Afrikaans 1983 Bible - 30 verses
1Die Here het vir Moses gesĂȘ:
2âDit kan gebeur dat iemand sondig en troueloos handel teen die Here deurdat hy sy volksgenoot bedrieg met iets wat in sy bewaring gegee of aan hom geleen is, of sy volksgenoot beroof of hom te kort doen.
3Of hy kry dalk iets wat weggeraak het, maar ontken dit en lĂȘ 'n vals eed af oor enige saak waarin 'n mens in diĂ© opsig sou kon sondig.
4As hy so gesondig en hom skuldig gemaak het, moet hy teruggee wat hy geroof het of waarmee hy iemand te kort gedoen het of wat in sy bewaring gegee was of wat weggeraak het en deur hom gevind is,
5of wat ook al waaroor hy 'n vals eed afgelĂȘ het. Op die dag dat sy skuld bekend word, moet hy alles terugbetaal aan die persoon aan wie dit toekom, en hy moet nog 'n vyfde bysit.
6As skuldoffer bring hy vir die Here 'n ram sonder liggaamsgebrek uit die kleinveetrop na die priester toe, volgens die vasgestelde waarde,
7en die priester doen voor die Here versoening vir die skuldige, en sy sonde word hom vergewe, hoe hy hom ook al skuldig gemaak het.â
8Die Here het vir Moses gesĂȘ:
9âGee aan AĂ€ron en sy seuns die volgende opdrag: Die reĂ«ling oor die brandoffer is soos volg, die brandoffer naamlik wat die hele nag deur tot die mĂŽre toe op die vuurmaakplek op die altaar is terwyl die vuur aan die brand gehou word:
10die priester trek sy linnekleed en linnebroek aan, en tel die vet op wat uitgebraai het toe die vuur die brandoffer op die altaar verteer het, en sit dit langs die altaar.
11Hy trek sy klere uit en trek ander klere aan en bring die vet buite die kamp na 'n rein plek toe.
12Die vuur op die altaar word aan die brand gehou; dit mag nie doodgaan nie. Die priester pak elke mĂŽre hout op die vuur, lĂȘ die brandoffer daarop en verbrand op die altaar die vet van die maaltydoffers.
13Die vuur moet aanhou brand op die altaar; dit mag nie doodgaan nie.â
14âDie reĂ«lings oor die graanoffer is soos volg: een van AĂ€ron se seuns bied dit vir die Here aan voor die altaar.
15Hy vat daaruit 'n handvol meel en olie en al die wierook bo-op die graanoffer en verbrand dit op die altaar. Die simbool van die hele offer word aanvaar deur die Here.
16AĂ€ron en sy seuns eet die oorblywende deel. Daar kom nie suurdeeg by nie. Hulle eet dit op die gewyde plek, in die voorhof van die tent van ontmoeting.
17Dit word gebak, maar nie met suurdeeg nie. Dit is hulle deel wat Ek hulle uit my vuuroffer gee. Dit is 'n besondere gewyde gawe, net soos die sondeoffer en die skuldoffer.
18Enige van die manlike nasate van AĂ€ron mag daarvan eet. Dit is 'n vaste instelling vir julle nageslag met betrekking tot die vuuroffers van die Here. Elkeen wat daaraan raak, moet 'n gewyde wees.â
19Die Here het vir Moses gesĂȘ:
20âAĂ€ron en elkeen wat hom opvolg, moet op die dag van sy salwing die volgende offergawe vir die Here aanbied: twee kilogram meel as graanoffer, die helfte in die mĂŽre en die helfte in die aand. Dit is 'n blywende voorskrif.
21Die offergawe word met olie aangemaak op 'n bakplaat en die mengsel word as graanoffer in stukkies aangebied. Dit is aanvaarbaar vir die Here.
22Die gesalfde priester wat uit die seuns van AĂ€ron in sy plek gekom het, doen dit. Dit is 'n vaste instelling vir die Here. Die offer word heeltemal verbrand.
23Elke graanoffer van diĂ© priester word heeltemal verbrand. Dit word nie geĂ«et nie.â
24Die Here het vir Moses gesĂȘ:
25âSĂȘ vir AĂ€ron en sy seuns: Die reĂ«ling vir die sondeoffer is soos volg: die sondeofferdier word in die teenwoordigheid van die Here geslag op dieselfde plek as die brandofferdier. Dit is 'n besondere gewyde gawe.
26Die priester wat die sondeoffer hanteer, eet dit. Hy eet dit op die gewyde plek, in die voorhof van die tent van ontmoeting.
27Elkeen wat aan die vleis raak, moet 'n gewyde wees. As daar van die bloed op iemand se klere spat, moet die deel waarop die bloed gespat het, in die gewyde plek gewas word.
28Die kleipot waarin die vleis gekook is, word gebreek, en as dit in 'n bronspot gekook is, moet die pot geskuur en met water afgespoel word.
29Enige manlike persoon onder die priesters eet van die sondeoffer. Dit is 'n besondere gewyde gawe.
30'n Sondeofferdier waarvan bloed in die tent van ontmoeting gebring word om daarmee in die heiligdom versoening te doen, word egter nie geĂ«et nie. Dit word verbrand.â