Afrikaans 1983 Bible - 25 verses
1So sĂȘ die Here aan sy gesalfde, aan Kores, vir wie Hy as heerser aangestel het, aan wie Hy nasies onderwerp en voor wie Hy konings hulle wapens laat neerlĂȘ, voor wie Hy deure oopmaak en poorte nie gesluit laat bly nie:
2Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes gelykmaak. Ek sal bronspoorte oopbreek en sluitbalke van yster stukkend kap.
3Ek sal vir jou die skatte gee wat in die donker gebĂȘre word, die rykdomme wat weggesluit is, sodat jy kan weet dat Ek die Here is, dat Ek jou op jou naam geroep het, Ek, die God van Israel.
4Ter wille van my dienaar Jakob, van Israel wat Ek uitverkies het, het Ek jou op jou naam geroep, gee Ek jou 'n eretitel hoewel jy My nie ken nie.
5Ek is die Here, daar is geen ander nie, buiten My is daar geen God nie. Ek rus jou toe vir jou taak al ken jy My nie.
6Ek doen dit sodat elkeen van die ooste af tot in die weste kan weet dat daar buiten My geen God is nie; Ek is die Here, daar is geen ander nie.
7Ek maak die lig en skep die donker; Ek gee voorspoed en skep rampspoed. Ek is die Here, Ek doen al hierdie dinge.
8Laat die reën uitsak, hemel, laat redding reën, wolke, breek oop, aarde, laat voorspoed ontkiem, laat trou uitspruit. Ek is die Here, Ek skep hierdie dinge.
9Ellende wag vir hom wat die Een verwyt wat hom gevorm het, 'n potskerf tussen potskerwe van klei. Durf die klei vir die een wat dit vorm, sĂȘ: âWat maak jy?â Durf wat jy gemaak het, van jou sĂȘ: âHy kan nie sy hande gebruik nie!â
10Ellende wag vir hom wat vir sy pa sĂȘ: âWaarom verwek u 'n kind?â of vir sy ma: âWaarom bring u 'n kind in die wĂȘreld?â
11So sĂȘ die Here, die Heilige van Israel, die Skepper van Israel: Durf julle van My rekenskap vra oor wat gaan gebeur? Durf julle aan My voorskryf oor my kinders en oor die werk van my hande?
12Ek het die aarde gemaak; die mensdom wat daarop is, het Ek geskep. Ek het met my hande die hemel oopgespan en Ek het aan al die hemelliggame hulle opdragte gegee.
13Ek het vir Kores te voorskyn laat tree om reg te laat geskied; Ek verwyder elke hindernis op sy pad. Hy sal my stad weer opbou en my ballinge terugstuur sonder dat hy betaling of 'n geskenk daarvoor ontvang, sĂȘ die Here die Almagtige.
14So sĂȘ die Here: Die opbrings van Egipte en die winste van Kus sal na jou toe oorgaan en sal joune wees, ook die mense van Seba, die groot mense. Hulle sal agter jou loop en jou volg in kettings, hulle sal diep voor jou buig en teenoor jou bely: âWaarlik, God is by jou, en daar is geen ander nie, daar is nie nog 'n God nie.â
15U is die God wat U verborge hou, die God van Israel, die Redder!
16Dié wat afgode maak, staan almal verleë, teleurgestel in hulle verwagting, hulle kom bedroë daarvan af.
17Maar Israel word deur die Here gered met 'n blywende redding. Hulle sal nie verleë staan nie en nooit teleurgestel word nie.
18So sĂȘ die Here, Hy wat die hemel geskep het, Hy wat alleen God is, Hy wat die aarde gevorm, gemaak het, dit gereed gemaak, geskep het, dit gevorm het, nie om leeg te wees nie, maar om bewoon te word: Ek is die Here; daar is geen ander nie.
19Ek het nie in die geheim gepraat iewers in 'n donker land nie. Ek het nie aan die nakomelinge van Jakob gesĂȘ om My in 'n onbewoonbare land te dien nie. Wat Ek, die Here, sĂȘ, bring redding, my woorde gee lewe.
20Kom almal bymekaar, kom nader vir die beslissing, vlugtelinge uit die nasies. Dié wat afgodsbeelde dra wat van hout gemaak is, en tot 'n god bid wat nie kan red nie, het geen insig nie.
21Stel julle saak en bring julle bewyse, beraadslaag gerus met mekaar daaroor. Wie het wat nou gebeur, lankal aangekondig? Wie het al vantevore gesĂȘ dit sal gebeur? Is dit nie Ek, die Here, nie? Daar is buiten My geen God nie; net Ek is 'n God wat regverdig is en red.
22Kom na My toe dat julle gered kan word, almal op die aarde, want Ek is God, daar is geen ander nie.
23Ek lĂȘ 'n eed af in my eie Naam, wat Ek sĂȘ, is betroubaar, dit is 'n woord wat nie onvervul sal bly nie: voor My sal elke knie buig, in my Naam sal elke tong 'n eed aflĂȘ.
24Hulle sal sĂȘ: âNet van die Here kom daar redding en krag.â Almal wat teen Hom te kere gegaan het, sal beskaamd daarvan afkom wanneer hulle voor Hom moet verskyn.
25Maar al die nakomelinge van Israel sal gered word omdat hulle aan die Here behoort, en hulle sal in Hom roem.