Afrikaans 1983 Bible - 15 verses
1Ruk julle reg, onbeskaamde nasie,
2voordat die besluit voltrek word, voordat die dag kom en julle soos kaf word voor die gloed van die toorn van die Here, voordat die dag van die toorn van die Here oor julle kom.
3Vra na die wil van die Here, alle nederiges in die land, almal wat doen wat die Here wil. Streef na geregtigheid, na nederigheid! Miskien bly julle die straf gespaar op die dag van die toorn van die Here.
4Gasa sal verlate lĂȘ, Askelon sal geen inwoners hĂȘ nie, Asdod sal helder oordag ontvolk word, Ekron sal verwoes word.
5Ellende wag vir dié wat aan die kus woon, dié wat van Kreta af kom! Die woord van die Here is teen julle: Ek gaan jou, KanaÀn, Filistyneland, so vernietig dat daar niemand in jou woon nie:
6die kusstreek sal net 'n weiveld wees waar wagters vee laat wei, 'n plek vir kleinveekrale.
7Die kusstreek sal die eiendom word van wat daar oor is van Juda: hĂșlle is die kudde wat daar sal wei en snags in die huise van Askelon sal slaap, want die Here hulle God sal Hom oor hulle ontferm en hulle lot verander.
8Ek het gehoor hoe Moab my volk verkleineer het, hoe die Ammoniete hom met minagting behandel het, hoe aanmatigend hulle was teenoor my volk se grondgebied.
9So seker as Ek leef, sĂȘ die Here die Almagtige, die God van Israel: Moab sal soos Sodom word en die Ammoniete soos Gomorra: 'n veld vol dorings en soutpanne, vir altyd verlate. DiĂ© lande sal buit word vir wat daar oor is van my volk; diĂ© wat oorgebly het van die nasie wat aan My behoort, sal hulle in besit neem.
10Dit gebeur met Moab en die Ammoniete omdat hulle so hooghartig was, omdat hulle die volk van die Here die Almagtige verkleineer het en aanmatigend was teen die volk.
11Ontsagwekkend is die Here bo almal. Hy laat al die gode op die aarde wegteer sonder offers, en al die kuslande van die nasies buig voor Hom, elkeen op sy eie plek.
12Ook julle, Kussiete, word deur die swaard van die Here afgemaai.
13Daarna steek Hy sy hand uit teen die noorde en maak Hy 'n einde aan Assirië: Hy maak Nineve 'n stad sonder inwoners, 'n droë weiveld.
14Kuddes vee sal daar lĂȘ en herkou, allerlei troppe diere. Pelikane en uile sal op die stad se mooi pilare slaap, die wind sal deur die vensters huil. Die verwoesting sal selfs die drumpels tref, want die sederhout sal afgestroop word.
15Dit is wat sal word van die uitgelate stad wat so onbesorg daar lĂȘ, wat dink: daar is nie nog 'n stad soos ek nie. Hy gaan verwoes word, 'n lĂȘplek vir diere. Elkeen wat daar verbykom, sal fluit van verbasing en sy hande saamslaan.