Afrikaans 1983 Bible - 37 verses
1Die Here het vir Moses gesĂȘ:
2âPraat met die hele gemeente Israel en sĂȘ vir hulle: Wees heilig, want Ek die Here julle God is heilig.
3Elkeen van julle moet eerbied hĂȘ vir sy ma en sy pa. Julle moet my gebooie oor die sabbat gehoorsaam. Ek is die Here julle God.
4Julle mag nie afgode dien nie en julle mag nie vir julle afgodsbeelde maak nie. Ek is die Here julle God.
5âWanneer julle 'n maaltydoffer vir My, die Here, slag, moet julle dit so doen dat julle vir My aanneemlik is:
6julle moet die vleis eet op die dag wanneer julle slag, of hoogstens die volgende dag. Wat oorbly tot die derde dag, moet verbrand word.
7Wie daarvan op die derde dag eet, eet iets onreins. Dit is nie vir My aanneemlik nie.
8Wie daarvan eet, is skuldig, want hy ontheilig wat aan die Here gewy is. So iemand sal van sy volksgenote afgesny word.
9âWanneer julle julle lande afoes, moet julle nie die wenakkers afoes nie en ook nie die are wat bly lĂȘ, agterna optel nie.
10Julle moet ook nie die wingerde 'n tweede keer oes of die korrels wat val, optel nie. Laat dit alles bly vir die armes en die vreemdelinge. Ek is die Here julle God.
11âJulle mag nie steel nie en julle mag nie lieg of mekaar bedrieg nie.
12Julle mag nie 'n vals eed aflĂȘ in my Naam en so die Naam van julle God ontheilig nie. Ek is die Here.
13âJy mag nie jou naaste uitbuit of hom beroof nie. Jy mag nie 'n dagloner se loon terughou tot die volgende dag nie.
14Uit eerbied vir jou God mag jy nie 'n dowe vloek of 'n hindernis in die pad van 'n blinde lĂȘ nie. Ek is die Here.
15âJy mag nie onregverdig wees in die regspraak nie: jy mag nie partydig wees vir diĂ© wat geen aansien het nie of die vooraanstaande bevoordeel nie. Oordeel regverdig oor jou naaste.
16Jy mag nie loop en skinder nie, jy mag nie jou medemens se lewe in gevaar stel nie. Ek is die Here.
17âJy mag nie haatdraend wees teenoor jou volksgenoot nie. Maak die geskil openlik met hom uit, moenie wat hy verkeerd gedoen het, teen hom bly hou nie.
18Jy mag nie wraak neem of 'n grief koester teenoor jou volksgenoot nie, jy moet jou naaste liefhĂȘ soos jouself. Ek is die Here.
19âJulle moet my voorskrifte gehoorsaam. Moenie verskillende soorte diere kruis of verskillende soorte saad in een land saai of 'n kledingstuk van verskillende soorte materiaal dra nie.
20âWanneer die eienaar van 'n slavin reeds 'n ooreenkoms aangegaan het waarvolgens iemand anders haar as byvrou koop, en die eienaar het met haar gemeenskap voordat die prys betaal is en voordat hy van haar afstand gedoen het, moet hy aan die toekomstige eienaar skadevergoeding betaal. Hulle mag nie die doodstraf opgelĂȘ word nie, want hy het nog beskikkingsreg oor haar.
21Verder moet hy as skuldoffer vir die Here 'n ram bring na die ingang van die tent van ontmoeting toe.
22Die priester moet met die skuldofferram vir die eienaar van die slavin versoening doen by die Here oor die sonde wat gedoen is. Die sonde sal dan vergewe word.
23âWanneer julle julle in die land vestig en allerhande soorte vrugtebome plant, mag julle drie jaar lank glad nie die vrugte pluk nie. Die vrugte is vir julle verbode. Dit mag nie geĂ«et word nie.
24Die vierde jaar moet al die vrugte as 'n gawe van dankbaarheid aan die Here gewy word.
25Van die vyfde jaar af mag julle die vrugte gebruik. Julle sal dan goeie opbrengste hĂȘ. Ek is die Here julle God.
26âJulle mag nie aan heidense offermaaltye deelneem nie. Julle mag nie waarsĂȘery en towery beoefen nie.
27[27-28] Julle mag nie heidense rougebruike navolg deur die hare voor die ore en die wangbaard te knip of deur snye en tatoeëermerke op julle liggame te maak nie. Ek is die Here.
28***
29âNiemand van julle mag sy dogter die skande aandoen om haar 'n tempelprostituut te laat word nie. Dit lei tot hoerery en afskuwelike sondes in die land.
30Julle moet my gebooie oor die sabbat gehoorsaam en eerbied hĂȘ vir my heiligdom. Ek is die Here.
31Moenie hulp soek by geeste of waarsĂȘers nie. Dit sal julle onrein maak. Ek is die Here julle God.
32âUit eerbied vir jou God moet jy eerbied bewys aan oumense en hulle met respek behandel. Ek is die Here.
33âWanneer daar 'n vreemdeling by julle in julle land woon, mag julle hom nie onderdruk nie.
34Julle moet hom soos 'n medeburger behandel en hom liefhĂȘ soos julleself. Julle was immers self ook vreemdelinge in Egipte. Ek is die Here julle God.
35âJulle mag nie bedrog pleeg wanneer julle meet of weeg of inhoud bepaal nie.
36Julle moet 'n betroubare skaal en die regte gewigte en inhoudsmate gebruik. Ek is die Here julle God wat julle uit Egipte laat wegtrek het.
37Gehoorsaam al my voorskrifte en bepalings en leef daarvolgens. Ek is die Here.â