Afrikaans 1983 Bible - 32 verses
1Op die eerste van die twaalfde maand, in die twaalfde jaar, het die woord van die Here tot my gekom:
2âMens, sing 'n treurlied oor die farao, koning van Egipte. Jy moet oor hom sĂȘ: âJy was soos 'n leeu onder die nasies, maar jy is tot swye gebring. Jy was soos die groot monster in die see, jy het jou rivierwaters laat kook, die waters troebel gemaak met jou voete, die riviere modderig laat word.â
3So sĂȘ die Here my God: âTussen die baie nasies wat saamgekom het, gooi Ek my vangnet oor jou, en hulle trek jou op in my net.
4Ek gooi jou op die grond, Ek slinger jou die veld in, Ek laat al die voëls op jou kom sit, Ek laat die roofdiere hulle vol vreet aan jou.
5Ek sit jou vleis op die berge neer, Ek maak die valleie daarmee vol.
6Met jou bloed wat op die berge uitgeloop het, deurweek Ek die grond; selfs die spruite word vol van jou bloed.
7Wanneer Ek jou tot niet maak, maak Ek die hemel toe en laat Ek die sterre se lig nie deurkom nie, Ek maak die son toe met 'n wolk, en die maan sal nie skyn nie.
8Ek laat al die hemelliggame treur oor jou en maak dit donker op die aarde, sĂȘ die Here my God.
9âWanneer Ek jou ondergang bekend laat word onder nasies in lande waarvan jy nie eens geweet het nie, sal Ek al die volke ontsteld laat raak.
10Ek laat al die volke verskrik staan oor wat met jou gebeur; hulle konings se hare sal rys oor wat met jou gebeur wanneer Ek voor hulle oĂ« my swaard swaai. Hulle sal sidder van angs oor hulle eie lewens diĂ© dag wanneer jy tot 'n val kom.â
11So sĂȘ die Here my God: âDie koning van Babel se swaard is in aantog teen jou:
12Ek laat jou hordes val voor die aanslag van sy soldate, almal wrede mense; hulle sal die trots van Egipte vernietig, sy hele leër sal uitgeroei word.
13Ek roei al sy vee uit daar langs die baie water. Die water sal nie meer geroer word deur die voet van 'n mens of modderig gemaak word deur vee se pote nie.
14Dan sal Ek die water weer helder laat word en Egipte se strome so rustig laat vloei soos strome olie,â sĂȘ die Here my God.
15âWanneer Ek Egipte 'n verlate land maak, hom stroop van wat in hom is, wanneer Ek al sy inwoners laat omkom, sal hulle besef dat Ek die Here is.
16Dit is die treurlied wat gesing sal word; die vroue van ander nasies sal dit sing, hulle sal dit sing oor Egipte en al sy hordes,â sĂȘ die Here my God.
17Op die vyftiende van die maand, in die twaalfde jaar, het die woord van die Here tot my gekom:
18âMens, sing vir die hordes van Egipte die lied wat vir dooies gesing word. âStuur hulle en ook die ander magtige nasies af in die graf in na diĂ© toe wat reeds dood is.
19Moet dit met julle beter gaan as met ander? Gaan af, gaan lĂȘ by die eerloses!
20Hulle val tussen dié wat gesneuwel het. Die swaard het sy werk gedoen: Egipte en al sy hordes word weggesleep.
21Uit die graf sĂȘ die magtige krygsmanne oor Egipte en sy helpers: âHulle is af graf toe, hulle lĂȘ by die eerloses, by diĂ© wat gesneuwel het!â
22AssiriĂ« en sy hele leĂ«rmag is daar. Rondom hom lĂȘ die grafte van sy mense, almal dood, afgemaai deur die swaard.
23Sy grafte lĂȘ diep in die doderyk; rondom hom lĂȘ sy leĂ«rmag begrawe, almal dood, afgemaai deur die swaard, diĂ© mense wat verskrikking gesaai het in die land van die lewendes.
24âElam en al sy hordes is daar; hulle lĂȘ rondom hom begrawe, almal dood, afgemaai deur die swaard. DiĂ© mense wat eerloos af is na die doderyk toe, is die mense wat verskrikking gesaai het in die land van die lewendes. Nou dra hulle hulle vernedering saam met diĂ© wat reeds dood is.
25Elam het sy plek gekry tussen die dooies, met die grafte van al sy hordes rondom hom, almal eerloos afgemaai deur die swaard. Hulle het verskrikking gesaai in die land van die lewendes, maar nou dra hulle hulle vernedering saam met dié wat reeds dood is; hulle het tussen die dooies beland.
26âMesek-Tubal en al sy hordes is daar; hulle grafte lĂȘ rondom syne; almal is eerloos deurboor met die swaard. Hulle het verskrikking gesaai in die land van die lewendes,
27maar hulle lĂȘ nie by die krygsmanne wat eervol gesneuwel het nie, diĂ© wat af is doderyk toe met hulle wapens, wie se swaarde onder hulle koppe gesit is en wie se skilde oor hulle bene lĂȘ. Mesek-Tubal en sy hordes het verskrikking gesaai in die land van die lewendes.
28âJy kom saam met die eerloses tot 'n einde, Egipte, jy moet by diĂ© wat deur die swaard afgemaai is, gaan lĂȘ.
29âEdom, sy konings, al sy regeerders is daar; ten spyte van hulle mag het hulle beland by diĂ© wat afgemaai is deur die swaard; hulle lĂȘ by die eerloses, by diĂ© wat reeds dood is.
30âDie vorste van die noorde is daar, hulle almal en al die SidoniĂ«rs. DiĂ© mense wat met hulle mag verskrikking gesaai het, het die neerlaag gely en lĂȘ eerloos by diĂ© wat afgemaai is deur die swaard; hulle dra hulle vernedering saam met diĂ© wat reeds dood is.
31âWanneer die farao hulle sien, sal dit vir hom 'n troos wees as hy dink aan al sy hordes wat gesneuwel het, die farao met sy hele leĂ«r,â sĂȘ die Here my God.
32âEk het hom toegelaat om verskrikking te saai in die land van die lewendes, maar nou moet hy tussen die eerloses gaan lĂȘ, by diĂ© wat gesneuwel het, hy, die farao, en al sy hordes,â sĂȘ die Here my God.