Afrikaans 1983 Bible - 3 verses
1'n Pelgrimslied. Van Dawid. Selfverheffing en hoogmoed is daar nie by my nie, Here. Ek maak my nie besorg oor groot dinge nie, dinge wat bo my vermoΓ« is.
2Ek het rus en kalmte gevind. Soos 'n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind.
3Wag op die Here, Israel, nou en vir altyd.