Afrikaans 1983 Bible - 40 verses
1Die volgende manne het al in Siklag by Dawid aangesluit toe hy nog verban was deur Saul seun van Kis. Hulle het tot Dawid se groep dapper manne behoort en was sy strydmakkers in die oorlog.
2Hulle was bewapen met pyl en boog en kon ewe goed met die regter- as met die linkerhand slingervel gooi en boog skiet. Hulle was van Saul se stamgenote uit Benjamin.
3Die leier was Agiƫser; verder was daar Joas seun van SemaƤ uit Gibea; Jesiƫl en Pelet, seuns van Asmawet; Beraka, Jehu uit Anatot,
4Jismaja uit Gibeon, 'n held onder die dertig helde en selfs beter as hulle; Jeremia, Jagasiƫl, Joganan, Josabad uit Gedera,
5Elusai, Jerimot, Bealja, Semarja, Sefatja uit Garif;
6Elkana, Jissija, Asarel, Joƫser en Jasobam uit Korag;
7Joƫla en Sebadja, seuns van Jerogam, uit Gedor.
8Daar het ook van die Gadiete oorgeloop na Dawid toe, na sy bergskuiling toe in die woestyn. Hulle was helde, krygsmanne, reg vir oorlog, bewapen met 'n groot skild en 'n spies, vreesaanjaend soos leeus en so vinnig soos wildsbokke op die berge.
9Eser was die hoof, Obadja tweede in rang, Eliab derde,
10Mismanna vierde, Jeremia vyfde,
11Attai sesde, Eliƫl sewende,
12Joganan agste, Elsabad negende,
13Jeremia tiende, Makbannai elfde.
14Hulle was van die mense uit Gad, hoofmanne van die leƫr; die kleinste van hulle kon man-alleen staan teen honderd, die grootste teen duisend.
15Dit was hulle wat in die reƫntyd die Jordaan oorgesteek het toe hy vol was tot oor altwee sy walle en al die laagtes oos en wes volgestoot het.
16Toe daar van die Benjaminiete en Judeƫrs na Dawid toe gekom het in die bergskuiling,
17het hy na hulle toe uitgekom en geroep: āAs julle in vrede na my toe gekom het om my te help, is ons bondgenote en is ek bereid om julle leier te wees, maar as julle gekom het om my aan my vyande te verraai, terwyl ek geen misdaad begaan het nie, mag die God van ons voorvaders dit dan raaksien en julle straf.ā
18Daarna het die Gees vir Amasai, die leier van die dertig, in besit geneem, en hy het gesĆŖ: āVĆr u, Dawid! Bý u, seun van Isai! Vrede, vrede vir u, en vrede vir hom wat by u staan, want u God help u!ā Dawid het hulle toe aanvaar en hulle opgeneem onder die leiers van sy bende.
19Uit Manasse het mense na Dawid toe oorgeloop toe hy saam met die Filistyne op die veldtog teen Saul uitgetrek het. Hy het egter nie die Filistyne gehelp nie, want hulle regeerders het hom doelbewus weggestuur. Hulle het gesĆŖ: āHy sal na sy koning Saul toe oorloop met ons koppe.ā
20Dawid is toe na Siklag toe en daar het die volgende mense uit Manasse na hom toe oorgeloop: Adnag, Josabad, Jediael, Migael, Josabad, Elihu en Silletai, leiers van afdelings in Manasse.
21Hulle het Dawid gehelp en het aanvoerders van sy bende geword, want hulle was almal strydbare manne.
22Daar het van dag tot dag mense by Dawid aangekom om hom te help, totdat dit 'n groot leƫr geword het, 'n magtige leƫr.
23Hier volg die getalle van die hoofmanne van die gewapende mag wat in Hebron na Dawid toe gekom het om die koningskap van Saul op hom oor te dra volgens die wil van die Here:
24Judeƫrs, gewapen met grootskild en spies: 6 800, ten volle gewapen;
25van die Simeoniete, strydbare manne gereed vir aktiewe diens: 7 100;
26van die Leviete: 4 600;
27ook nog Jojada, die AƤronitiese vors met 3 700 man by hom,
28en die jong Sadok, 'n strydbare man, met sy familie onder 22 aanvoerders;
29van die Benjaminiete, Saul se stamgenote: 3 000. Tot in diƩ stadium het die meeste van hulle trou gebly aan die huis van Saul.
30Van die Efraimiete was daar 20 800, almal strydbare manne, gesiene mense in hulle families;
31van die halwe Manassestam: 18 000 wat afgevaardig was om Dawid te kom koning maak;
32van die Issaskarstam, die mense wat die tekens van die tye verstaan het en geweet het wat Israel te doen staan: 200 van hulle hoofmanne en al hulle stamgenote onder hulle bevel;
33van Sebulon: 50 000 man wat slaggereed was en met alle wapens toegerus was vir die oorlog. Sonder om twee keer te dink, het hulle saam in 'n geveg ingestorm.
34Van Naftali was daar 1 000 aanvoerders en saam met hulle 37 000 man met grootskild en spies;
35van die Danniete: 28 600 gewapende man;
36van Aser: 40 000 man, slaggereed en gewapen;
37van oorkant die Jordaan af, van die Rubeniete, Gadiete en die halwe Manassestam: 120 000, toegerus met alle wapens.
38Al hierdie krygsmanne het saamgestaan en met volle oorgawe na Hebron toe gekom om Dawid koning oor die hele Israel te maak. Die hele res van Israel was dit daarmee eens dat Dawid koning gemaak moes word.
39Drie dae lank was hulle daar by Dawid en het hulle geƫet en gedrink, want hulle volksgenote het hulle onthaal.
40Hulle verwante selfs van Issaskar, Sebulon en Naftali af het kos aangebring op donkies, kamele, muile en beeste. Daar was volop meel, vyekoeke, rosyntjiekoeke, wyn en olie, grootvee en kleinvee, want daar was groot vreugde in Israel.