Afrikaans 1983 Bible - 22 verses
1Al die leëraanvoerders, Joganan seun van Kareag, Asarja seun van Hosaja, al die mense, klein en groot, het na die profeet Jeremia toe gekom
2en vir hom gevra: âDoen tog asseblief wat ons vra, bid vir ons tot die Here jou God, vir ons almal wat oorgebly het. Soos jy ons hier sien, is ons die klompie wat oor is uit baie.
3Bid tog dat die Here jou God aan ons bekend maak waarheen ons moet gaan en wat ons moet doen.â
4Die profeet Jeremia het vir hulle gesĂȘ: âEk het gehoor. Ek sal tot die Here julle God bid soos julle gevra het. Ek sal alles wat die Here vir julle wil sĂȘ, aan julle oordra. Ek sal niks vir julle wegsteek nie.â
5Hulle sĂȘ toe vir Jeremia: âDie Here self sal die betroubare en geloofwaardige getuie teen ons wees as ons nie alles doen wat die Here jou God jou opdra om vir ons te sĂȘ nie.
6Of dit nou goed of sleg vir ons is, ons sal gehoorsaam wees aan die Here ons God na wie toe ons jou stuur, sodat dit met ons goed sal gaan. Ons sal gehoorsaam wees aan die Here ons God.â
7Tien dae later het die woord van die Here tot Jeremia gekom.
8Hy het Joganan seun van Kareag, al die leëraanvoerders by hom en al die ander mense, klein en groot, geroep
9en vir hulle gesĂȘ: So sĂȘ die Here die God van Israel na wie toe julle my gestuur het om julle versoek aan Hom voor te lĂȘ:
10As julle in hierdie land bly, sal Ek julle bou en julle nie plat slaan nie, julle vestig en julle nie afbreek nie. Ek sal die ramp wat Ek oor julle gebring het, nie verder voer nie.
11Moenie so bang wees vir die koning van Babel nie, moenie vir hom bang wees nie, sĂȘ die Here, want Ek is by julle om julle te red en julle uit sy mag te bevry.
12Ek sal julle genadig wees, en daarom sal hy julle genadig wees en julle na julle land toe laat teruggaan.
13Maar as julle die Here julle God nie wil gehoorsaam nie, as julle sĂȘ julle wil nie in hierdie land bly nie,
14as julle sĂȘ: âNee, ons wil Egipte toe waar ons nie oorlog sal sien nie, nie die ramshoring sal hoor blaas om te gaan veg nie en nie honger sal ly nie, ons wil daar gaan blyâ,
15hoor dan die woord van die Here, julle wat van Juda oor is! So sĂȘ die Here die Almagtige, die God van Israel: As julle vas besluit het om Egipte toe te gaan en julle gaan woon daar,
16sal die oorlog waarvoor julle bang is, julle daar in Egipte inhaal, en die hongersnood wat julle vrees, sal julle daarheen volg, en julle sal daar sterf.
17Ja, almal wat vasbeslote is om na Egipte toe te gaan en daar te woon, sal sterf deur oorlog, deur hongersnood en deur pes. Nie een van hulle sal vrykom en die rampe ontsnap wat Ek oor hulle sal bring nie.
18Ja, so sĂȘ die Here die Almagtige, die God van Israel: Soos my toorn en my gramskap uitgestort is oor die inwoners van Jerusalem, so sal my toorn oor julle uitgestort word as julle na Egipte toe gaan. Julle name sal gebruik word wanneer mense ander wil vervloek, wil bang maak, iets slegs wil toewens of wil verneder, en julle sal hierdie plek nooit weer sien nie.
19Die Here het vir julle gesĂȘ, julle wat van Juda oor is: Moenie na Egipte toe gaan nie! Toe sĂȘ Jeremia vir hulle: âWeet vir seker, ek waarsku julle vandag,
20julle maak 'n fout! Julle lewe is op die spel. Julle het my na die Here julle God toe gestuur en gevra: âBid vir ons tot die Here ons God, sĂȘ vir ons alles wat die Here ons God sĂȘ, ons sal dit doen.â
21Maar noudat ek vandag vir julle gesĂȘ het wat Hy sĂȘ, is julle ongehoorsaam aan die Here julle God, aan alles wat Hy my opgedra het om vir julle te sĂȘ.
22Weet nou verseker dat julle deur oorlog, deur hongersnood en deur pes sal sterf op die plek waar julle so graag wil gaan woon.â