so 'n smart hom tref nie.â