Afrikaans 1983 Bible - 14 verses
1'n Uitspraak van die Here teen Damaskus: Damaskus gaan ophou om 'n stad te wees, hy word 'n puinhoop.
2Die buitedorpe van AroĂ«r sal verlate lĂȘ, daar sal net kleinvee wees. Hulle sal daar lĂȘ en niemand sal hulle opjaag nie.
3Vestingstede sal verdwyn uit Efraim, koninklike mag uit Damaskus. Wat van die ArameĂ«rs oorbly, sal so min mag hĂȘ soos die Israeliete, sĂȘ die Here die Almagtige.
4Daardie dag sal Jakob se mag onbeduidend word en sy voorspoed sal verdwyn.
5Dit sal wees soos wanneer iemand wat oes, die graanhalms bymekaargevat en die are afgesny het. Dit sal wees soos wanneer iemand ook die are wat geval het, opgetel het in Spooklaagte.
6As dan nog iets agterbly om te oes, sal dit wees soos nadat olywe afgeslaan is: twee of drie rypes aan die punt van 'n tak, vier of vyf aan die takkies wat gedra het, sĂȘ die Here die God van Israel.
7Daardie dag sal die mens weer sy hoop op sy Maker vestig, sy hulp van die Heilige van Israel verwag.
8Hy sal nie meer sy hoop vestig op die altare, die werk van sy eie hande nie. Hy sal nie hulp verwag van die gewyde pale en die wierookaltare wat hy self gemaak het nie.
9Daardie dag sal Israel se vestingstede verlate lĂȘ, so verlate soos die boswĂȘreld waaruit die inwoners destyds vir die Israeliete gevlug het. Die stede sal sonder inwoner wees.
10Jy, Israel, het die God wat jou altyd gehelp het, verlaat; jy het gemaak of die Rots wat jou toevlug was, nie meer daar is nie. LĂȘ maar pragtige tuine aan vir jou afgode, plant maar allerlei uitheemse struike;
11al kan jy hulle laat groei dieselfde dag as jy hulle plant, hulle laat uitspruit die mĂŽre as jy hulle in die grond sit, van die oes sal niks kom wanneer siekte en smart jou tref nie.
12Ellende wag vir die baie nasies wat net so onstuimig as die see is, die opstandige volke wat te kere gaan soos magtige waters,
13die opstandige volke wat te kere gaan soos die groot waters. Wanneer die Here hulle aanspreek, sal hulle ver weg vlug, weggedryf oor die berge soos kaf voor die wind, soos tolbosse voor 'n stormwind.
14Die aand nog saai die nasies verskrikking maar voor dit mÎre is, is hulle weg. Dit is wat sal gebeur met dié wat nou ons land stroop, dit is die bestemming van dié wat ons besittings plunder.