Afrikaans 1983 Bible - 37 verses
1âKoning Nebukadnesar aan al die volke, nasies en taalgroepe wat oor die hele wĂȘreld woon: Voorspoed!
2âEk betuig met blydskap dat ek die tekens en wonders wat die allerhoogste God gedoen het, kon belewe.
3âHoe groot is sy tekens, hoe magtig sy wonders! Sy koninkryk is 'n ewige koninkryk, sy heerskappy duur van geslag tot geslag.
4âEk, Nebukadnesar, het rustig en voorspoedig in my paleis gewoon,
5maar toe het ek 'n droom gehad wat my ontstel het, visioene in my slaap, wat deur my kop gemaal en my laat bang word het.
6Daarom het ek 'n bevel uitgevaardig dat al die koninklike raadgewers voor my gebring moes word om vir my die droom uit te lĂȘ.
7Toe het die towenaars, die voorspellers, die sterrekykers en die besweerders gekom, en ek het hulle die droom vertel, maar hulle kon dit nie vir my uitlĂȘ nie.
8Uiteindelik het Daniël, genoem Beltsasar na die naam van my god en in wie die gees van die heilige gode is, ingekom en ek het hom die droom vertel.
9âEk het vir hom gesĂȘ: Beltsasar, hoof van die towenaars, ek weet dat die gees van die heilige gode in jou is en dat geen geheim vir jou onverklaarbaar is nie. Hier is nou my droom, lĂȘ dit vir my uit.
10âEk het hierdie visioen in my slaap gehad: âToe ek kyk, sien ek 'n boom in die middel van die aarde, en dit was baie hoog.
11Die boom het so groot en sterk geword dat sy top aan die hemel geraak het, en dit was oral op die aarde sigbaar.
12Sy blare was mooi en sy vrugte was groot, daar was genoeg kos aan hom vir die hele wĂȘreld. Onder hom het die wilde diere skaduwee gesoek, en in sy takke het die voĂ«ls nes gemaak. Alles wat leef, het van hom hulle kos gekry.
13âToe ek nog so kyk, terwyl ek in my slaap die visioen sien, kom daar 'n wag, 'n engel, uit die hemel uit af.
14Hy het hard geroep: â âKap af die boom, kap af sy takke, stroop af sy blare en gooi weg sy vrugte. Die wilde diere moet onder hom uit wegvlug en die voĂ«ls uit sy takke uit.
15Maar bind 'n yster- en 'n bronsband om sy stomp en laat dit in die grond bly saam met die gras in die veld. Nebukadnesar moet snags deur die dou natgemaak word en van plante leef saam met die wilde diere.
16Sy verstand moet anders word as dié van 'n mens, hy moet die verstand van 'n dier kry. Dit moet sewe tydperke lank oor hom kom.
17â âHierdie aankondiging berus op 'n besluit van diĂ© wat wag hou, die engele, en hulle maak hierdie beslissings bekend. So sal alle mense weet dat die Allerhoogste mag het oor al die koninkryke op aarde en dat Hy dit gee aan wie Hy wil; Hy stel selfs die onbelangrikste mens daaroor aan.â
18âDit is die droom wat ek, koning Nebukadnesar, gehad het. LĂȘ dit nou vir my uit, Beltsasar, want geen raadgewer in my koninkryk is in staat om dit vir my uit te lĂȘ nie. Jy is daartoe in staat, want die gees van die heilige gode is in jou.â
19Toe het DaniĂ«l, ook genoem Beltsasar, 'n oomblik verstom gestaan, verbyster deur sy gedagtes. Die koning het vir hom gesĂȘ: âMoenie dat die droom en sy uitleg jou ontstel nie, Beltsasar.â Beltsasar het geantwoord: âU Majesteit, het die droom maar eerder op u vyande geslaan, die uitleg op u teĂ«standers!
20Die boom wat u gesien het, wat so groot en sterk geword het dat sy top aan die hemel geraak het, en wat oral op die aarde sigbaar was,
21waarvan die blare mooi en die vrugte groot was en waaraan daar genoeg kos was vir die hele wĂȘreld, waaronder die wilde diere gebly en in wie se takke die voĂ«ls nes gemaak het,
22die boom is u, U Majesteit. U het groot en sterk geword, u grootheid raak selfs aan die hemel, u mag strek oor die hele aarde.
23U Majesteit het 'n wag, 'n engel, uit die hemel uit sien afkom, en hy het gesĂȘ: âKap af die boom en verwoes dit, maar bind 'n yster- en 'n bronsband om sy stomp en laat dit in die grond bly saam met die gras in die veld. Nebukadnesar moet snags deur die dou natgemaak word en van plante leef saam met die wilde diere. Dit moet sewe tydperke lank oor hom kom.â
24âDit is die uitleg, U Majesteit, dit is die besluit van die Allerhoogste oor u:
25U sal uit die menslike samelewing uitgestoot word en saam met die wilde diere moet leef. U sal moet gras eet soos beeste en u sal snags deur die dou natgemaak word. Dit sal sewe tydperke lank oor u kom. Dan sal u moet erken dat die Allerhoogste mag het oor al die koninkryke op aarde en dit gee aan wie Hy wil.
26Die bevel dat die boom se stomp in die grond moet bly, beteken dat u koningskap herstel sal word sodra u erken dat die Hemel regeer.
27Daarom, U Majesteit, luister na my raad: breek met u sonde en u ongeregtigheid, doen wat reg is en bewys barmhartigheid teenoor diĂ© wat in nood is. Dan sal u voorspoed aanhou.â
28Maar alles het oor koning Nebukadnesar gekom.
29Na twaalf maande, terwyl hy op die dak van die paleis geloop het,
30het hy gesĂȘ: âKyk net hoe groot is Babel! Deur my groot mag het ek daarvan 'n koningstad gemaak, tot my eer en roem.â
31Sy woorde was nog nie koud nie toe kom daar 'n stem uit die hemel: âDaar is besluit, koning Nebukadnesar, dat jy uit jou koningskap onthef gaan word.
32Jy sal uit die menslike samelewing uitgestoot word en saam met die wilde diere moet leef en gras moet eet soos beeste. Dit sal sewe tydperke lank oor jou kom. Dan sal jy moet erken dat die Allerhoogste mag het oor die koninkryke op aarde en dit gee aan wie Hy wil.â
33Op dieselfde oomblik het oor Nebukadnesar gekom wat oor hom gesĂȘ is. Hy is uit die menslike samelewing uitgestoot en moes gras eet soos beeste. Hy is snags deur die dou van die hemel natgemaak, en sy hare het so lank geword soos die vere van 'n arend en sy naels soos diĂ© van 'n voĂ«l.
34âToe die vasgestelde tyd verby was, het ek, Nebukadnesar, na die hemel opgekyk om hulp en het ek my verstand teruggekry. Ek het die Allerhoogste geprys, ek het Hom wat ewig leef, geloof en geĂ«er. Aan sy heerskappy is daar geen einde nie, sy koninkryk bestaan oor al die geslagte heen.
35Teenoor Hom is al die bewoners van die aarde soos niks; Hy doen soos Hy besluit met die hemelse magte en met die mense op aarde. Daar is niemand wat Hom daarvan kan weerhou en vir Hom kan sĂȘ: âWat doen U?â nie.
36âEk het in diĂ© tyd my verstand teruggekry, en my koninklike waardigheid, my eer en majesteit is aan my teruggegee. My raadgewers en hoofamptenare het my opgesoek, my koningskap is herstel en ek het selfs meer mag gekry as tevore.
37Ek, Nebukadnesar, prys en eer en loof die Koning van die hemel. Alles wat Hy doen, is reg, sy optrede is regverdig. Hy het die mag om hoogmoediges te verneder.â