Afrikaans 1983 Bible - 17 verses
1Jubel, onvrugbare vrou, jy wat geen kinders in die wĂȘreld gebring het nie, jubel en juig, jy wat geen geboortepyne geken het nie, want jy, verstote vrou, gaan nou meer kinders hĂȘ as een wat getroud is, sĂȘ die Here.
2Maak groter die plek vir jou tent, maak breër jou tentdoeke, moenie suinig daarmee werk nie. Maak langer die tentlyne en slaan die tentpenne dieper in,
3want jy sal na alle kante toe uitbrei; jou nageslag sal nasies verdryf en in die stede wat nou verwoes is, gaan woon.
4Moenie bang wees nie, jy sal nie weer in die skande kom nie, moenie so verleë daar staan nie, jy sal nie weer verneder word nie. Jy sal die skande uit jou jong dae vergeet en nie meer dink hoe jy verneder is toe jy 'n weduwee was nie.
5Hy wat jou gemaak het, is jou man, sy Naam is die Here die Almagtige. Die Heilige van Israel is jou Verlosser; Hy word die God van die hele wĂȘreld genoem.
6Jy is 'n verstote en bitter bedroefde vrou, maar die Here roep jou terug, want hoe kan 'n man sy eie vrou vergeet? sĂȘ jou God.
7Net 'n oomblik het Ek jou verstoot, in my groot liefde vat Ek jou terug.
8In 'n opwelling van toorn wou Ek 'n kort tydjie niks met jou te doen hĂȘ nie, maar Ek ontferm My oor jou met 'n liefde wat nooit vergaan nie, sĂȘ die Here, jou Verlosser.
9Soos met die waters van Noag is dit vir My: soos Ek met 'n eed bevestig het dat die waters van Noag nie weer die aarde sal oorstroom nie, so bevestig Ek met 'n eed dat Ek nie langer toornig op jou sal wees en jou sal straf nie.
10Berge kan padgee, heuwels kan wankel, maar my liefde vir jou sal nooit verdwyn nie, my vredeverbond met jou sal nooit wankel nie, sĂȘ die Here, wat jou liefhet.
11Jy, verdrukte, bedreigde stad vir wie daar nie uitkoms was nie, Ek sal jou klippe vasmessel met goeie klei, Ek maak jou fondamente van saffiersteen.
12Ek maak jou torings van robyne en jou poorte van smarag, jou hele stadsmuur van kosbare klip.
13Al jou inwoners sal leerlinge van die Here wees, en hulle sal altyd vrede geniet.
14Geregtigheid sal in jou heers. Jy hoef nie bang te wees vir verdrukking nie, ook nie vir verskrikking nie, want dit sal nie naby jou kom nie.
15As iemand jou aanval, het Ek hom nie gestuur nie; wie jou aanval, sal die onderspit teen jou delf.
16Dit is Ek wat die ambagsman geskep het, die ambagsman wat die vuur aanblaas en allerhande wapens daarin smee. Dit is Ek wat die verwoester geskep het om af te breek.
17Geen wapen wat gesmee word om jou aan te val, sal iets uitrig nie; elkeen wat vals teen jou getuig, sal gestraf word. Dit is hoe Ek, die Here, vir my dienaars sorg. Ek laat geregtigheid aan hulle geskied, sĂȘ die Here.