Afrikaans 1983 Bible - 33 verses
1Dawid het die manskappe wat by hom was, in gelid opgestel: hy het hoofde oor afdelings van duisend en honderd aangestel en die leër in drie verdeel:
2'n derde onder leiding van Joab; 'n derde onder Joab se broer Abisai seun van Seruja, en die ander derde onder leiding van Ittai die Gattiet. Toe het die koning vir die leĂ«r gesĂȘ: âEk gaan self saam met julle veg.â
3Die leĂ«r het egter geantwoord: âNee, u moenie saamgaan nie, want as Ăłns dalk moet vlug, kan ons maar vlug en niemand sal van ons notisie neem nie; of as die helfte van ons dalk sterf, sal dit nie saak maak nie. Maar u is soos tien duisend van ons. Dit sal beter wees as u ons van die stad af kom help.â
4Die koning sĂȘ toe: âEk sal doen soos julle sĂȘ.â Toe gaan staan hy langs die stadspoort terwyl die hele leĂ«r in afdelings van honderd en duisend uittrek om te gaan veg.
5Die koning het vir Joab, Abisai en Ittai beveel: âWerk om my ontwil tog saggies met my kind Absalom.â Al die manskappe het die bevel oor Absalom gehoor toe die koning dit aan die offisiere gegee het.
6Die manskappe het toe in die oop veld teen Israel opgetrek. Daar het 'n geveg in die Efraimbos ontstaan,
7en Israel is deur Dawid se manskappe verslaan. Dit was 'n groot slagting. Daar het dié dag nie minder nie as twintig duisend man geval.
8Die geveg het oor die hele landstreek versprei, en op daardie dag het die bos meer lewens geëis as die swaard.
9Dawid se manskappe het op Absalom afgekom waar hy op 'n muil gery het. Die muil het onder die digte takke van 'n groot akkerboom deurgegaan, en Absalom se kop het in die boom vasgehaak. Die muil waarop hy gery het, het aangehou hardloop en Absalom het tussen hemel en aarde bly hang.
10Iemand het dit gesien en aan Joab vertel: âWeet u, ek het Absalom aan 'n akkerboom sien hang.â
11Toe sĂȘ Joab aan die man wat dit vir hom vertel het: âWat? Het jy hom gesien? Waarom het jy hom dan nie net daar doodgeslaan nie? Ek sou jou dan tien silwerstukke en 'n eregordel moes gegee het.â
12Maar die man antwoord vir Joab: âAl sou ek ook vir my duisend silwerstukke met my eie hand kon aftel, sou ek nog nie my hand teen die koning se seun opgetel het nie. Ons het immers almal gehoor hoe die koning u en Abisai en Ittai beveel: âWerk tog saggies met my kind Absalom.â
13As ek verkeerd opgetree het, sou dit by die koning bekend geword het en dan sou Ăș my nie gehelp het nie.â
14Toe sĂȘ Joab: âEk kan nie so staan en tyd mors hier by jou nie.â Hy het drie spiese gegryp en dit deur Absalom se hart gaan steek waar hy nog lewendig in die boom gehang het.
15Toe het tien wapendraers van Joab nader gestorm en Absalom heeltemal dood geslaan.
16Hierna het Joab die ramshoring geblaas en die leër het opgehou om Israel te agtervolg. So het Joab die leër laat terugtrek,
17maar die hele Israel het huis toe gevlug. Absalom se lyk is in 'n diep gat in die bos gegooi, en hulle het 'n groot hoop klippe op hom gepak.
18Dit was dieselfde Absalom wat die gedenkteken in die koningslaagte opgerig het om homself te vereer, omdat hy gesĂȘ het hy het nie meer 'n seun om sy naam in gedagtenis te hou nie. Daarom het hy die gedenkteken na homself vernoem en dit word nou nog genoem: âAbsalom se Gedenktekenâ.
19AgimaĂ€s seun van Sadok het gesĂȘ: âLaat ek tog hardloop en aan die koning die goeie tyding bring dat die Here hom van sy vyand verlos het.â
20Maar Joab het vir hom gesĂȘ: âJy is vandag nie die regte man om 'n tyding te bring nie. Jy kan op 'n ander dag boodskappe dra. Vandag doen jy dit nie, want dit is die koning se seun wat dood is.â
21Toe beveel Joab 'n Kussiet: âGaan vertel vir die koning wat jy gesien het.â Nadat die Kussiet voor Joab gebuig het, het hy begin hardloop.
22AgimaĂ€s seun van Sadok het weer vir Joab gesĂȘ: âKom wat wil, laat ek tog net agter die Kussiet aan hardloop.â âMy seun, waarom wil jy tog hardloop? Daar sal nie vir jou ook 'n boodskappersloon wees nie,â antwoord Joab.
23âDit maak nie saak nie; ek hardloop,â sĂȘ hy. âNou hardloop dan,â sĂȘ Joab vir hom. AgimaĂ€s het toe met die pad deur die Jordaanstreek gehardloop en die Kussiet verbygegaan.
24Terwyl Dawid in die stadspoort sit, klim die wag na die uitkykpos op die poort se dak en kyk rond of hy nie dalk iets sien nie. En juis toe kom daar iemand alleen aangehardloop.
25Die wag roep toe en sĂȘ dit vir die koning. âAs hy alleen is, bring hy nuus,â sĂȘ die koning. Terwyl hy nader kom,
26sien die wag nog iemand hardloop en hy roep na die poortwagter: âDaar kom nog iemand alleen aangehardloop.â En die koning sĂȘ: âOok hĂœ bring nuus.â
27âDit lyk my die voorste een hardloop soos AgimaĂ€s seun van Sadok,â merk die wag op. âHy is 'n goeie man, hy kom met 'n goeie boodskap,â voeg die koning toe by.
28âAlles is reg,â roep AgimaĂ€s en buig voor die koning en sĂȘ: âGeloof sy die Here u God, omdat Hy die mense wat in opstand gekom het teen die koning, verslaan het.â
29âGaan dit goed met my kind Absalom?â vra die koning. Hierop antwoord AgimaĂ€s: âEk het 'n groot samedromming opgemerk net toe u offisier Joab my gestuur het. Verder weet ek niks.â
30Die koning het hom beveel: âWag 'n bietjie. Kom staan hier eenkant.â Hy het dit gedoen
31en toe kom die Kussiet juis net daar aan en sĂȘ: âDaar is nuus vir die koning, want die Here het u vandag verlos van almal wat teen u in opstand gekom het.â
32âGaan dit goed met my kind Absalom?â vra die koning, en die Kussiet antwoord: âMag dit met die vyande van die koning en almal wat teen u in opstand kom en u ondergang wil bewerk, gaan soos met daardie kind.â
33Die koning het ontroerd geraak en in trane na die kamer bokant die poort opgeklim. Daar het hy heen en weer geloop en gesĂȘ: âMy seun, Absalom, my seun, my seun. Absalom, ag, as ek maar in jou plek kon gesterwe het. Absalom, my seun, my seun.â