Afrikaans 1983 Bible - 18 verses
1Na die dood van Agab het Moab in opstand gekom teen Israel.
2Ahasia het in Samaria deur sy bokamer se traliewerk geval en hom ernstig beseer. Hy het boodskappers gestuur met die opdrag: âGaan raadpleeg vir BaĂ€l-Sebub die god van Ekron om te hoor of ek hierdie besering sal oorleef.â
3Maar die Engel van die Here het vir Elia die Tisbiet gesĂȘ: âLoop gou die boodskappers van die koning van Samaria tegemoet en sĂȘ vir hulle: Is daar dan geen God in Israel nie dat julle vir BaĂ€l-Sebub die god van Ekron gaan raadpleeg?
4Daarom sĂȘ die Here vir die koning: Jy sal nie opstaan uit die bed waarin jy gaan lĂȘ het nie. Jy gaan sterf.â Toe vertrek Elia,
5en die boodskappers het omgedraai na die koning toe. Hy vra hulle toe: âWaarom het julle omgedraai?â
6Hulle het hom geantwoord: â'n Man het ons tegemoet geloop en vir ons gesĂȘ: Gaan terug na die koning wat vir julle gestuur het en sĂȘ vir hom: So sĂȘ die Here: Is daar dan geen God in Israel nie dat jy boodskappers stuur om BaĂ€l-Sebub die god van Ekron te raadpleeg? Daarom sal jy nie opstaan uit die bed waarin jy gaan lĂȘ het nie. Jy gaan sterf.â
7Die koning vra hulle toe: âHoe het die man gelyk wat vir julle tegemoet geloop en hierdie dinge vir julle gesĂȘ het?â
8Hulle het geantwoord: âDit was 'n man met velklere aan en met 'n velgordel om sy middel.â Daarop sĂȘ die koning: âDit moet Elia die Tisbiet wees.â
9Hy stuur toe 'n offisier met vyftig manskappe na Elia toe. Die offisier het na Elia toe opgeklim waar hy op die top van 'n berg gesit het. Die offisier het vir hom gesĂȘ: âMan van God, die koning het beveel jy moet afkom na hom toe.â
10Toe antwoord Elia die offisier: âSo seker as ek 'n man van God is, daar sal vuur uit die hemel uit afkom en jou en jou vyftig man verteer!â Daar het toe vuur uit die hemel uit afgekom en die offisier en sy vyftig manskappe verteer.
11Die koning stuur toe 'n ander offisier met vyftig man na Elia toe om hom te beveel: âMan van God, die koning sĂȘ: jy moet vinnig na hom toe kom.â
12Elia het hom geantwoord: âSo seker as ek 'n man van God is, daar sal vuur uit die hemel uit afkom en jou en jou vyftig man verteer!â Daar het toe 'n vuur van God uit die hemel uit afgekom en dit het die offisier en sy vyftig man verteer.
13Die koning stuur toe 'n derde keer 'n offisier met sy vyftig man. Die derde offisier is die berg op. By Elia aangekom, het hy op sy knieĂ« voor hom geval en hom om genade gesmeek: âMan van God, spaar tog asseblief my lewe en die lewe van hierdie vyftig man.
14Daar het vuur uit die hemel uit afgekom en dit het die twee offisiere wat vroeĂ«r gekom het, saam met hulle manskappe verteer. Spaar nou asseblief my lewe!â
15Die Engel van die Here het vir Elia gesĂȘ: âKlim af saam met hom, moenie vir hom bang wees nie.â Elia is toe saam met hom die berg af na die koning toe.
16Elia het vir die koning gesĂȘ: âSo sĂȘ die Here: Omdat jy boodskappers gestuur het om BaĂ€l-Sebub die god van Ekron te raadpleeg asof daar geen God in Israel is wat geraadpleeg kan word nie, sal jy nie opstaan uit die bed waarin jy nou lĂȘ nie. Jy gaan sterf.â
17Hy hét ook gesterf, in ooreenstemming met die woord van die Here wat deur Elia gekom het. Omdat Ahasia self geen kinders gehad het nie, is hy as koning opgevolg deur Joram. Dit was in die tweede regeringsjaar van koning Joram van Juda, seun van Josafat.
18Die ander verhale oor Ahasia en wat hy gedoen het, is opgeteken in die annale van die konings van Israel.