Afrikaans 1983 Bible - 23 verses
1Luister na My, julle wat wil reg doen, julle wat na die wil van die Here vra: Dink aan die rots waaruit julle gekap is, aan die klipgroef waaruit julle gegrawe is.
2Dink aan Abraham, julle voorvader, aan Sara wat vir julle in die wĂȘreld gebring het. Ek het Abraham geroep toe hy kinderloos was en Ek het hom geseĂ«n en hom 'n groot nageslag gegee.
3Nou gaan die Here Hom oor Sion ontferm, Hy gaan Hom oor al die puinhope daar ontferm. Hy gaan die woestyngedeeltes maak soos Eden, die barre wĂȘreld soos die tuin van die Here. Daar sal vreugde en blydskap in Sion wees, daar sal gedank en gesing word.
4Luister na My, my volk, my volk, gee aandag aan wat Ek sĂȘ: My onderrig sal uitgaan na die volke toe, my wil sal vir die nasies die koers aanwys.
5Die redding wat Ek bring, kom baie gou, die verlossing wat Ek bewerk, is op pad, Ek self regeer oor die nasies. Die eilande wag op My, hulle wag dat Ek My laat geld.
6Kyk op na die hemel, kyk na die aarde hier onder: die hemel sal soos rook verdwyn, die aarde sal word soos ou klere, en almal wat daarop woon, sal doodgaan soos muggies, maar die verlossing wat Ek bewerk, sal vir altyd wees, die redding wat Ek bring, sal altyd bly.
7Luister na My, julle wat doen wat reg is, volk in wie se hart my wet is, moenie bang wees vir die spot van mense nie, moenie skrik as hulle julle beledig nie.
8Hulle is soos lap wat deur motte gevreet word, soos wol wat deur vismotte verniel word. Maar die redding wat Ek bring, sal vir altyd wees, die verlossing wat Ek bewerk, sal daar wees vir elke geslag.
9Gryp in, Here, gryp in! Toon u mag, u krag! Gryp in soos in die ou tyd, soos in tye lank gelede. Is dit dan nie U wat vir Rahab verslaan het nie, wat die seemonster deurboor het nie?
10Is dit nie U wat die see, die groot diep waters laat opdroog het nie, U wat op die seebodem 'n pad gemaak het sodat dié wat verlos is, kon deurgaan nie?
11Dié wat deur die Here verlos is, sal terugkeer, hulle sal juigend in Sion aankom, hulle sal altyd straal van blydskap, hulle sal vol vreugde en blydskap wees, ellende en smart sal verdwyn.
12Ek is die Here, Ek bring uitkoms vir julle. Hoe is dit dan dat jy bang is vir 'n sterflike mens, vir 'n mens wat so maklik vergaan soos gras?
13Jy vergeet die Here wat jou gemaak het, wat die hemel oopgespan het, wat die aarde se fondamente gelĂȘ het. Jy was altyddeur bang vir die woede van die verdrukker, vir hom wat daarop uit was om jou te vernietig, maar waar is die woede van jou verdrukker nou?
14Binnekort sal dié wat nog gevange gehou word, vrygelaat word, die ballingskap sal nie hulle graf word nie, en hulle sal nie honger ly nie.
15Ek is die Here jou God, Ek laat die see onstuimig word, Ek laat sy golwe druis. Sy Naam is die Here die Almagtige!
16Ek het vir jou gesĂȘ wat jy moet sĂȘ, en jou beskerm in die skaduwee van my hand, want Ek het die hemel oopgespan en die aarde se fondamente gelĂȘ en vir Sion gesĂȘ: Jy is my volk.
17Word wakker, word wakker! Staan op, Jerusalem! Jy wat die oordeelsbeker uit die hand van die Here gedrink het, wat die beker gedrink het wat jou laat steier het, dit leeggedrink het!
18Onder al die seuns wat jy in die wĂȘreld gebring het, was daar nie een wat jou gelei het nie, onder almal wat jy grootgemaak het, was daar nie een wat jou aan die hand gevat het nie.
19Kyk wat het jou alles getref. Wie het nog medelye met jou? Daar is net verwoesting en vernietiging, hongersnood en bloedvergieting. Wie kan vir jou uitkoms gee?
20Soos wild wat in 'n vangnet gevang is, lĂȘ jou seuns magteloos op die hoeke van die strate, voluit getref deur die toorn van die Here, deur die straf van jou God.
21Luister dan tog hierna, jy wat in soveel ellende verkeer, jy wat dronk is, maar nie van wyn nie.
22So sĂȘ die Here, jou Here en jou God wat die saak van sy volk behartig: Ek gaan die beker wat jou laat steier het, uit jou hand wegvat, die beker van my toorn. Jy hoef nie verder daaruit te drink nie.
23Inteendeel, Ek sit dit in die hand van jou verdrukkers, hulle wat vir jou gesĂȘ het: âGaan lĂȘ dat ons oor jou kan loop.â Jy moes jou rug soos die grond maak, soos 'n straat vir diĂ© wat oor jou geloop het.