Afrikaans 1983 Bible - 6 verses
1'n Pelgrimslied. Toe die Here die lot van Sion verander het, was dit vir ons soos 'n droom.
2Ons het gelag en gesing. Onder die nasies het hulle gesê: “Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.”
3Die Here hét groot dinge aan ons gedoen; ons was bly.
4Verander tog ook nou ons lot, Here, soos U droë spruite in die Suidland in waterstrome verander.
5Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring.
6Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra, hy kom juigend terug terwyl hy sy gerwe dra.