Afrikaans 1983 Bible - 46 verses
1Na 'n lang tyd, dit was omtrent drie jaar, het die woord van die Here tot Elia gekom en gesĂȘ: âGaan na Agab toe. Moenie langer vir hom wegkruip nie. Ek wil dit weer in die land laat reĂ«n.â
2Elia het na Agab toe gegaan. Die swaar hongersnood het nog voortgeduur in Samaria.
3Agab het vir Obadja, die paleisopsigter, na hom toe laat kom. Obadja het die Here pligsgetrou gedien.
4Toe Isebel die profete van die Here doodgemaak het, het Obadja honderd geneem en hulle vyftig-vyftig in grotte weggesteek en hulle van kos en water voorsien.
5Agab het vir Obadja gesĂȘ: âKom ons trek deur die land, na elke fontein en spruit toe. Dalk kry ons gras om die perde en muile aan die lewe te hou. Dan hoef ons nie van hulle dood te maak nie.â
6Hulle het die land tussen hulle verdeel. Agab het alleen in een rigting gegaan, en Obadja alleen in 'n ander rigting.
7Terwyl Obadja onderweg was, kom Elia hom meteens tegemoet. Obadja het hom herken en voor hom op sy knieĂ« geval en gesĂȘ: âMaar u is mos Elia!â
8Elia sĂȘ toe vir hom: âJa, dit is ek! Gaan sĂȘ vir die koning: Elia is hier.â
9Maar Obadja sĂȘ: âWatter sonde het ek gedoen dat u my aan Agab uitlewer om my dood te maak?
10So seker as die Here u God leef, daar is geen nasie of koninkryk waar die koning u nie probeer opspoor het nie. As hulle sĂȘ: âElia is nie hier nie,â het die koning die koninkryk of die nasie met 'n eed laat bevestig dat hulle u nie kon kry nie.
11Nou sĂȘ u sommer: âGaan sĂȘ vir die koning Elia is hier!â
12As ek nou van u af sou weggaan, en die Gees van die Here neem u weg, sonder dat ek weet waarheen, en ek gaan vertel vir Agab ek het u gesien, maar hy kan u nie kry nie, dan maak hy my beslis dood. En dit terwyl ek die Here van my jeug af dien.
13Het hulle u nie vertel wat ek gedoen het toe Isebel die profete van die Here doodgemaak het nie, dat ek honderd profete van die Here vyftig-vyftig in grotte weggesteek het en hulle van kos en water voorsien het?
14Nou stuur u my sommer om vir koning Agab te gaan sĂȘ Elia is hier. Hy sal my mos doodmaak.â
15Maar Elia sĂȘ vir Obadja: âSo seker as die Here leef, die Almagtige in wie se diens ek staan, ek sal sorg dat Agab my vandag nog te sien kry.â
16Toe gaan Obadja na Agab toe en vertel hom, en Agab het na Elia toe gekom.
17Net toe Agab hom sien, sĂȘ Agab vir hom: âIs dit jy, jy wat die dood oor Israel bring?â
18Hy antwoord: âDis nie ek wat die dood oor Israel bring nie, maar jy en jou familie. Julle het die gebooie van die Here verontagsaam en die BaĂ€ls gedien.
19Roep vir my die hele Israel bymekaar op Karmelberg. Die vier honderd en vyftig profete van BaĂ€l en die vier honderd van Asjera wat van Isebel se tafel af eet, moet ook daar wees.â
20Toe stuur Agab die boodskap aan al die Israeliete; hy het ook die profete op Karmelberg laat bymekaarkom.
21Elia het voor die hele volk gaan staan en gesĂȘ: âHoe lank hou julle aan met hink op twee gedagtes? As die Here God is, volg HĂłm; maar as dit BaĂ€l is, volg hĂłm.â Die volk het hom nie 'n woord geantwoord nie.
22Toe sĂȘ Elia vir die volk: âEk alleen het oorgebly as profeet van die Here, maar daar is vier honderd en vyftig profete van BaĂ€l.
23Bring nou vir ons twee bulle. Hulle kan vir hulle een bul kies en hom opsny en op die hout uitlĂȘ. Maar hulle moet dit nie aan die brand steek nie. Ek sal dieselfde doen met die ander bul. Ek sal hom op die hout uitlĂȘ, maar dit ook nie aan die brand steek nie.
24Dan moet julle tot julle god bid, en ek sal tot die Here bid. Hy wat met vuur antwoord, is God.â Die hele volk het geantwoord: âDis goed so.â
25Toe sĂȘ Elia vir die profete van BaĂ€l: âKies 'n bul en maak julle hom eerste gereed, want julle is die meeste. Bid dan tot julle god. Maar julle mag nie die vuur aansteek nie.â
26Hulle neem toe die bul wat hy hulle laat kies het en maak hom gereed. Hulle bid toe tot BaĂ€l en roep van die mĂŽre af tot die middag toe: âBaĂ€l, antwoord ons!â Daar was nie 'n geluid van hom af nie. Niemand het geantwoord nie, hoe hulle ook al vir BaĂ€l gedans het by die altaar wat hulle gemaak het.
27Teen die middag het Elia hulle begin spot: âRoep harder! Hy is mos 'n god! Miskien is hy diep in gedagte of gou bietjie uit, of op reis, of dalk slaap hy en moet hy eers wakker word!â
28Toe roep hulle nog harder; en soos altyd kerf hulle hulle stukkend met swaarde en spiese dat die bloed oor hulle loop.
29Tot die namiddag het hulle aangehou te kere gaan, en teen laatmiddag, die tyd vir die aandoffer, was daar nog geen geluid nie. Niemand het geantwoord nie, daar was geen reaksie nie.
30Toe sĂȘ Elia vir die hele volk: âKom staan hier by my,â en hulle het almal by hom gaan staan. Toe het hy die stukkende altaar van die Here weer reggemaak.
31Hy het twaalf klippe gevat, net soveel as die stamme van die nageslag van Jakob vir wie die Here gesĂȘ het: âJou naam sal Israel wees.â
32Met die klippe het hy die altaar van die Here reggemaak en 'n behoorlike sloot daar rondom gegrawe.
33Toe sit hy die hout reg, sny die bul stukkend en lĂȘ dit uit op die hout.
34Toe beveel hy: âMaak vier kruike vol water en gooi dit uit op die brandoffer en op die hout.â Daarna sĂȘ hy: âDoen dit weer,â en hulle het dit nog 'n keer gedoen. Toe sĂȘ hy: âDoen dit 'n derde keer,â en hulle het weer so gemaak.
35Toe stroom die water oor die hele altaar, en selfs die sloot rondom het vol geword.
36Teen die tyd van die aandoffer het die profeet Elia vorentoe gekom en gebid: âHere, God van Abraham, Isak en Israel, laat dit tog vandag bekend word dat U God is in Israel, en dat ek u dienaar is wat op u bevel al hierdie dinge doen.
37Antwoord my, Here, antwoord my tog dat hierdie volk kan besef dat U, Here, God is, en dat dit U is wat hulle harte weer tot U bekeer.â
38Toe kom daar vuur van die Here af en dit verbrand die offer, die hout, die klippe en die grond. Dit het selfs die water in die sloot opgelek.
39Toe die hele volk dit sien, het hulle op hulle knieĂ« geval en uitgeroep: âDie Here is God! Die Here is God!â
40Hierop sĂȘ Elia vir hulle: âGryp die profete van BaĂ€l! Nie een van hulle mag wegkom nie.â Toe die volk hulle gegryp het, het Elia die profete laat afbring na Kisonspruit toe en daar het hy hulle doodgemaak.
41Daarna sĂȘ Elia vir Agab: âGaan eet eers, want ek hoor al die gedruis van die reĂ«n.â
42Agab het toe gaan eet, maar Elia het na die top van Karmelberg toe opgeklim en terwyl hy daar na die aarde toe buig met sy kop tussen sy knieë,
43sĂȘ hy vir sy slaaf: âGaan kyk in die rigting van die see!â Hy gaan kyk toe, en kom sĂȘ: âDaar is niks.â Elia het vir hom gesĂȘ: âGaan kyk weer.â Dit het sewe keer gebeur.
44Na die sewende keer het hy kom sĂȘ: â'n Wolkie so groot soos 'n man se hand kom uit die see uit op.â Elia sĂȘ toe: âGaan sĂȘ gou vir Agab: Span in en gaan van die berg af, anders sal die reĂ«n jou vaskeer.â
45Toe hulle nog praat, het die lug donker geword van die onweerswolke; die wind het opgekom en groot reëns het uitgesak. Agab het op sy wa geklim en na Jisreël toe gery.
46Die mag van die Here het vir Elia in besit geneem, en hy het sy mantel opgebind en voor Agab se wa uit gehardloop tot waar die pad uitdraai na Jisreël toe.