Afrikaans 1983 Bible - 21 verses
1Die Here het vir my gesĂȘ: Al het Moses en Samuel self by My gepleit, sou Ek geen gevoel vir diĂ© volk gehad het nie. Stuur hulle weg van my teenwoordigheid af, laat hulle gaan.
2En as hulle vir jou vra: âWaar moet ons dan heen?â moet jy vir hulle sĂȘ: So sĂȘ die Here: Wie vir pes bestem is, pes toe, wie vir die swaard bestem is, swaard toe, wie vir hongersnood bestem is, hongersnood toe, wie vir ballingskap bestem is, ballingskap toe.
3Ek gee oor hulle opdrag aan vier soorte goed, sĂȘ die Here: die swaard om dood te maak, honde om die lyke weg te sleep, voĂ«ls en roofdiere om hulle op te vreet en te vernietig.
4Ek maak dié volk iets waarvoor al die koninkryke van die aarde sal skrik. Ek doen dit oor wat koning Manasse van Juda, seun van Hiskia, in Jerusalem gedoen het.
5Wie sal vir jou jammer wees, Jerusalem, wie sal medelye met jou hĂȘ? Wie sal afdraai en kom vra hoe gaan dit met jou?
6Jy het My verwerp, sĂȘ die Here, jy het al erger geword. Daarom het Ek my hand teen jou uitgesteek en jou verwoes. Ek is moeg daarvan om jou straf te bly herroep.
7Ek het my volk met 'n gaffel uitgewan in die stede in die land, Ek het my volk se kinders weggevat, hom vernietig, want hy het hom nie bekeer van sy bose lewe nie.
8Ek het sy weduwees meer laat word as die sand van die see, Ek het op jongmanne se moeders helder oordag 'n aanrander laat toesak, Ek het skrik en angs hulle skielik laat oorval.
9Selfs die vrou wat sewe kinders gehad het, het ineengestort en na asem gesnak, haar son het ondergegaan toe dit nog dag was, sy was kinderloos en reddeloos. En wat daar van die volk oor is, lewer Ek aan sy vyande uit om dood te maak, sĂȘ die Here.
10Ellende het my getref, Ma, toe Ma my in die wĂȘreld gebring het. Ek is 'n man wat dwarsdeur die land mense moet beskuldig en met hulle moet twis. Ek het aan niemand iets geleen nie en by niemand geleen nie, tog vervloek almal my.
11Die Here het belowe: Ek laat jou op die volk los, maar ten goede, Ek sal vir jou by jou vyande voorspraak doen in tyd van nood en rampe.
12Kan 'n mens yster breek, yster uit die noorde, of brons?
13Ek laat ander jou rykdom, jou skatte vat, Israel, nie omdat Ek iets in ruil daarvoor kry nie maar omdat jy dwarsoor jou land gesondig het.
14Ek sal jou deur jou vyande laat wegvoer na 'n land toe wat jy nie ken nie. In my toorn sal daar 'n vuur losbreek, en dit sal jou brand.
15U weet alles, Here: dink aan my, neem my onder u sorg, straf my vervolgers oor wat hulle aan my doen. Moet tog nie u toorn laat voortduur en my laat sterf nie; neem tog in ag dat dit oor U is dat ek beledig word.
16Ek het u woorde verslind toe hulle gekom het, hulle was vir my 'n vreugde; ek was bly daaroor dat u Naam oor my uitgeroep is, Here, almagtige God.
17Ek kon nie sit waar daar gesels en gelag word en dit saam geniet nie; U het my in besit geneem en ek moes alleen sit, vol van die verontwaardiging wat van U af kom.
18Waarom is daar nie 'n einde aan my pyn nie, waarom is my wond ongeneeslik en wil dit nie gesond word nie? Ek kan nie op U reken nie, net so min as op 'n stroom wat nie standhoudend is nie.
19Die Here het toe gesĂȘ: As jy jou woorde terugneem, sal Ek jou weer in my diens neem. As wat jy sĂȘ, waarde sal hĂȘ en nie onsin sal wees nie, sal jy weer namens My kan praat. Die mense moet jĂłĂș volg, nie jy vir hulle nie.
20Ek maak jou vir hierdie volk 'n bronsmuur waardeur hulle nie kan dring nie; hulle sal teen jou veg, maar hulle sal jou nie oorweldig nie, want Ek is by jou, sĂȘ die Here, Ek sal jou help en jou red.
21Ek sal jou red uit die mag van slegte mense, jou bevry van dié wat op geweld uit is.