Afrikaans 1983 Bible - 17 verses
1Die woord van die Here het tot my gekom:
2âMens, draai jou gesig na die Ammoniete toe en tree op as profeet teen hulle.
3SĂȘ vir die land van die Ammoniete: Hoor die woord van die Here my God!â So sĂȘ die Here my God: âJy verlekker jou daarin dat my heiligdom ontwy is, dat die land van Israel verlate lĂȘ, dat Juda in ballingskap moes weggevoer word.
4âNou gaan Ek jou 'n besitting maak van die mense uit die ooste. Hulle sal hulle kampe in jou kom opslaan, in jou kom woon, jou vrugte opeet en jou melk opdrink.
5Ek maak Rabba 'n weiveld vir kamele, Ek maak jou 'n plek waar kleinvee lĂȘ en rus. Dan sal jy besef dat Ek die Here is.â
6So sĂȘ die Here my God: âJy het hande geklap, met jou voete gestamp, jou verheug in jou veragting vir die land van Israel.
7Nou gaan Ek my hand teen jou uitsteek en jou die spot onder die nasies maak. Ek gaan jou uitroei tussen die volke uit, jou laat ophou bestaan as 'n land. Ek gaan 'n end aan jou maak. Dan sal jy besef dat Ek die Here is.â
8So sĂȘ die Here my God: âMoab en SeĂŻr sĂȘ Juda het soos enige ander nasie geword.
9âNou gaan Ek Moab se berghange stroop van stede, van die mooi stede in die land, Bet-Jesimot, BaĂ€l-Meon en Kirjatajim, en die stede op die grense van die land.
10Daar sal nie meer onder die nasies gedink word aan die Ammoniete nie, en Ek maak Moab saam met die land van die Ammoniete 'n besitting van die mense uit die ooste.
11Ek gaan Moab straf. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.â
12So sĂȘ die Here my God: âEdom het sy wraaksug op Juda uitgestort, hy het hom skuldig gemaak aan 'n misdaad toe hy teen Juda wraak geneem het.
13âDaarom,â so sĂȘ die Here my God, âgaan Ek my hand teen Edom uitsteek en mens en dier uit hom uitroei en hom 'n puinhoop maak van Teman af tot by Dedan. Hulle sal deur die swaard afgemaai word.
14Ek sal my wraak teen Edom in die hande van my volk Israel laat, en hulle sal met Edom maak soos my toorn, my gramskap dit vereis. Edom sal my wraak leer ken,â sĂȘ die Here my God.
15So sĂȘ die Here my God: âDie Filistyne het hulle wraak gekoel, hulle het met veragting hulle wraaksug uitgestort, hulle wou Juda tot niet maak op grond van die ou vyandskap.
16âDaarom,â so sĂȘ die Here my God, âgaan Ek my hand uitsteek teen die Filistyne, gaan Ek hulle, hierdie Kretense, uitroei, 'n end maak aan diĂ© wat nog langs die kus oor is.
17Ek gaan My voluit op hulle wreek, Ek gaan hulle straf in my gramskap. Wanneer Ek My op hulle wreek, sal hulle besef dat Ek die Here is.â