Afrikaans 1983 Bible - 34 verses
1Salomo was koning oor die hele Israel.
2Sy hoofamptenare was die volgende: Asarja seun van Sadok was hoƫpriester;
3Eligoref en Agija, seuns van Sisa, was administratiewe beamptes; Josafat seun van Agilud was die hoof uitvoerende beampte;
4Benaja seun van Jojada was hoof van die leƫr. Sadok en Abjatar was priesters.
5Asarja seun van Natan was hoof van die streekbestuurders; Sabud seun van Natan was 'n priester en persoonlike raadgewer van die koning.
6Agisar was paleisopsigter; Adoniram seun van Abda was in beheer van die dwangarbeid.
7Salomo het twaalf streekbestuurders in die hele Israel aangestel met die oog op die onderhoud van die koning en sy hof. Elkeen was verantwoordelik vir een maand per jaar se onderhoud.
8Hulle name was: Ben-Gur in die Efraimsberge;
9Ben-Deker in Makas, SaƤlbim, Bet-Semes en Elon-Bet-Ganan;
10Ben-Gesed in Arubbot, dit het Soko en die hele Geferstreek ingesluit;
11Ben-Abinadab in die hele berggebied van Dor; sy vrou was Tafat 'n dogter van Salomo;
12BaƤna seun van Agilud in TaƤnak en Megiddo en ook in Bet-San wat grens aan Saretan onderkant Jisreƫl; dit is dus van Bet-San af tot by Abel-Megola en tot anderkant Jokmoam;
13Ben-Geber in Ramot in Gilead; hierby was ingereken die tentdorpe van JaĆÆr seun van Manasse in Gilead, en ook die Argobgebied in Basan, sestig groot stede met mure rondom en poortgrendels van brons;
14Aginadab seun van Iddo in Maganajim;
15AgimaƤs in Naftali; hy was getroud met Basemat, ook 'n dogter van Salomo;
16BaƤna seun van Gusai in Aser en Alot;
17Josafat seun van Paruag in Issaskar;
18SimeĆÆ seun van Ela in Benjamin;
19Geber seun van Uri in die Gileadstreek, dit is die vroeƫre gebied van die Amoritiese koning Sihon, en van koning Og van Basan; in hierdie hele streek was daar net die een bestuurder.
20Juda en Israel was so baie soos die sand aan die see. Hulle het volop te eet en te drink gehad, en hulle was gelukkig.
21Salomo het geheers oor al die koninkryke van die Eufraatrivier af tot by die gebied van die Filistyne, dit wil sĆŖ tot by die grens van Egipte. Hulle het belasting betaal en was onderhorig aan Salomo solank hy geleef het.
22Salomo se daaglikse kosvoorrade was vyf ton fynmeel en tien ton broodmeel,
23tien vetgevoerde beeste, twintig veldbeeste en honderd stuks kleinvee, behalwe nog takbokke, gemsbokke, ribbokke en vetgemaakte pluimvee.
24Salomo het geheers oor alles wes van die Eufraatrivier, van Tifsag af tot by Gasa, oor al die konings wes van die Eufraat. Na alle kante toe was daar vrede,
25en solank Salomo geleef het, het die Judeƫrs en die Israeliete van Dan af tot by Berseba veilig gewoon, elkeen met sy eie wingerdstok en sy eie vyeboom om onder te sit.
26Salomo het veertig duisend trekperde op stal gehad vir sy strydwaens en ook twaalf duisend ryperde.
27Die streekbestuurders het elkeen een maand per jaar vir koning Salomo en almal wat van sy tafel af geƫet het, van kos voorsien. Hulle het gesorg dat niks ontbreek nie.
28Hulle het ook die gars en die hooi vir die ryperde en die trekperde gebring op die plekke wat met elkeen gereƫl was.
29God het aan Salomo baie groot wysheid en verstand gegee en insig in soveel sake as wat daar sand aan die see is.
30Salomo het meer wysheid gehad as al die ander mense, van die ooste af tot in Egipte.
31Hy het meer wysheid gehad as enigiemand anders, meer as Etan die Esragiet, en meer as Heman, Kalkol en Darda, seuns van Magol. Sy naam het bekend geraak onder al die nasies in die omtrek.
32Hy het drie duisend spreuke gemaak en duisend en vyf liedere gedig.
33Hy het verse gemaak oor bome en plante, van die seders op die Libanon tot die hisop wat uit die mure groei; hy het gedig oor diere, voƫls, reptiele en visse.
34Van oral af het daar mense gekom om na Salomo se wysheid te luister, afgesante van al die konings wat gehoor het dat hy so 'n wyse man is.