Afrikaans 1983 Bible - 26 verses
1Die woord van die Here het tot my gekom:
2âMens, sĂȘ vir die regeerder van Tirus: So sĂȘ die Here my God: In jou hooghartigheid het jy gesĂȘ: âEk is 'n god, ek woon op die woonplek van die gode, omring deur die see.â âMaar jy is 'n mens, nie 'n god nie. Jy het jou verbeel jy is 'n god.
3Jou wysheid het selfs dié van Daniël oortref. Watter geheimenis daar ook al was, niemand kon vir jou kers vashou nie.
4Jy het met jou wysheid en insig vir jou rykdom verwerf, jou skatkamers gevul met goud en silwer.
5Jy het met jou groot wysheid en met handel jou rykdom nog meer gemaak, maar dit was juis jou rykdom wat jou hooghartig gemaak het.
6âDaarom,â sĂȘ die Here my God, âomdat jy jou verbeel het jy is 'n god,
7daarom gaan Ek ander nasies, wrede volke, teen jou laat optrek. Hulle sal die prag wat jou wysheid vir jou gebring het, met die swaard aanval en jou prag skend.
8Hulle sal jou in die graf in laat stort, jy sal die dood van 'n gesneuwelde sterf daar op jou eiland in die see.
9Sal jy vir diĂ© wat aan jou 'n einde gaan maak, nog kan sĂȘ jy is 'n god? Vir diĂ© wat vir jou dood gaan sorg, sal jy 'n mens wees, nie 'n god nie.
10Ander volke gaan jou 'n eerlose dood laat sterf. Ek het gepraat,â sĂȘ die Here my God.
11Die woord van die Here het tot my gekom:
12âMens, sing 'n treurlied oor die koning van Tirus. SĂȘ vir hom: So sĂȘ die Here my God: âJy was 'n seĂ«l wat met sorg vervaardig is, 'n pragtige produk van volmaakte vakmanskap:
13jy is uitgebeeld in die godetuin Eden, omring deur kosbare edelstene: karneool, topaas, jaspis, chrisoliet, oniks, opaal, saffier, turkoois, smarag, en die reliëfwerk aan jou was van goud. So is jy gemaak die dag toe jy geskep is.
14Jy is uitgebeeld as die gerub wat met uitgestrekte vlerke moes waghou, Ek het jou die opdrag gegee. Jy was op die heilige godeberg, daar het jy rondgestap tussen glinsterende edelstene.
15Jou optrede was onbesproke vandat jy geskep is totdat jy begin onreg doen het.
16Jou uitgebreide handelsbedrywigheid het geweld deel van jou lewe gemaak en jou laat sondig. âDaarom het Ek jou verstoot van die godeberg af, Ek het jou, gerub wat moes waghou, tussen die glinsterende edelstene uit verwyder.
17Jou prag het jou hooghartig laat word, jou stralende glans het jou jou wysheid laat verloor. Ek het jou op die grond gegooi, jou daar voor ander konings laat lĂȘ dat hulle jou kon bekyk.
18âMet jou baie oortredings, met die onreg in jou handel, het jy jou heiligdomme ontwy. Daarom het Ek 'n vuur uit jou laat kom wat jou verteer het. Ek het jou 'n hopie as op die grond laat word voor die oĂ« van almal wat toegekyk het.
19Almal onder die volke wat jou geken het, is skrikbevange oor wat met jou gebeur het. Jy het 'n afskrikmiddel vir ander geword, dit is vir altyd klaar met jou.â
20Die woord van die Here het tot my gekom:
21âMens, draai jou gesig na Sidon toe en tree op as profeet teen hom.
22Jy moet sĂȘ: So sĂȘ die Here my God: Ek gaan teen jou optree, Sidon, Ek gaan in jou my mag laat blyk. DiĂ© stad se inwoners sal besef dat Ek die Here is. Ek sal hulle straf en hulle laat besef dat Ek die heilige God is.
23Ek stuur pes in die stad in en bloedvergieting op sy strate. Sy vyande sal hom van alle kante af aanval, en sy inwoners sal binne-in hom doodgemaak word. Hulle sal besef dat Ek die Here is.
24Dan sal daar nie meer onder die buurvolke van wie Israel soveel minagting verduur, 'n doring wees wat hom bly steek, 'n pendoring wat hom bly pynig nie. Israel sal besef dat Ek die Here God is.â
25So sĂȘ die Here my God: âWanneer Ek Israel bymekaarmaak onder die volke uit waar hulle verstrooi is en Ek hulle voor die oĂ« van die nasies laat besef dat Ek die heilige God is, sal Israel weer kom woon in die land wat Ek aan my dienaar Jakob gegee het.
26Hulle sal veilig in die land woon, huise bou en wingerde plant. Hulle sal veilig woon wanneer Ek al die buurvolke gestraf het wat vir Israel met soveel minagting behandel het. Israel sal besef dat Ek die Here hulle God is.â