Afrikaans 1983 Bible - 20 verses
1Nadab en Abihu, seuns van AĂ€ron, het elkeen sy vuurpan gevat en gloeiende kole daarin gesit. Hulle het wierook daaroor gegooi en dit vir die Here aangebied. Dit was egter ongeoorloofde vuur omdat dit teen die bevel van die Here was.
2'n Vuur wat van die Here af gekom het, het hulle verteer, en hulle het gesterf in die teenwoordigheid van die Here.
3Toe sĂȘ Moses vir AĂ€ron: âDie Here het gesĂȘ: Wie 'n offer vir My bring, moet besef dat Ek heilig is; sy ontsag vir My moet vir die hele volk duidelik wees.â AĂ€ron was sprakeloos.
4Moses het daarna vir Misael en Elisafan, seuns van AĂ€ron se oom UssiĂ«l, geroep en vir hulle gesĂȘ: âGaan nader en vat julle familielede weg voor die heiligdom en dra hulle uit die kamp uit.â
5Hulle het toe nader gegaan en die dooies in hulle ampsklere uitgedra na 'n plek buite die kamp soos Moses gesĂȘ het.
6Moses het AĂ€ron en sy twee seuns Eleasar en Itamar beveel: âMoenie rou deur julle hare onversorg te laat en julle klere te skeur nie. As julle rou, sal julle sterwe, en sal die Here toornig wees op die hele gemeente. Maar julle volksgenote, al die Israeliete, mag rou oor hierdie vuurdood wat van die Here gekom het.
7Julle mag ook glad nie van die ingang van die tent van ontmoeting af weggaan nie. As julle dit doen, sal julle sterwe, want die salfolie van die Here het julle aan Hom gewy.â Hulle het toe gemaak soos Moses gesĂȘ het.
8Die Here het vir AĂ€ron gesĂȘ:
9âJy en jou seuns mag geen wyn of bier drink wanneer julle moet gaan diens doen in die tent van ontmoeting nie, want dan sal julle sterwe. Dit is 'n vaste voorskrif, ook vir julle nageslag.
10Daar moet duidelik onderskeid gemaak word tussen wat gewyd is en wat nie gewyd is nie, tussen wat onrein is en wat rein is.
11Julle moet al die voorskrifte wat die Here deur Moses aan julle gegee het, vir die Israeliete leer.â
12Moses het vir AĂ€ron en sy twee seuns wat nog gelewe het, Eleasar en Itamar, gesĂȘ: âVat die graanoffer wat oorgebly het nadat die vuuroffer aan die Here gebring is, en eet dit by die altaar. Daar mag nie suurdeeg by kom nie. Omdat dit 'n besondere gewyde gawe is,
13moet julle dit op 'n gewyde plek eet. Volgens die bevel wat ek ontvang het, is dit julle deel uit die vuuroffer wat aan die Here gebring word.
14Maar die borsstuk van die beweegoffer en die boud uit die offergawe mag julle en julle familie op enige rein plek eet, want dit is die deel wat julle en julle familie toekom uit die maaltydoffers van die Israeliete.
15Die Israeliete moet die boud uit die offergawe en die borsstuk wat as beweegoffer vir die Here aangebied is, bring wanneer hulle die vetdele bring wat vir die vuuroffer bedoel is. Hulle moet dit as beweegoffers aan die Here aanbied. Daarna kry julle dit. Die Here het beveel dat dit 'n vaste voorskrif moet wees.â
16Toe Moses op 'n keer navraag doen oor die sondeofferbok en hy uitvind dat dit verbrand is, was hy kwaad vir Eleasar en Itamar, die seuns van AĂ€ron wat nog gelewe het. Hy vra toe:
17âWaarom het julle nie die sondeoffer op 'n gewyde plek geĂ«et nie? Dit is 'n besondere gewyde gawe en die Here het dit aan julle gegee om die sonde van die gemeente weg te neem; dit is bedoel om vir hulle by die Here versoening te doen.
18Omdat die bloed nie in die heiligdom ingeneem is nie, moes julle die sondeoffer in die heiligdom geĂ«et het soos ek julle beveel het.â
19AĂ€ron antwoord toe daarop: âDie mense hĂ©t vandag hulle sondeoffer en brandoffer aan die Here gebring, en tog het hierdie ramp my getref! Sou dit dan enige verskil gemaak het as ek die sondeoffer geĂ«et het?â
20Toe Moses dit hoor, was hy tevrede.