Afrikaans 1983 Bible - 22 verses
1'n Rukkie hierna is vir Josef gesĂȘ sy pa is siek. Toe vat Josef sy twee seuns Manasse en Efraim saam.
2Daar is aan Jakob gesĂȘ: âU seun Josef het na u toe gekom.â Toe het Israel sy kragte ingespan en regop gaan sit op die bed.
3Hy het vir Josef gesĂȘ: âGod die Almagtige het in Lus in KanaĂ€n aan my verskyn. Hy het my geseĂ«n
4en vir my gesĂȘ: âEk sal jou vrugbaar maak en aan jou baie kinders gee. Ek sal jou nageslag baie volke laat word. Ek sal hierdie land aan jou nageslag gee om vir altyd te besit.â
5Jou twee seuns wat hier in Egipte vir jou gebore is voordat ek hier na jou toe gekom het, Efraim en Manasse, is vir my soos my eie, soos Ruben en Simeon is hulle vir my.
6As jy hierna nog kinders het, sal hulle eendag in die naam van hulle broers eiendom verkry.
7Ek neem die twee seuns as my eie aan, want toe ek uit Paddan-Aram gekom het, is Ragel dood in KanaĂ€n op pad na Efrata toe, dit is Betlehem, en ek het haar daar langs die pad begrawe.â
8Toe Jakob die twee seuns van Josef sien, vra hy: âEn wie is hulle?â
9Josef het sy pa geantwoord: âDit is my seuns. God het hulle vir my in hierdie land gegee.â Jakob sĂȘ toe: âBring hulle hier na my toe. Ek wil hulle seĂ«n.â
10In sy hoë ouderdom was Israel se oë al sleg en hy kon nie goed sien nie. Josef het sy seuns tot teen Israel gebring, en hy het hulle gesoen en teen hom vasgedruk.
11Toe sĂȘ Israel vir Josef: âEk het nooit daaraan gedink dat ek jou weer sal sien nie, en hier laat God my nou ook nog jou kinders sien.â
12Josef het sy seuns van sy pa se skoot af getel en voor hom gebuig.
13Toe vat Josef die twee aan die hand: Efraim met sy regterhand, links van Israel, en Manasse met sy linkerhand, regs van Israel. Maar toe Josef hulle naby hom bring,
14het Israel sy arms gekruis en sy regterhand op Efraim se kop gesit al was hy die jongste, en sy linkerhand op Manasse s'n al was hy die oudste.
15Hy het vir Josef geseĂ«n en gesĂȘ: âMag die God naby wie my voorvaders Abraham en Isak geleef het, die God wat vir my van my geboorte af tot nou toe gesorg het,
16die Engel wat my uit elke moontlike gevaar gered het, mag Hy die seuns seĂ«n. Dan sal my naam voortleef in hulle, en ook diĂ© van my voorvaders Abraham en Isak. Mag die seuns vermeerder en baie word in daardie land.â
17Toe Josef sien sy pa sit sy regterhand op Efraim se kop, het Josef gedink dis nie reg nie en toe tel hy Jakob se hand van Efraim se kop af op om die hand op Manasse se kop te sit.
18Josef het vir sy pa gesĂȘ: âDit hoort nie so nie, Pa! Manasse is die oudste, sit Pa se regterhand op sy kop.â
19Maar sy pa het geweier en gesĂȘ: âEk weet dit, my seun. Ook hĂœ sal 'n volk word, ook hĂœ sal baie word, maar sy jonger broer sal sterker word as hy, en die jonger broer se nageslag sal 'n magtige nasie word.â
20Daardie dag het Jakob die twee seuns geseĂ«n: âDie Israeliete sal mekaar seĂ«n met die woorde: Mag God jou maak soos Efraim en Manasse.â So het Jakob vir Efraim bo Manasse gestel.
21Toe sĂȘ Israel vir Josef: âEk gaan binnekort sterf, maar God sal by julle wees. Hy sal julle terugbring in die land van julle voorvaders.
22Aan jou gee ek iets meer as aan jou broers: Sigem, wat ek van die Amoriete afgeneem het met my swaard en met my pyl en boog.â