Afrikaans 1983 Bible - 38 verses
1âMens, nou moet jy as profeet optree vir die berge van Israel. Jy moet sĂȘ: Berge van Israel, hoor die woord van die Here!
2So sĂȘ die Here my God: Julle vyand het van julle gesĂȘ: âA, daardie oeroue hoogtes het nou ons s'n geword!â
3âTree op as profeet en sĂȘ: So sĂȘ die Here my God: Julle is van alle kante af verwoes en aangeval en julle het die eiendom geword van wat oor is van die ander nasies. Julle is bespot en verneder.â
4Daarom, berge van Israel, hoor die woord van die Here my God! So sĂȘ die Here my God vir die berge, die heuwels, die klowe, die valleie, vir die verlate puinhope, die onbewoonde stede wat geplunder en verneder is deur die mense wat van die nasies rondom oor is,
5so sĂȘ die Here my God: âEk praat in gloeiende woede oor wat oor is van die ander nasies en oor die hele Edom wat met soveel genot en minagting my land vir hulleself gevat het om sy weivelde buit te maak.
6âTree op as profeet vir die land Israel en sĂȘ vir die berge, die heuwels, die klowe, die valleie: So sĂȘ die Here my God: Ek praat in woede, in toorn oor die vernedering wat julle deur die nasies aangedoen is!â
7So sĂȘ die Here my God: âEk lĂȘ 'n eed af dat die nasies rondom julle self verneder sal word!
8Maar julle, berge van Israel, moet sorg dat daar bome met takke en vrugte is vir my volk Israel, hulle terugkoms is naby.
9Ek sal na julle omsien en vir julle sorg: julle sal bewerk en beplant word.
10Ek sal sorg dat daar baie mense op julle woon, die hele Israel. Die stede sal weer bewoon word, die puinhope herbou word.
11Ek sal sorg dat daar baie mense en diere op julle is, en hulle sal vrugbaar wees en vermeerder. Ek laat mense op julle woon soos vroeër, dit sal met julle beter gaan as vroeër en julle sal besef dat Ek die Here is.
12Ek sal weer mense op julle laat loop: my volk Israel. Hulle sal julle in besit neem as hulle eiendom en julle sal hulle nie weer kinderloos laat word nie.â
13So sĂȘ die Here my God: âDie mense sĂȘ van julle, berge van Israel, dat julle mense opvreet en dat julle julle bewoners afskud.
14Maar julle sal nie weer mense opvreet nie en nie weer julle bewoners afskud nie,â sĂȘ die Here my God.
15âEk sal nie toelaat dat julle weer die vernederende aanmerkings van ander nasies moet aanhoor en deur hulle verkleineer word nie. Julle sal nie weer julle bewoners afskud nie,â sĂȘ die Here my God.
16Die woord van die Here het tot my gekom:
17âMens, toe Israel nog in hulle land gewoon het, het hulle die land verontreinig met hulle optrede en hulle gedrag. Hulle optrede was in my oĂ« net so onrein as 'n vrou wat menstrueer.
18Ek het my toorn oor hulle laat losbreek oor die bloed wat hulle vergiet het en oor die afgode waarmee hulle die land verontreinig het.
19Ek het hulle verstrooi onder die ander nasies en hulle na ander lande toe uitmekaargejaag. Ek het hulle gestraf oor hulle optrede en hulle gedrag.
20En toe hulle daar by die ander nasies kom, het hulle my heilige Naam oneer aangedoen toe die mense van hulle sĂȘ: âMaar dit is mos die volk van die Here hierdie, hulle kom uit sy land.â
21Ek is begaan oor my heilige Naam wat oneer aangedoen word deur Israel onder die nasies waar hulle gekom het.
22Daarom, sĂȘ vir Israel: So sĂȘ die Here my God: Dit is nie ter wille van julle dat Ek optree nie, Israel, maar ter wille van my heilige Naam wat deur julle oneer aangedoen is onder die nasies waar julle gekom het.
23Ek sal die heiligheid van my groot Naam laat blyk wat onder die nasies in oneer gekom het. Julle het my Naam oneer aangedoen onder die nasies. Wanneer Ek my heiligheid laat blyk in wat Ek met julle doen voor die oĂ« van die nasies, sal hulle besef dat Ek die Here is,â sĂȘ die Here my God.
24âEk sal julle tussen die nasies uit wegvat, julle uit al die lande bymekaarmaak en julle na julle land toe bring.
25Ek sal reinigingswater oor julle uitgooi sodat julle rein kan word. Ek sal julle reinig van al julle onreinheid en van al julle afgodery.
26Ek sal julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle 'n hart van vleis gee.
27Ek sal my Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens my voorskrifte leef en my bepalings gehoorsaam en nakom.
28Julle sal in die land woon wat Ek aan julle voorvaders gegee het, julle sal my volk wees en Ek sal julle God wees.
29Ek sal julle bevry van alles waarmee julle julle verontreinig het, Ek sal die graan aanspreek en sorg dat dit baie is; Ek sal nie weer hongersnood oor julle bring nie.
30Ek sal sorg dat daar baie vrugte aan die bome is en groot oeste op die lande sodat julle nie weer die vernedering onder die nasies beleef dat julle hongersnood het nie.
31Dan sal julle terugdink aan julle bose optrede en julle gedrag wat nie goed was nie, en julle sal 'n afsku hĂȘ van julleself oor julle sonde en julle afskuwelike dade.
32Julle moet weet, sĂȘ die Here my God, dat Ek diĂ© dinge nie ter wille van julle doen nie. Al wat julle pas, Israel, is skaamte en skande oor julle optrede.â
33So sĂȘ die Here my God: âDie dag as Ek julle van julle sonde reinig, sal Ek sorg dat julle stede weer bewoon word en sal julle puinhope herbou word.
34Die kaalgestroopte land sal bewerk word in plaas daarvan dat dit kaal lĂȘ voor die oĂ« van almal wat daar verbygaan.
35Hulle sal sĂȘ: âDiĂ© land was verlate en nou is hy soos die tuin van Eden; die stede het in puin gelĂȘ, hulle was verlate en verwoes, en nou is hulle vestingstede met inwoners.â
36Die nasies wat nog rondom julle oor is, sal besef dat dit Ek, die Here, is wat die verwoeste stede herbou het en die kaalgestroopte land weer beplant het. Ek, die Here, sĂȘ dit en Ek sal dit doen.â
37So sĂȘ die Here my God: âEk sal ook nog dĂt vir Israel doen in antwoord op hulle gebede: Ek sal hulle soos kleinvee laat vermeerder.
38Die stede wat nou in puin lĂȘ, sal net so vol mense wees as wat Jerusalem vol kleinvee is in die feestye, kleinvee vir die offers. Dan sal Israel besef dat Ek die Here is.â