Afrikaans 1983 Bible - 12 verses
1Van Dawid. Laat reg aan my geskied, Here, want ek is onskuldig. Ek het op die Here vertrou en nie getwyfel nie.
2Toets my, Here, keur my, ondersoek my deur en deur.
3Ek laat my deur u liefde lei en ek lewe deur u trou.
4Ek hou my nie op met bedrieΓ«rs nie en met agterbakse mense gaan ek nie om nie.
5Ek vermy die geselskap van misdadigers en hou my nie op met goddeloses nie.
6As 'n onskuldige, Here, was ek my hande en draai ek na u altaar toe
7om my loflied te sing en van al u wonders te vertel.
8Here, u woonplek, die tuiste van u heerlikheid, het ek lief.
9Moet my tog nie saam met die sondaars, met die moordenaars laat omkom nie.
10Daar is bedrog in hulle hande, hulle regterhande is vol omkoopgeld.
11Maar ek is onskuldig. Red my en wees my genadig;
12dan is my pad vorentoe gelyk en sal ek die Here prys in die samekoms van die gemeente.