Afrikaans 1983 Bible - 12 verses
1Toe Is-Boset seun van Saul verneem dat Abner in Hebron dood is, was hy tot niks in staat nie, en die hele Israel was skrikbevange.
2Daar was twee bendeleiers by Is-Boset. Die een se naam was BaƤna en die ander s'n Rekab. Hulle was kinders van Rimmon die Beƫrotiet, uit die geledere van Benjamin. Beƫrot is vroeƫr by Benjamin gereken,
3maar die Beƫrotiete het na Gittajim toe gevlug, waar hulle nou nog asiel het.
4Saul se seun Jonatan het 'n seun gehad met gebreklike voete. Hy was vyf jaar oud toe die tyding oor Saul en Jonatan uit Jisreƫl gekom het, en die vrou wat hom versorg het, het hom opgetel en gevlug, maar in haar haas het hy geval en so kreupel geword. Sy naam was Mefiboset.
5Rekab en BaƤna, seuns van Rimmon die Beƫrotiet, het op die warmte van die dag, terwyl Is-Boset besig was om sy middagslapie te geniet, by sy huis aangekom.
6Hulle het tot binne in die huis gegaan onder die voorwendsel dat hulle koring kom aflewer, en hom in die maag gesteek. Daarna het hulle gevlug.
7Hulle het in die huis gekom en hom doodgesteek terwyl hy op sy bed in die slaapkamer aan die slaap was. Hulle het selfs sy kop afgekap en dit saamgevat. Die hele nag deur het hulle met die Jordaanvalleipad langs gestap
8en Is-Boset se kop na Dawid toe in Hebron gebring. Hulle het vir die koning gesĆŖ: āHier is die kop van Is-Boset Saul se seun. Saul was u vyand en wou u doodmaak, maar vandag het die Here vir die koning wraak geneem oor Saul en sy nasate.ā
9Toe sĆŖ Dawid vir Rekab en sy broer BaƤna, seuns van Rimmon die BeĆ«rotiet: āEk verklaar voor die Here, my bevryder uit elke lewensgevaar:
10Die man wat my in Siklag vertel het: āSaul is dood!ā het ek laat gryp en doodslaan as beloning vir so 'n boodskap, en hy het nogal gedink hy is iemand wat 'n goeie tyding bring.
11Hoeveel te meer sal ek nie, noudat skurke 'n onskuldige man op sy bed in sy huis doodgemaak het, sy moord op hulle wreek en hulle van die aarde af wegvee nie!ā
12Toe het Dawid sy lyfwag beveel om hulle dood te maak. Hulle het hulle hande en voete afgesny en hulle by die dam van Hebron opgehang. Maar Is-Boset se kop het hulle gevat en in Abner se graf in Hebron gaan begrawe.