Afrikaans 1983 Bible - 26 verses
1Josef het toe oor sy pa gebuk en hom al huilende gesoen.
2Daarna het Josef die dokters in sy diens beveel om die lyk van sy pa te balsem. Hulle het toe vir Israel gebalsem.
3Dit het veertig dae gevat om 'n lyk te balsem, en Egipte het sewentig dae lank oor Jakob gerou.
4Toe hierdie routyd verby was, het Josef vir die amptenare van die farao gesĂȘ: âAs julle my goedgesind is, praat dan tog met die farao en sĂȘ vir hom
5my vader het my 'n eed laat aflĂȘ dat ek hom, wanneer hy eendag sterf, sal gaan begrawe in die graf wat hy vir hom in KanaĂ€n reggemaak het. Ek wil hom nou gaan begrawe en dan sal ek terugkom.â
6Die farao het geantwoord: âGaan, en begrawe jou vader soos hy jou met 'n eed laat beloof het.â
7Josef is toe weg om sy pa te gaan begrawe. Al die amptenare van die farao, die raadgewers van die paleis en die leiers van Egipte is met hom saam,
8die hele familie van Josef en sy broers en die familie van sy pa is ook saam. Net die kinders, die kleinvee en die grootvee het in die Gosenstreek agtergebly.
9Waens en perde is met Josef saam. Dit was 'n baie groot stoet.
10Toe hulle by die dorsvloer van Atad oos van die Jordaan kom, het hulle sewe dae lank daar getreur en gerou oor hulle pa. Hulle het baie getreur oor hom.
11Die mense van KanaĂ€n het hulle daar by die dorsvloer van Atad sien rou en gesĂȘ: Egipte is swaar in rou. Daarom noem hulle hierdie plek aan die oostekant van die Jordaan Abel-Misrajim.
12Jakob se seuns het gedoen wat hulle pa gesĂȘ het.
13Hulle het hom KanaĂ€n toe gevat en gaan begrawe in die Makpelagrot op die grond wat deur Abraham by die Hetiet Efron as 'n begraafplek gekoop is. Die grond lĂȘ oos van Mamre.
14Na die begrafnis is Josef en sy broers en almal wat met hom saam is om sy pa te gaan begrawe, terug Egipte toe.
15Na hulle pa se dood het Josef se broers gevra: âEn as Josef nog steeds 'n grief teen ons het en ons nou gaan terugbetaal vir al die kwaad wat ons hom aangedoen het?â
16Daarom het hulle 'n boodskap na hom toe gestuur: âVoor sy dood het u vader beveel:
17âJulle moet vir Josef vra om tog die groot misdaad teen hom, die onreg wat julle hom aangedoen het, te vergewe.â Vergeef ons tog nou die misdaad. Ons dien ook die God van u vader.â Josef het gehuil oor wat hulle vir hom laat weet het.
18Daarna het die broers na Josef toe gegaan en voor hom op hulle knieĂ« geval en gesĂȘ: âHier is ons voor u. Ons is u slawe.â
19Maar Josef het hulle geantwoord: âMoenie bang wees nie. Ek is nie God nie.
20Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat 'n groot volk nou in die lewe gebly het.
21Moenie bang wees nie. Ek sal sorg dat julle en julle kinders kos het.â Josef het hulle jammer gekry en hulle gerusgestel.
22Josef het in Egipte gebly, hy en sy hele familie. Hy het honderd en tien jaar oud geword.
23Hy het die kleinkinders van Efraim gesien, en hy kon nog die kinders van Manasse se seun Makir as sy eie aanneem.
24Josef het vir sy broers gesĂȘ: âNa my dood sal God na julle omsien en Hy sal julle uit hierdie land uit laat trek na die land toe wat Hy met 'n eed beloof het aan Abraham, Isak en Jakob.â
25Josef het die seuns van Israel met 'n eed laat beloof: âWanneer God na julle omsien en julle laat trek, moet julle my liggaam van hier af saamvat.â
26Josef is dood toe hy honderd en tien jaar oud was. Hulle het hom gebalsem en hom daar in Egipte in 'n kis gesit.