Afrikaans 1983 Bible - 11 verses
1Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid.
2Hoor my as ek kla, o God, beskerm my lewe teen die bedreiging van die vyand!
3Bewaar my van die komplotte van kwaadwilliges, van die kwaadstokery van mense wat onreg doen,
4wat met skerp tonge vir swaarde en giftige woorde vir pyle
5uit hinderlae lostrek op 'n onskuldige mens. Uit die bloute trek hulle selfversekerd op hom los.
6Hulle smee bose planne en kom ooreen om strikke te stel. Hulle dink niemand sien hulle nie.
7Hulle beplan skelmstukke en sΓͺ: βOns het 'n volmaakte komplot gesmee, want wat binne in 'n mens is, wat hy uitgedink het, is 'n geheim.β
8Dan tref God hulle met 'n pyl, en meteens is hulle daarmee heen:
9hulle eie tonge het hulle tot 'n val gebring! Elkeen wat dit sien, knik met voldoening die kop.
10Met groot ontsag getuig almal dan van die dade van God omdat hulle insig gekry het in wat Hy doen.
11Laat die regverdige hom in die Here verbly en sy toevlug by Hom soek, laat al die opregtes Hom prys.