Afrikaans 1983 Bible - 6 verses
1'n Pelgrimslied. Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien en sy wil doen.
2Die vrug van jou arbeid sal jy geniet, gelukkig en voorspoedig sal jy wees.
3Jou vrou is in jou huis soos 'n vrugbare wingerdstok, jou seuns is rondom jou tafel soos jong olyfboompies!
4Kyk, so word die man geseΓ«n wat die Here dien.
5Mag die Here jou seΓ«n uit Sion, dat jy die voorspoed van Jerusalem kan aanskou al die dae van jou lewe,
6 en dat jy jou kindskinders mag sien. Mag daar vir Israel vrede wees!