Afrikaans 1983 Bible - 39 verses
1Toe het daar 'n ding gebeur. Dawid se seun Absalom het 'n mooi suster gehad met die naam Tamar. Amnon, 'n ander seun van Dawid, het op haar verlief geraak.
2Hy was siek van begeerte na sy suster Tamar, want sy was nog 'n maagd en dit was vir hom onmoontlik om by haar te kom en iets aan haar te doen.
3Amnon het 'n vriend gehad. Sy naam was Jonadab, 'n seun van Dawid se broer Samma, en hy was 'n vindingryke man.
4âWaarom lyk jy wat 'n koningskind is, dag vir dag so bedruk?â het hy vir Amnon gevra. âVertel my!â âDis Tamar, my broer Absalom se suster,â was sy antwoord. âEk is verlief op haar.â
5Jonadab het hom toe aangeraai: âGaan lĂȘ op jou bed en maak of jy siek is. As jou pa dan kom kyk hoe dit gaan, moet jy vir hom sĂȘ: Laat my suster Tamar tog vir my iets te ete bring. Laat sy die ete hier by my kom voorberei dat ek dit kan sien, want ek wil uit haar eie hande eet.â
6Amnon het gaan lĂȘ en hom siek gehou. Toe die koning kom kyk hoe dit gaan, het Amnon vir hom gevra: âLaat my suster Tamar tog asseblief vir my twee hartvormige broodjies hier voor my kom bak sodat ek dit uit haar hande kan eet.â
7Dawid het 'n boodskap na Tamar by haar woonplek gestuur: âKom tog na jou broer Amnon se woonplek toe en berei vir hom 'n ete voor.â
8Tamar het na haar broer se huis toe gekom terwyl hy op sy bed gelĂȘ het. Sy het deeg gevat en geknie en die broodjies voorberei en gebak waar hy dit kon sien.
9Maar toe sy die pan neem en dit vir hom neersit, het Amnon geweier om te eet. Hy het beveel: âGaan julle ander almal weg hier van my af.â Toe hulle weg is,
10het Amnon vir Tamar gesĂȘ: âBring jy die kos hier na die kamer toe sodat ek dit uit jou hand kan eet.â Tamar het die broodjies wat sy gereed gemaak het, na haar broer in die kamer gebring.
11Net toe sy naby hom kom om hom te laat eet, gryp hy haar vas en sĂȘ vir haar: âMy suster, kom lĂȘ hier by my.â
12âNee, my broer,â sĂȘ sy vir hom, âmoet my nie onteer nie, want so iets word nie in Israel gedoen nie. Moet nou nie 'n dwaas ding doen nie.
13Hoe sal ek my skande kan wegsteek? En jĂœ sal in die oĂ« van Israel 'n dwaas wees. Praat liewer met die koning, want hy sal ons toelaat om te trou.â
14Amnon wou nie na haar luister nie. Hy het haar gepak en verkrag.
15Maar daarna het hy haar verag; hy het 'n groot afsku in haar gekry, en sy afsku was baie groter as sy verliefdheid. Hy het toe vir haar gesĂȘ: âLoop!â
16Maar sy sĂȘ vir hom: âMoenie die skande wat jy my aangedoen het, vererger deur my weg te jaag nie.â Hy wou nie na haar luister nie
17en beveel toe sy slaaf wat hom bedien: âSmyt hierdie vroumens uit en sluit die deur agter haar!â
18Volgens die gebruik van koningsdogters wat nog maagde was, het sy 'n lang mantel met moue aangehad. Nadat die slaaf haar uitgesit en die deur gesluit het,
19het Tamar stof op haar kop gegooi. Sy het haar lang mantel geskeur, haar hand op haar kop gesit en sover sy loop, het sy geskreeu.
20Haar broer Absalom het toe vir haar gesĂȘ: âWas jou broer Amnon by jou? Toe maar, my suster, bly nou maar stil. Hy is jou broer. Moet jou nie hieroor verknies nie.â Tamar het toe in haar broer Absalom se huis gaan bly en sy was 'n wrak.
21Koning Dawid het van alles gehoor en hy was woedend.
22Absalom het nie 'n enkele woord met Amnon gepraat nie, maar hy het hom gehaat omdat hy sy suster Tamar onteer het.
23Twee jaar later was Absalom besig om sy skape te laat skeer in BaÀl-Gasor in Efraim. Hy het al die seuns van die koning uitgenooi.
24Hy het naamlik na die koning toe gegaan en gesĂȘ: âEkskuus tog, ek gaan my skape skeer. Wil die koning en sy paleispersoneel nie miskien na my toe kom nie?â
25âNee, my seun, beslis nie,â was die koning se antwoord. âOns kan nie almal gaan en vir jou 'n oorlas wees nie.â Ten spyte van sy aandrang wou die koning nie gaan nie, maar tog het hy hom voorspoed toegewens.
26Absalom vra hom toe: âKan my broer Amnon dan nie maar saamgaan nie?â âWaarom juis hy?â vra die koning.
27Absalom het by hom daarop aangedring, en die koning het Amnon en al die koningseuns laat gaan.
28Absalom het sy lyfwagte beveel: âJulle moet oplet: net as Amnon lekker jolig raak van die wyn, sal ek vir julle die teken gee. Slaan hom dood. Moenie bang wees nie: ek gee mos self die bevel. Pak hom. Moenie weifel nie.â
29Die lyfwagte van Absalom het met Amnon gemaak soos hulle beveel is. Toe het al die ander koningseuns elkeen op sy muil gespring en gevlug.
30Terwyl hulle nog op pad terug was, het die volgende gerug Dawid bereik: âAbsalom het al die koningseuns doodgemaak. Daar het nie 'n enkele oorgebly nie.â
31Die koning het van sy troon afgeklim, sy klere geskeur en op die grond gaan lĂȘ. Al sy onderdane het ook hulle klere geskeur en by hom kom staan.
32Maar Jonadab seun van Dawid se broer Samma het gesĂȘ: âU moet tog nie dink hulle het al die jongmanne, die koning se seuns, doodgemaak nie. Net Amnon is dood. Waarlik, daar was moord in Absalom se oĂ« vandat Amnon sy suster Tamar onteer het.
33âDie koning moet nou nie die gerug dat al sy seuns dood is, ernstig opneem nie: net Amnon is dood.â
34Absalom het weggevlug. Terwyl 'n paleiswag uitkyk, sien hy meteens 'n groot klomp mense uit die rigting van die bergskuiling aankom.
35âKyk daar kom die koning se seuns,â het Jonadab vir die koning gesĂȘ. âDit is net soos ek gesĂȘ het.â
36Net na hierdie woorde het die koningseuns ingekom. Hulle het hardop begin huil, en die koning en al sy dienaars het bitterlik saamgehuil.
37Absalom het na koning Talmai van Gesur, seun van Ammigur toe gevlug, maar koning Dawid het die hele tyd net oor sy seun Amnon getreur.
38Absalom het na sy vlug drie jaar in Gesur gebly.
39Omdat koning Dawid hom met die dood van Amnon versoen het, het hy nie teen Absalom gaan oorlog maak nie.