Afrikaans 1983 Bible - 34 verses
1Toe Josafat ryk geword het en groot aansien geniet het, het hy 'n huwelik tussen 'n lid van sy familie en een uit die familie van Agab gereël.
2Na 'n paar jaar het hy vir Agab in Samaria gaan besoek. Agab het ter ere van Josafat en sy gevolg 'n groot aantal skape en beeste geslag en hom ook probeer omhaal om 'n veldtog teen Ramot in Gilead te begin.
3Koning Agab van Israel het vir koning Josafat van Juda gesĂȘ: âSal jy met my saamgaan na Ramot in Gilead toe?â Josafat het geantwoord: âEk en jy is een, en ons leĂ«rs is een. Ons is saam met jou in diĂ© oorlog,
4maar,â het Josafat verder vir die koning van Israel gesĂȘ, âvind nou eers uit wat sĂȘ die Here.â
5Die koning van Israel het toe vier honderd profete bymekaargeroep en vir hulle gevra: âMoet ons teen Ramot in Gilead gaan veg? Of moet ek dit laat staan?â Hulle antwoord was: âGaan gerus. God gee die stad aan die koning oor.â
6Toe sĂȘ Josafat: âIs hier nie nĂłg 'n profeet van die Here dat ons hom ook kan raadpleeg nie?â
7âHier is nog een man deur wie ons die Here kan raadpleeg,â het die koning van Israel vir Josafat gesĂȘ, âmaar ek haat hom, want hy voorspel vir my nooit iets goeds nie, net altyd die slegste. Dit is Miga seun van Jimla.â Josafat sĂȘ toe: âDie koning moenie so praat nie!â
8Die koning van Israel roep toe 'n paleisamptenaar en sĂȘ: âGaan haal gou vir Miga seun van Jimla.â
9Die koning van Israel en koning Josafat van Juda het elkeen in sy koninklike gewaad op sy troon gesit by die dorsvloer voor die poort van Samaria. Voor hulle was al die profete besig met hulle voorspellings.
10Sedekia seun van KenaĂ€na het vir hom 'n paar horings van yster gemaak en gesĂȘ: âSo sĂȘ die Here: Met hierdie horings sal u die ArameĂ«rs stoot tot dit klaar is met hulle.â
11So het al die profete voorspel. Hulle uitspraak was: âTrek op teen Ramot in Gilead. U sal wen. Die Here gee die stad aan die koning oor.â
12Die boodskapper wat vir Miga gaan roep het, het vir hom gesĂȘ: âKyk, die uitspraak van die profete was eenstemmig gunstig vir die koning. Laat joune nou tog dieselfde wees. SĂȘ iets goeds!â
13Maar Miga sĂȘ: âSo seker as die Here leef, wat my God vir my sĂȘ, dit sal ek sĂȘ!â
14Toe hy by die koning kom, sĂȘ diĂ© vir hom: âMiga, moet ons teen Ramot in Gilead gaan veg? Of moet ek dit laat staan?â âGaan gerus,â antwoord Miga, âen mag dit goed gaan, mag die stad aan u oorgegee word.â
15Maar die koning sĂȘ vir hom: âHoeveel keer moet ek nog by jou daarop aandring dat jy vir my niks anders as die waarheid in die Naam van die Here moet sĂȘ nie!â
16Toe sĂȘ Miga: âEk het die hele Israel verstrooi op die berge gesien soos skape wat nie 'n wagter het nie. Die Here het gesĂȘ: Hulle het nie 'n koning nie, laat hulle maar in vrede teruggaan, elkeen na sy huis toe.â
17Die koning van Israel sĂȘ toe vir Josafat: âEk het jou mos gesĂȘ hy voorspel vir my nie iets wat goed is nie, net die slegste.â
18En Miga praat verder: âHoor die woord van die Here! Ek het die Here op sy troon sien sit met die hele hemelse leĂ«rmag wat weerskante van Hom staan.
19En die Here het gesĂȘ: âWie sal vir Agab koning van Israel so ver kry dat hy na Ramot in Gilead gaan en daar sneuwel?â Die een het toe dit gesĂȘ en die ander dat,
20totdat die gees vorentoe gekom en voor die Here gaan staan en gesĂȘ het: âEk sal hom so ver kry.â En toe die Here vir hom vra: âHoe?â
21sĂȘ die gees: âEk sal uitgaan en 'n leuengees word in die mond van al sy profete.â Toe sĂȘ die Here: âJy sal hom so ver kry. Gaan doen dit, jy sal dit regkry.â
22So het die Here 'n leuengees in die mond van hierdie profete van u laat kom, maar Hy het in werklikheid vir u 'n ramp aangekondig.â
23Toe kom Sedekia seun van KenaĂ€na nader en hy slaan vir Miga op die kakebeen en sĂȘ: âMet watter pad is die Gees van die Here van my af weg om met jou te praat?â
24En Miga antwoord: âDit sal jy sien die dag as jy in een donker kamer na die ander probeer wegkruip.â
25Die koning van Israel het toe beveel: âVat vir Miga en bring hom na Amon, die stadsbevelvoerder, en na prins Joas toe.
26SĂȘ vir hulle die koning sĂȘ hulle moet hierdie man in die tronk sit en hom 'n skraal rantsoen kos en water gee tot ek behoue terugkom.â
27Maar Miga het gesĂȘ: âAs u behoue terugkom, het die Here nie deur my gepraat nie.â Verder het hy gesĂȘ: âHoor dit, alle manskappe!â
28Die koning van Israel en koning Josafat van Juda is toe na Ramot in Gilead toe.
29Die koning van Israel het vir Josafat gesĂȘ: âEk gaan my vermom voor ek in die geveg betrokke raak. Hou jy jou koninklike gewaad aan.â Die koning van Israel het hom toe vermom en so die geveg ingegaan.
30Die Aramese koning het die aanvoerders van sy strydwaens opdrag gegee: âSpits die geveg toe op die koning van Israel, moenie aan die ander aandag gee nie, klein of groot.â
31Toe die aanvoerders van sy strydwaens vir Josafat sien, sĂȘ hulle: âDaar is die koning van Israel!â en hulle het op hom toegesak. Josafat het om hulp geroep, en die Here het hom gehelp. God het die aanval van Josafat af weggekeer.
32Die aanvoerders van die strydwaens het gesien dit is nie die koning van Israel nie en het die agtervolging gestaak.
33Iemand het egter losweg 'n pyl afgeskiet, en diĂ© het die koning van Israel getref tussen die skubbe van sy harnas en die borsplaat. Hy sĂȘ toe vir sy drywer: âRuk die perde om en bring my uit die geveg uit. Ek is gewond.â
34Die geveg was dié dag egter so hewig dat die koning van Israel tot die aand toe op sy strydwa moes bly staan in die geveg teen die Arameërs. Teen laatmiddag is hy dood.