Afrikaans 1983 Bible - 35 verses
1Toe die volk sien dat Moses talm en nie van die berg af kom nie, het hulle om AĂ€ron saamgedrom en vir hom gesĂȘ: âKom maak vir ons 'n god dat hy ons kan lei. Hierdie man Moses het nou wel vir ons uit Egipte laat wegtrek, maar ons weet nie wat van hom geword het nie.â
2AĂ€ron het hulle geantwoord: âHaal die goue oorringe van julle vrouens, julle seuns en julle dogters se ore af en bring dit vir my.â
3Die hele volk het toe die goue ringe van hulle ore afgehaal en dit vir AĂ€ron gebring.
4Hy het dit van hulle ontvang, dit verwerk en daarvan 'n beeld in die vorm van 'n bulkalf gemaak. Toe sĂȘ die volk: âHier is jou God wat jou uit Egipte bevry het, Israel!â
5Toe AĂ€ron dit hoor, het hy 'n altaar voor die beeld gebou en uitgeroep: âMĂŽre is daar fees vir die Here!â
6Vroeg die volgende mĂŽre het die volk brandoffers en maaltydoffers geoffer. Daarna het die volk begin feesvier en losbandig te kere gegaan.
7Toe sĂȘ die Here vir Moses: âKlim van die berg af, want jou volk wat jy uit Egipte laat wegtrek het, het iets vreesliks gedoen.
8Hulle het gou die pad verlaat wat Ek vir hulle aangewys het en hulle het vir hulle 'n beeld van 'n bulkalf gemaak. Nou aanbid hulle hom en bring vir hom offers en sĂȘ: Hier is jou God wat jou uit Egipte bevry het, Israel.â
9Verder het die Here vir Moses gesĂȘ: âEk het gesien dat dit 'n opstandige volk is hierdie.
10Moet My nie probeer keer nie. Ek is toornig op my volk en Ek wil hulle vernietig. Vir jou sal Ek dan tot 'n groot nasie maak.â
11Maar Moses het by die Here sy God gepleit en gesĂȘ: âHere, waarom is U toornig op u volk vir wie U deur u groot mag en met kragtige dade uit Egipte bevry het?
12Waarom moet die Egiptenaars kan sĂȘ: âHy het die Israeliete bevry met die bose plan om hulle tussen die berge dood te maak en hulle heeltemal te vernietigâ? âLaat u toorn bedaar en wees u volk genadig. Moet tog nie diĂ© ramp oor hulle laat kom nie.
13Dink aan wat U met 'n eed beloof het aan u dienaars, aan Abraham, Isak en Israel toe U vir hulle gesĂȘ het: Ek sal julle nageslag so baie maak soos die sterre aan die hemel. Die hele landstreek wat Ek belowe het, sal Ek vir julle nageslag gee om vir altyd in besit te neem.â
14Toe het die Here daarvan afgesien om die ramp waarvan Hy gepraat het, oor sy volk te bring.
15Daarna het Moses omgedraai en van die berg af gegaan met die twee plat klippe waarop die getuienis was, in sy hand. Aan weerskante was daar op hulle geskryf,
16en dit was die werk van God. Dit was 'n inskripsie wat deur God op die klippe gegraveer is.
17Toe Josua die volk hoor lawaai, sĂȘ hy vir Moses: âDaar is oorlog in die kamp!â
18Maar Moses het gesĂȘ: âDit klink nie na oorwinning nie, dit klink nie na neerlaag nie, wat ek hoor, klink na feesviering.â
19Toe Moses naby die kamp kom en die kalf en die dansery sien, het hy woedend geword en die twee plat klippe in sy hand flenters gegooi teen die voet van die berg.
20Daarna vat hy die kalf wat hulle gemaak het, gooi dit in die vuur, maal dit fyn soos stof en strooi dit op die water. Toe laat hy die Israeliete die water drink.
21Moses het vir AĂ€ron gesĂȘ: âWat het hierdie volk jou aangedoen dat jy hulle hierdie groot sonde laat doen het?â
22Maar AĂ€ron antwoord: âU moenie kwaad wees nie. U weet self hoe sleg die volk is.
23Hulle het vir my gesĂȘ: âMaak vir ons 'n god dat hy ons kan lei. Hierdie Moses het nou wel vir ons uit Egipte laat wegtrek, maar ons weet nie wat van hom geword het nie.â
24Toe sĂȘ ek vir hulle: âDiĂ© wat goud aan hulle het, moet dit afhaal en vir my gee.â Ek het dit in die vuur gegooi, en hierdie bulkalf het daaruit gekom.â
25Toe Moses hoor dat dit die volk is wat op loop gesit het, en dat dit AĂ€ron is wat hulle op loop laat sit het, sodat hulle 'n spot by hulle vyande geword het,
26het hy by die ingang van die kamp gaan staan en gesĂȘ: âWie vir die Here is, kom hier na my toe!â Al die Leviete het om hom bymekaargekom.
27Moses sĂȘ toe vir hulle: âSo sĂȘ die Here die God van Israel: Elkeen moet sy swaard vat, kruis en dwars deur die kamp gaan en doodmaak, ongeag of dit familie, vriende of bure is.â
28Die Leviete het gedoen wat Moses gesĂȘ het, en daardie dag is sowat drie duisend om die lewe gebring.
29Toe het Moses vir die Leviete gesĂȘ: âVandag is julle gewy vir diens aan die Here, want julle het selfs teen seuns en broers opgetree. Om hierdie rede gee die Here vandag aan julle hierdie besondere voorreg.â
30Die volgende dag het Moses vir die volk gesĂȘ: âJulle het 'n ernstige sonde gedoen, maar ek klim nou na die Here toe op en miskien kry ek by Hom vir julle vergifnis vir julle sonde.â
31Moses het toe na die Here toe teruggegaan en gesĂȘ: âHierdie volk het 'n ernstige sonde gedoen deur vir hulle 'n god van goud te maak.
32Vergewe tog hulle sonde. As dit nie kan nie, moet U my naam maar uitvee uit die boek wat U geskrywe het.â
33Maar die Here het hom geantwoord: âNee, Ek sal hulle wat teen My gesondig het, se name uit my boek uitvee.
34Gaan lei jy nou die volk na die plek toe waarvan Ek met jou gepraat het. My engel sal voor jou uit gaan. Op die dag dat Ek rekenskap eis, sal Ek die volk straf oor hulle sonde.â
35Die Here het die volk met 'n ramp getref oor die kalf wat AĂ€ron op hulle aandrang gemaak het.