Afrikaans 1983 Bible - 14 verses
1Daar kom 'n tyd dat die berg waarop die huis van die Here is, 'n blywende plek sal hĂȘ bokant die bergtoppe en sal uitstaan bo die heuwels. Die volke sal daarheen stroom,
2baie nasies sal daarnatoe gaan en sĂȘ: âKom, laat ons optrek na die berg van die Here toe, na die huis van die God van Jakob sodat Hy ons sy wil kan leer en ons daarvolgens kan lewe, want uit Sion kom die openbaring, uit Jerusalem die woord van die Here.â
3Hy sal oordeel tussen baie volke, regspreek oor sterk nasies wat ver weg woon. Hulle sal van hulle swaarde ploegskare smee en van hulle spiese snoeiskĂȘre. Die een nasie sal nie meer die swaard teen die ander opneem nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te maak nie.
4Elke man sal onder sy eie wingerd sit, ongesteurd onder sy vyeboom. Die Here die Almagtige het dit gesĂȘ.
5Elke nasie kan maar lewe in die naam van sy god, ons sal vir altyd in die Naam van die Here ons God lewe.
6Daardie dag, sĂȘ die Here, sal Ek diĂ© wat kreupel is, bymekaarmaak, sal Ek diĂ© wat verstrooi is, vergader, en ook diĂ© wat Ek met rampe getref het.
7Ek sal die kreupeles die oorblyfsel maak, die siekes 'n sterk nasie. Ek, die Here, sal op Sionsberg oor hulle heers, nou en vir altyd.
8Verlate vesting, Sionsheuwel, die beloftes aan jou sal vervul word: jy sal weer heers soos voorheen, Jerusalem sal weer die hoofstad wees.
9Waarom skreeu jy so hard? Het jy nie 'n koning nie? Het jou raadgewer omgekom dat kraampyne jou oorval het?
10Krul van die pyn, Sion, kry geboortepyne soos 'n vrou in kraam! Jy moet nou die stad verlaat, jy moet in die oop veld gaan woon en na Babel toe gaan. Daar sal jy gered word, daar sal die Here jou verlos uit die mag van jou vyande.
11Nou moet baie nasies nog eers teen jou saamstaan, hulle sĂȘ: âOns sal toekyk hoe Sion verontreinig word.â
12Maar hulle ken nie die plan van die Here nie; hulle verstaan nie wat Hy besluit het nie: Hy het hulle soos gerwe op 'n dorsvloer bymekaargebring.
13Maak klaar en dors die gerwe, Sion! Ek maak jou sterk: Ek gee vir jou bronskloue sodat jy baie nasies kan vermorsel. Jy sal aan die Here wy wat hulle buitgemaak het, al hulle besittings aan die Koning van die hele wĂȘreld.
14Jy is nou vasgevang, rowerstad! Ons word beleër! Die vyand sal die koning van Israel met 'n kierie op die kakebeen slaan.