Afrikaans 1983 Bible - 21 verses
1[1-2] In daardie tyd sal Ek al die nasies bymekaarmaak; dit is die tyd wanneer Ek die lot van Juda en Jerusalem sal verander. Dan sal Ek die nasies in die Josafatlaagte afbring en daar sal Ek hulle straf omdat hulle my volk, Israel wat aan My behoort, onder die nasies verstrooi het en my land vir hulle gevat het.
2***
3Ek sal hulle straf omdat hulle lootjies getrek het oor my volk, omdat hulle 'n jong seun gegee het in ruil vir 'n hoer en jong meisies verkoop het vir wyn om te drink.
4En jĂșlle, Tirus en Sidon en die hele gebied van die Filistyne, wat is julle vir My? Wil julle julle op My wreek vir wat julle aangedoen is? As julle julle op My wil wreek, sal Ek gou optree en julle dade op julle eie kop laat afkom.
5Julle het my silwer en my goud gevat, julle het my kosbare skatte in julle tempels gebring.
6Julle het die mense van Juda en Jerusalem in Griekeland gaan verkoop, julle het hulle ver weg uit hulle gebied uit weggevat,
7maar Ek sal hulle laat uitbreek uit daardie plek uit, die plek waarnatoe julle hulle verkoop het, en dan sal Ek julle dade op julle eie kop laat afkom.
8Ek sal julle seuns en dogters verkoop aan die mense van Juda, en hulle sal julle kinders verkoop aan die mense van Skeba, 'n nasie wat ver van hier af is. Die Here het dit gesĂȘ.
9SĂȘ vir die nasies: âMaak julle klaar vir 'n oorlog, roep julle dapper manne op! Al julle soldate moet opruk en nader storm.
10Maak swaarde van julle ploegskare, en spiese van julle snoeiskĂȘre. Selfs die swakke moet sĂȘ: âEk is 'n dapper soldaat!â
11 Maak gou en kom, al julle nasies van die omgewing.â Laat hulle bymekaarkom, en bring u leĂ«rmag af daarheen, Here!
12Die nasies moet aanstorm en opruk na die Josafatlaagte toe, want dĂĄĂĄr sal Ek sit om al die nasies van die omgewing te straf.
13Hulle sondes is baie: steek die sekel in, want die oes is ryp, kom trap, die parskuip is vol, die wynkuipe loop oor.
14Daar is mense en nogmaals mense in die beslissingslaagte, want naby is die dag waarop die Here sal straf in die beslissingslaagte.
15Die son en die maan sal donker word, die sterre sal nie meer skyn nie.
16Die Here sal uit Sion brul, Hy sal sy stem uit Jerusalem laat hoor, en hemel en aarde sal bewe. Die Here is 'n toevlug vir sy volk, 'n veilige vesting vir die Israeliete.
17Dan sal julle besef dat Ek, die Here, julle God is. Ek woon op Sion, my heilige berg. Dan sal Jerusalem heilig wees, vreemde nasies sal nie meer daardeur trek nie.
18Daardie dag sal daar volop wyn wees op die berge, oorvloed melk op die heuwels. In al die slote van Juda sal daar water loop, 'n fontein sal uit die huis van die Here borrel en die Sittimdal natlei.
19Egipte sal van droogte vergaan, Edom sal 'n onbewoonbare woestyn word, want hulle het die mense van Juda wreed behandel en onskuldige bloed vergiet in hulle land.
20Maar Juda sal sonder ophou bewoon word en Jerusalem vir altyd.
21Ek sal my volk se sonde vergewe, die sonde wat Ek nog nie vergewe het nie, en Ek, die Here, sal op Sion woon.