Afrikaans 1983 Bible - 14 verses
1Die woord van die Here het tot Jeremia gekom toe koning Sedekia vir Pasgur seun van Malkija en die priester Sefanja seun van MaÀseja na Jeremia toe gestuur het met die versoek:
2âRaadpleeg asseblief die Here namens ons, want koning Nebukadnesar van Babel val ons aan. Miskien doen die Here ook vir ons 'n wonder en laat Hy Nebukadnesar van ons af wegtrek.â
3Jeremia het vir hulle gesĂȘ: Julle moet vir Sedekia sĂȘ:
4So sĂȘ die Here die God van Israel: Ek gaan die wapens laat terugdraai wat daar nou in julle hande is en waarmee julle buitekant die mure teen die koning van Babel en teen die GaldeĂ«rs veg. Ek gaan diĂ© wapens hier binne in die stad bymekaarbring
5en dan gaan Ek self teen julle veg met my groot mag en krag, in groot toorn, gramskap en woede.
6Ek gaan al wat in hierdie stad is, tref, mens en dier. Hulle sal aan die pes sterwe,
7en daarna, sĂȘ die Here, sal Ek koning Sedekia van Juda, sy amptenare en die mense in die stad wat pes, swaard en hongersnood vrygespring het, oorlewer in die mag van koning Nebukadnesar van Babel, in die mag van hulle vyande, in die mag van diĂ© wat hulle lewe soek. Die vyand sal die inwoners van Jerusalem afmaai sonder om te verskoon, sonder om jammer te kry, sonder genade.
8Daarna het die Here vir Jeremia gesĂȘ: Jy moet vir hierdie volk sĂȘ: So sĂȘ die Here: Ek gee julle die keuse: wil julle lewe of wil julle sterwe?
9Wie in hierdie stad bly, sal sterf, deur die swaard of deur hongersnood of deur pes. Wie uitgaan en na die Galdeërs toe oorloop deur wie julle beleër word, sal lewe, al sal hy net met sy lewe daarvan afkom.
10Ek het besluit om hierdie stad swaar te straf en hom nie te spaar nie, sĂȘ die Here. Die stad word oorgegee in die mag van die koning van Babel, en hy sal dit afbrand.
11Vir die koningshuis van Juda moet jy sĂȘ: Hoor die woord van die Here,
12huis van Dawid! So sĂȘ die Here: Sorg dat daar elke dag reg geskied, red die mens wat beroof word uit die mag van die uitbuiter. As julle dit nie doen nie, sal my toorn ontvlam soos 'n vuur en brand sonder dat iemand dit kan blus. Dit sal gebeur oor die sonde wat julle gedoen het.
13Ek is jou teenstander, Jerusalem, sĂȘ die Here, jy wat hier bokant die dal op die klipplaat lĂȘ, jy wie se inwoners sĂȘ niemand kan hulle aanval nie, niemand kan hulle skuilplekke binnedring nie.
14Ek gaan hulle straf oor wat hulle gedoen het, sĂȘ die Here, Ek gaan in die paleis 'n vuur aansteek wat alles rondom sal verbrand.