Afrikaans 1983 Bible - 21 verses
1In diĂ© tyd het Hiskia ernstig siek geword. Die profeet Jesaja seun van Amos het na hom toe gekom en gesĂȘ: âSo sĂȘ die Here: SĂȘ vir jou gesin wat jou laaste wense is, want jy gaan sterf, jy sal nie langer lewe nie.â
2Toe draai Hiskia sy gesig na die muur toe en hy bid tot die Here:
3âAg, Here, neem tog in ag dat ek voor U in trou en met volle oorgawe geleef het en dat ek gedoen het wat reg is in u oĂ«.â Hiskia het bitterlik gehuil.
4Jesaja was nog nie die binneplein van die stad oor nie toe die woord van die Here tot hom kom en sĂȘ:
5âGaan terug en sĂȘ vir Hiskia, die leier van my volk: So sĂȘ die Here, die God van jou voorvader Dawid: Ek het jou gebed verhoor, Ek het jou trane gesien. Ek gaan jou gesond maak, en jy sal oormĂŽre weer na die huis van die Here toe kan gaan.
6Ek sal jou lewe met vyftien jaar verleng en jou en diĂ© stad red uit die mag van die koning van AssiriĂ«. Ek sal diĂ© stad beskerm, om my ontwil en om my dienaar Dawid se ontwil.â
7Jesaja het toe opdrag gegee dat hulle 'n vyekoek moet bring en op die sweer moet sit, en die koning het beter geword.
8Toe vra Hiskia vir Jesaja: âWat is die teken dat die Here my sal gesond maak en dat ek oormĂŽre weer na die huis van die Here toe sal gaan?â
9Jesaja het geantwoord: âDie Here gee jou die volgende teken dat Hy sal doen wat Hy gesĂȘ het: moet die skaduwee tien trappe vorentoe gaan of tien terugkom?â
10Hiskia sĂȘ toe: âDit is maklik vir die skaduwee om tien trappe vorentoe te skuif. Nee, laat dit tien trappe terugkom.â
11Die profeet Jesaja het die Here aangeroep, en Hy het die skaduwee wat reeds teen die trap van Agas afgesak het, tien trappe laat terugskuif.
12In dié tyd het koning Merodak-Baladan van Babel, seun van Baladan, briewe en geskenke na Hiskia toe gestuur omdat hy gehoor het van Hiskia se siekte.
13Hiskia het die gesante te woord gestaan en hulle daarna al sy skatkamers gewys met die silwer, die goud, die kruie en die geurige olie, sy wapenkamer en alles wat in sy voorraadkamers was. Daar was niks in sy paleis en in sy koninkryk wat Hiskia die gesante nie laat sien het nie.
14Toe kom die profeet Jesaja na koning Hiskia toe en vra vir hom: âWat het daardie mense gesĂȘ en waarvandaan kom hulle?â Hiskia het geantwoord: âUit 'n ver land, uit Babel.â
15âWat het hulle in jou paleis gesien?â vra Jesaja. En Hiskia antwoord: âHulle het alles gesien wat in my paleis is. Daar is niks van my skatte wat hulle nie gesien het nie.â
16Toe sĂȘ Jesaja vir Hiskia: âLuister wat sĂȘ die Here:
17Daar kom 'n tyd dat alles wat in jou paleis is, weggedra sal word na Babel toe, al die skatte wat jou voorvaders en jy versamel het. Daar sal niks oorbly nie, sĂȘ die Here.
18Van jou eie seuns wat uit jou gebore is, sal gevat word, en hulle sal diens doen in die paleis van die koning van Babel.â
19Hiskia het vir Jesaja gesĂȘ: âDie woord van die Here wat jy aan my oorgedra het, is goed.â Hiskia het bygevoeg: âAs daar maar net in my tyd vrede en veiligheid is!â
20Die ander verhale oor Hiskia, oor sy moedige optrede en oor die dam en die kanaal wat hy gebou het om die water in die stad in te bring, is opgeteken in die annale van die konings van Juda.
21Hiskia is oorlede, en sy seun Manasse het hom as koning opgevolg.