Afrikaans 1983 Bible - 31 verses
1As jy jou wil bekeer, Israel, moet jy jou tot My bekeer, sĂȘ die Here. As jy jou afskuwelike afgode voor My wegvat, moet jy nie meer dwaal nie.
2Wanneer jy 'n eed aflĂȘ en sĂȘ: âSo seker as die Here leef,â moet dit in waarheid wees, moet jy reg laat geskied en reg doen. Dan sal die nasies hulle seĂ«n van die Here verwag en in Hom roem.
3So sĂȘ die Here vir die mense van Juda en Jerusalem: Ploeg vir julle 'n braakland en moenie in die dorings saai nie.
4Wy julle aan die diens van die Here, en verwyder alle ontrou uit julle harte, mense van Juda, inwoners van Jerusalem, sodat my toorn oor julle bose dade nie losbreek soos 'n vuur en bly brand sonder dat dit geblus word nie.
5Vertel dit in Juda, maak dit in Jerusalem bekend en sĂȘ: âBlaas die ramshoring in die land!â Roep hard en sĂȘ: âKom bymekaar, laat ons in die vestingstede ingaan!â
6Swaai die vaandel: Na Sion toe! Soek veiligheid, moenie talm nie! Ek, die Here, laat onheil uit die noorde kom, 'n groot ramp.
7Die leeu het opgestaan uit sy lĂȘplek, die vernietiger van die nasies is op pad, hy het uit sy blyplek uitgegaan om jou land te verwoes. Jou stede sal in puin lĂȘ, sonder inwoners.
8Daarom, trek rouklere aan, huil en kerm, want die toorn van die Here rus nog op ons.
9Daardie dag, sĂȘ die Here, sal die koning en die amptenare se moed hulle begewe, die priesters sal verslae staan en die profete sal nie weet waarheen nie.
10Toe sĂȘ ek: âAg, Here my God! U het hierdie volk en Jerusalem bedrieg. U het gesĂȘ: âJulle sal vrede hĂȘ,â maar nou lĂȘ die swaard teen ons kele.â
11Daardie tyd sal daar vir hierdie volk en vir Jerusalem gesĂȘ word: 'n Gloeiende wind kom oor die heuweltoppe uit die woestyn uit op my volk af, maar nie om die kaf weg te waai en die koring skoon te waai nie.
12Ek bring die wind in sy volle krag oor hulle, Ek gaan nou die oordeel oor hulle uitspreek.
13Kyk, die vyand kom so skielik soos wolke, sy strydwaens kom soos 'n stormwind, sy perde is vinniger as arende. Ellende wag vir ons, dit is klaar met ons!
14Jerusalem, reinig jou hart van die kwaad, dat jy behoue kan bly. Hoe lank sal jy nog bose planne in jou omdra?
15Daar kom 'n boodskap uit Dan, daar kom slegte nuus van die Efraimsberge af.
16Vertel dit aan die nasies, maak dit aan Jerusalem bekend: Daar kom wagte uit 'n ver land, hulle beveel hulle manskappe om die stede van Juda aan te val.
17Soos mense wat graanlande oppas, staan hulle rondom Jerusalem, want hy het teen My gerebelleer, sĂȘ die Here.
18Jou eie optrede, jou eie dade het hierdie dinge oor jou gebring, dis jou eie boosheid wat dit so bitter maak, wat jou in jou hart tref.
19O die krampe in my ingewande, o die benoudheid in my hart! My hart bons wild, ek kan dit nie tot bedaring bring nie, want ek het die geluid van die ramshoring gehoor, en die oorlogskrete!
20Die val van die een stad na die ander word uitgeskreeu, die hele land is verwoes. Met een slag is my wonings vernietig, in een oomblik my woonplekke.
21Hoe lank sal ek nog die vyande se vaandel sien, die geluid van die ramshoring hoor?
22My volk tree dwaas op, hulle erken My nie, hulle is moedswillige kinders, sonder enige begrip van wat Ek doen. Hulle is net slim as dit kom by verkeerddoen, van goeddoen wil hulle niks weet nie.
23Ek het na die land gekyk, en dit was onbewoonbaar, na die hemel, en die lig was daaruit weg;
24ek het na die berge gekyk, en hulle het gebewe, na al die heuwels, en hulle het geskud.
25Ek het gekyk, en daar was geen mens nie, selfs die voëls het weggevlieg.
26Ek het gekyk, en die vrugbare grond het in woestyn verander, al die stede het in puin gelĂȘ. Dit is die Here wat dit in sy gloeiende toorn gedoen het!
27Ja, so sĂȘ die Here: Die hele land sal verwoes wees, maar Ek sal dit nie totaal vernietig nie.
28Daaroor moet die aarde treur en die hemel daarbo donker word, want Ek het my voorneme bekend gemaak, Ek staan by my besluit, Ek sal nie van plan verander nie.
29Voor die geluid van ruiters en boogskutters uit slaan elke stad op die vlug; hulle hardloop die bosse in, hulle klim tussen die rotse in. Elke stad lĂȘ verlate, sonder 'n enkele inwoner.
30Maar jy, verlatene, wat maak jy nou? Wat klee jy jou met bloedrooi klere; wat versier jy jou met goue versiersels, waarvoor smeer jy oogverf aan! Jy maak jou verniet mooi! Jou minnaars het jou verwerp, hulle soek jou lewe.
31Ek hoor 'n geskreeu soos van iemand wat in kraam is, 'n benoude kreet soos van 'n vrou wat haar eerste kind in die wĂȘreld bring. Ek hoor vir Sion wat na haar asem hyg, wat haar hande smekend uitsteek en sĂȘ: âEllende wag vir my! Ek is weerloos teen my moordenaars!â