Afrikaans 1983 Bible - 19 verses
1Rehabeam het na Sigem toe gegaan omdat die hele Israel daarheen gekom het om hom tot koning te kroon.
2Jerobeam seun van Nebat was nog in Egipte, waarheen hy vir koning Salomo gevlug het, en toe hy die berig kry, het hy uit Egipte teruggekom.
3Dit was nadat hulle boodskappers gestuur en hom laat roep het. Hy en die hele Israel kom toe na Rehabeam toe en sĂȘ vir hom:
4âU vader het ons 'n swaar juk laat dra. As u die verpligtinge wat u vader ons opgelĂȘ het, minder maak en so die juk ligter maak wat hy ons laat dra het, sal ons u onderdane bly.â
5Rehabeam het vir hulle gesĂȘ: âKom oor drie dae na my toe terug.â Nadat die volk vertrek het,
6het Rehabeam toe die raad gevra van die ouer mense wat in diens van Salomo, sy pa, was tydens diĂ© se lewe. âWat meen julle moet ek hierdie mense antwoord?â het hy gevra.
7Hulle het vir hom gesĂȘ: âAs u dit goed bedoel met hierdie volk en hulle tevrede stel en hulle 'n gunstige antwoord gee, sal hulle altyd u onderdane bly.â
8Maar hy het die raad wat die ouer mense hom gegee het, in die wind geslaan en die raad gevra van die jonger manne wat saam met hom grootgeword het en in sy diens was:
9âWat meen jĂșlle moet ons hierdie mense antwoord? Hulle het gevra ek moet die juk wat my pa op hulle gelĂȘ het, ligter maak.â
10Die jongmanne wat saam met hom grootgeword het, het vir hom gesĂȘ: âU moet die volk soos volg antwoord. Hulle het vir u gesĂȘ: âU vader het ons 'n swaar juk laat dra, maak u vir ons die juk ligter.â U moet vir hulle sĂȘ: âMy pinkie is dikker as my pa se middellyf.
11My pa het 'n swaar juk op julle laat druk, ek gaan die juk nog swaarder maak. My pa het julle met swepe geslaan, ek sal julle met gesels slaan.â
12Toe Jerobeam en die hele volk die derde dag by koning Rehabeam kom volgens sy opdrag âKom oor drie dae na my toe terugâ,
13het hy hulle dié harde antwoord gegee. Koning Rehabeam het die raad van die ouer mense in die wind geslaan
14en die volk geantwoord volgens die raad van die jonger manne: âEk gaan 'n swaar juk op julle lĂȘ, ek gaan dit nog swaarder maak. My pa het julle met swepe geslaan, ek sal julle met gesels slaan.â
15Die koning het nie aan die versoek van die volk voldoen nie. Dit was 'n beskikking van die Here God, sodat Hy sy belofte kon hou wat Hy deur Agija van Silo aan Jerobeam seun van Nebat gegee het.
16Toe die Israeliete hoor dat die koning nie aan hulle versoek voldoen het nie, het hulle vir hom gesĂȘ: âDawid is nie deel van ons nie; ons het niks aan Isai se seun nie! Elkeen terug na sy woonplek toe, Israel! Kyk nou maar na jou eie huis, Dawid!â Die hele Israel is toe terug na sy eie woongebied toe.
17Rehabeam het net koning geword oor die Israeliete wat in die stede van Juda gewoon het.
18Koning Rehabeam het vir Adoniram, wat in bevel van die dwangarbeid was, na Israel toe gestuur, maar die Israeliete het hom met klippe doodgegooi, en koning Rehabeam self het dit net-net reggekry om op sy strydwa te kom en na Jerusalem toe te vlug.
19So het Israel in opstand gekom teen die koningshuis van Dawid, en dit is vandag nog so.