Afrikaans 1983 Bible - 46 verses
1āJy moet vir AƤron en sy seuns soos volg wy om My te dien as priesters: vat 'n bul en twee ramme, almal sonder liggaamsgebrek,
2brood sonder suurdeeg, ringbrood sonder suurdeeg, geknie met olie, en roosterkoeke sonder suurdeeg, met olie gesmeer. Jy moet dit van koringmeel maak.
3āSit dit in 'n mandjie en bring die mandjie, die bul en die twee ramme na die heiligdom toe.
4Laat AƤron en sy seuns na die deur van die tent van ontmoeting toe kom, en was hulle met water.
5āVat die klere en trek vir AƤron die priesterklere, die skouerkleed, die mantel wat saam met die skouerkleed gedra word, en die borssak aan. Maak die skouerkleed vas met die gordel.
6Bind die tulband om sy kop en sit die gewyde priesterkroon op die tulband.
7Vat olie en salf hom deur dit op sy kop uit te giet.
8āNet so moet jy sy seuns laat naderkom en vir hulle ook priesterklere laat aantrek.
9Bind die serpe om AƤron en sy seuns en bind die kopdoeke vir hulle vas. Die priesterskap moet vir hulle 'n blywende amp wees. āJy moet vir AƤron en sy seuns soos volg wy:
10bring die bul tot voor die tent van ontmoeting. Dan moet AƤron en sy seuns hulle hande op die bul se kop sit.
11Slag dan die bul by die deur van die tent van ontmoeting in my teenwoordigheid.
12Vat van die bul se bloed en smeer dit met jou vingers aan die horings van die altaar. Gooi dan die bloed aan die voet van die altaar uit.
13Vat al die vet wat oor die binnegoed is, die punt van die lewer, die twee niere en die niervet en verbrand dit op die altaar.
14Jy moet die bul se vleis, vel en pensmis buite die kamp verbrand. Dit is 'n sondeoffer.
15āVat dan die een ram en laat AƤron en sy seuns hulle hande op sy kop sit.
16Slag die ram, vat sy bloed en sprinkel dit oral op die altaar.
17Sny die ram op in stukke, was sy binnegoed en pootjies en sit dit neer by die stukke vleis en die kop.
18Verbrand dan die hele ram op die altaar. Dit is 'n brandoffer vir My, die Here, 'n vuuroffer wat Ek met graagte aanvaar.
19āVat die ander ram en laat AƤron en sy seuns hulle hande op sy kop sit.
20Slag die ram en vat van sy bloed en smeer dit aan die regteroorlelle van AƤron en sy seuns, ook aan hulle regterduime en regtergroottone. Sprinkel dan die bloed oral op die altaar.
21Vat van die bloed op die altaar en van die salfolie en sprinkel dit op AƤron en sy klere, en op sy seuns en hulle klere. Dan sal hy en sy klere, en sy seuns en hulle klere gewy wees.
22Vat die ram waarmee AƤron en sy seuns gewy word, se vet, die vetstert, die vet wat oor die binnegoed is, die punt van die lewer, die twee niertjies, die niervet en die regterboud,
23asook 'n ringbrood, 'n oliekoek en 'n roosterkoek uit die mandjie wat jy na die heiligdom toe gebring het,
24en sit dit alles op AƤron en sy seuns se hande dat hulle dit heen en weer beweeg as 'n beweegoffer vir My, die Here.
25Vat dit dan uit hulle hande en verbrand dit op die altaar as 'n brandoffer, 'n vuuroffer wat Ek met graagte aanvaar.
26Vat die bors van die ram wat gebruik is vir AƤron se wyding, en beweeg dit heen en weer as beweegoffer voor My. Daarna kan jy dit vir jou vat.
27Die ram waarmee AƤron en sy seuns gewy is, se bors wat as beweegoffer beweeg is, en die boud wat as offergawe aangebied is, moet opsy gesit word vir AƤron en sy seuns.
28Dit is 'n blywende reƫling vir die Israeliete dat AƤron en sy seuns hierdie deel kry. Dit is 'n offergawe en sal altyd 'n offergawe van die Israeliete wees. Hulle offergawe vir die Here moet uit hulle maaltydoffers geneem word.
29āDie gewyde klere van AƤron moet na sy dood gebruik word om sy opvolgers daarin te salf en as priesters te wy.
30AƤron se seun wat hom as priester opvolg en in die tent van ontmoeting ingaan om in die heiligdom diens te doen, moet die klere sewe dae aanhou.
31āVat die ram wat vir die wyding gebruik is, en kook die res van sy vleis in 'n plek wat gewy is
32sodat AƤron en sy seuns die vleis by die deur van die tent van ontmoeting kan eet saam met die brood in die mandjie.
33Hulle moet die offer eet waarmee vir hulle versoening gedoen is by hulle wyding en reiniging. 'n Persoon wat nie priester is nie, mag nie daarvan eet nie, want dit is gewyd.
34As daar die volgende mƓre gewyde vleis en brood oor is, moet jy dit verbrand. Dit mag dan nie meer geƫet word nie, want dit is gewyd.
35Jy moet met AƤron en sy seuns doen presies soos Ek jou beveel het. Jy moet hulle sewe dae lank as priesters wy.
36Elke dag moet jy 'n bul as sondeoffer offer. Jy moet die altaar deur jou versoeningsoffer reinig en dit salf om dit te wy.
37Sewe dae lank moet jy 'n versoeningsoffer op die altaar bring en dit wy. Dan sal die altaar besonder gewyd wees en alles wat daaraan raak, sal ook gewyd wees.ā
38āJy moet die volgende op die altaar offer: elke dag twee jaaroud lammers,
39een in die mƓre en een in die aand.
40Saam met die eerste lam moet jy een en 'n half kilogram fynmeel offer, gemeng met een liter suiwer olie en een liter wyn.
41Die tweede lam moet jy teen die aand offer met dieselfde offer van meel, olie en wyn daarby as in die oggend. Dit moet 'n vuuroffer wees wat Ek met graagte aanvaar.
42āJulle nakomelinge moet altyd 'n brandoffer vir My bring by die deur van die tent van ontmoeting. Dit is waar Ek julle sal ontmoet en met jou sal praat.
43DƔƔr sal Ek die Israeliete ontmoet en daar sal hulle geheilig word deur my magtige teenwoordigheid.
44Ek sal die tent van ontmoeting en die altaar heilig en ook vir AƤron en sy seuns om My as priesters te dien.
45Ek sal tussen die Israeliete woon en hulle God wees.
46So sal hulle besef dat Ek, die Here, hulle God is wat hulle uit Egipte bevry het om tussen hulle te woon. Ek is die Here hulle God!ā