Afrikaans 1983 Bible - 15 verses
1Die Here het gesĂȘ: Gaan koop 'n kleipot en vat van die leiers van die volk en die priesters saam
2en gaan af na die Ben-Hinnomdal toe regoor die Potskerfpoort en kondig daar aan wat Ek vir jou sal sĂȘ.
3Jy moet sĂȘ: Hoor die woord van die Here, konings van Juda en inwoners van Jerusalem! So sĂȘ die Here die Almagtige, die God van Israel: Ek gaan oor hierdie plek 'n ramp bring wat elkeen wat daarvan hoor, se ore sal laat tuit.
4Julle het My verlaat en hierdie plek verontreinig deur hier vir ander gode offers te bring, gode waarvan julle, julle voorvaders en die konings van Juda nie voorheen geweet het nie. Julle het op dié plek baie onskuldige bloed vergiet,
5julle het vir BaÀl hoogtes gebou en julle seuns as brandoffers vir BaÀl verbrand, 'n ding wat Ek nie beveel het nie en nie oor gepraat het nie en wat nooit by My opgekom het nie.
6Daarom kom daar 'n tyd, sĂȘ die Here, dat diĂ© plek nie meer Tofet of Ben-Hinnomdal genoem sal word nie, maar Moorddal.
7Op hierdie plek sal Ek 'n end maak aan die planne van Juda en Jerusalem. Ek sal hulle vyande hulle met die swaard laat afmaai, hulle oorlewer in die mag van mense deur wie hulle nie gespaar sal word nie, en Ek sal hulle lyke deur voëls en roofdiere laat opvreet.
8En hierdie stad maak Ek iets waaroor mense net met afgryse vervul kan word en kan fluit. Elkeen wat hier verbykom, sal van verbasing fluit oor alles wat die stad getref het.
9Jerusalem sal beleër word deur vyande wat nie sy inwoners sal spaar nie. Hulle posisie sal benard word: Ek sal hulle hulle eie kinders laat eet, en die mense sal mekaar eet.
10Jy moet dan die pot breek voor die oë van die mense wat met jou saam is,
11en jy moet vir hulle sĂȘ: So sĂȘ die Here die Almagtige: Soos hierdie kleipot gebreek het en nie heelgemaak kan word nie, so sal Ek hierdie volk en hierdie stad breek. Hulle sal van Tofet 'n begraafplaas maak omdat daar nie ander plek sal wees nie.
12Dit is wat Ek aan diĂ© plek en sy inwoners sal doen, sĂȘ die Here: Ek sal die stad soos Tofet maak.
13Die huise in Jerusalem en die paleise van die konings van Juda sal soos die Tofetplek onrein wees, al die huise waar daar op die dakke wierookoffers gebring is vir die son, die maan en die sterre, en waar daar drankoffers uitgegiet is vir vreemde gode.
14Nadat Jeremia teruggekom het van Tofet af waar die Here hom as profeet laat optree het, het hy in die voorhof van die huis van die Here gaan staan en vir al die mense daar gesĂȘ:
15So sĂȘ die Here die Almagtige, die God van Israel: Ek gaan nou oor diĂ© stad en oor al die ander stede al die onheil laat kom wat Ek laat aankondig het, want die mense het koppig gebly en wou nie ag gee op wat Ek vir hulle gesĂȘ het nie.