Afrikaans 1983 Bible - 22 verses
1In die land Us was daar 'n man met die naam Job. Hy was vroom en opreg en het God gedien en die kwaad vermy.
2Hy het sewe seuns en drie dogters gehad
3en was ook die eienaar van sewe duisend stuks kleinvee, drie duisend kamele, vyf honderd paar trekosse, vyf honderd donkies en baie slawe. Onder die mense in die ooste was hy die belangrikste man.
4Sy seuns het om die beurt partytjies gehou in mekaar se huise. By sulke geleenthede het hulle dan hulle drie susters genooi om saam met hulle fees te vier.
5NĂĄ so 'n reeks partytjies het Job dan sy seuns en dogters beveel om hulle vir die bring van offers te reinig, en vroeg die mĂŽre het hy vir hulle almal 'n brandoffer gebring, âwant,â het Job gesĂȘ: âmiskien het my kinders gesondig en God in hulle gedagtes gevloek.â Job het dit elke keer gedoen.
6Op 'n dag het die hemelwesens voor die Here kom staan, en die Satan was ook onder hulle.
7Toe vra die Here vir hom: âWaar kom jy vandaan?â En die Satan antwoord die Here: âEk het die wĂȘreld deurkruis.â
8Die Here vra toe vir die Satan: âEn my dienaar Job, het jy hom raakgesien? Sy gelyke kry jy nie op aarde nie: hy is vroom en opreg, hy dien My en vermy die kwaad.â
9Toe antwoord die Satan die Here: âDit is nie sonder rede dat Job U dien nie!
10U beskerm hom dan, en sy huis en al sy goed. U maak alles wat hy doen, voorspoedig. Selfs sy vee teel vinnig aan.
11Maar raak nou net aan sy besittings en kyk of hy U nie in u gesig vervloek nie.â
12Toe sĂȘ die Here vir die Satan: âAlles wat hy het, gee Ek in jou mag oor. Net aan hom self mag jy nie raak nie.â Die Satan het daarna van die Here af weggegaan.
13En eendag, toe Job se seuns en dogters besig was om te eet en wyn te drink in hulle oudste broer se huis,
14kom 'n boodskapper by Job met die nuus: âDie osse was aan die ploeg, en die donkies het langsaan gewei.
15Toe oorval mense uit Skeba ons en hulle roof alles en maak die slawe dood. Net ek het weggekom om dit vir u te vertel.â
16Hy was nog aan die praat, toe kom daar nog een met die nuus: âWeerlig het die kleinvee en hulle wagters doodgeslaan en verbrand. Net ek het weggekom om dit vir u te vertel.â
17Hy was nog aan die praat, toe kom daar nog een met die nuus: âDrie groepe GaldeĂ«rs het die kamele geroof en is daarmee weg nadat hulle die slawe doodgemaak het. Net ek het weggekom om dit vir u te vertel.â
18Hy was nog aan die praat, toe kom daar nog een met die nuus: âU seuns en dogters was besig om te eet en wyn te drink in die huis van hulle oudste broer.
19Meteens het daar 'n sterk wind van die woestyn se kant af opgekom en die huis van al vier kante af op u kinders omgewaai. Almal is dood. Net ek het weggekom om dit vir u te vertel.â
20Toe het Job opgestaan en sy klere geskeur. Hy het ook sy hare afgeskeer. Daarna het hy op die grond gaan lĂȘ en gesĂȘ:
21âSonder iets het ek in die wĂȘreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit. Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here.â
22Onder alles het Job nie gesondig of God iets verwyt nie.