Afrikaans 1983 Bible - 26 verses
1Die Here die almagtige God gaan uit Jerusalem en Juda elke stut en steunpilaar verwyder: almal wat sorg vir brood en water,
2elke weerbare burger, elke soldaat, regter, profeet, waarsĂȘer, leier,
3offisier, hoë amptenaar, raadgewer, kundige vakman en ervare besweerder.
4Die Here sal aan onvolwassenes gesag gee oor die volk, wispelturige mense sal oor hulle heers.
5Die volk sal mekaar te lyf gaan, man teen man, vriend teen vriend; seuns sal grysaards te lyf gaan, en dié wat nie gesag het nie, die vooraanstaandes.
6As iemand sy broer in die ouerhuis pak en sĂȘ: âJy het darem nog behoorlike klere, wees ons leier en regeer oor hierdie vervalle spul,â
7sal hy op daardie dag uitroep: âEk wil nie die leiding neem nie! Daar is nie kos en ook nie behoorlike klere in my huis nie; moet my nie aanstel as leier van die volk nie.â
8Jerusalem het gewaggel, Juda het in duie gestort omdat hulle hulle met woord en daad teen die Here en teen sy gesag verset het.
9Hulle partydigheid in die regspraak getuig teen hulle. Hulle sondig openlik soos Sodom, hulle steek niks weg nie. Ellende wag vir hulle, hulle het die ramp verdien!
10SĂȘ vir die regverdiges met hĂșlle sal dit goed gaan; hulle sal die vrug van hulle dade geniet.
11Maar ellende wag vir die skuldiges; wat hulle gedoen het, sal aan hĂșlle gedoen word.
12My volk het kinders as regeerders, vrouens as heersers. My volk, jou leiers verlei jou en bring jou van koers af.
13Die Here is gereed vir die regsaak, Hy staan klaar om oor die volk te oordeel.
14Die Here begin die saak teen die leiers en die hoĂ« amptenare van sy volk: Julle het die wingerde gestroop; wat van die hulpeloses geroof is, lĂȘ in julle huise.
15Wat besiel julle dat julle my volk vertrap en die hulpeloses verdruk? vra die Here my God, die Almagtige.
16Verder het die Here gesĂȘ: Omdat die vrouens van Sion hoogmoedig is en kop in die lug rondloop terwyl hulle ogies maak, wegstap met trippelgang en hulle enkelringe laat rinkel,
17sal Ek, die Here, hulle hare afskeer. Ja, die Here sal hulle koppe kaalskeer.
18Op dié dag sal die Here die versiersels wegneem: enkelringe, sonnetjies en maantjies,
19oorbelletjies en armbande, sluiers
20en hooftooisels, voetkettinkies, versierde gordels, reukwater en gelukbringertjies,
21ringe en neusringe,
22feesklere, mantels en tjalies, handsakkies
23en spieëltjies, spogrokkies, kopdoekies en skouermanteltjies.
24In plaas van reukwater sal daar stank wees, in plaas van 'n gordel 'n tou, in plaas van gekrulde hare 'n kaalkop, in plaas van 'n fyn kledingstuk 'n harige roukleed, in plaas van skoonheid die brandmerk van 'n slaaf.
25Jerusalem, jou manne sal deur die swaard val en jou jongmanne in die oorlog.
26Jou poorte sal treur en rou, en jy sal sonder mense sit.