Afrikaans 1983 Bible - 23 verses
1Op die een en twintigste van die sewende maand, in die tweede regeringsjaar van koning Darius, het die woord van die Here weer deur die profeet Haggai gekom:
2Vra tog vir Serubbabel, seun van Sealtiël en goewerneur van Juda, en vir die hoëpriester Jesua seun van Josadak, en vir almal wat van die volk oorgebly het:
3Wie van julle het gesien hoe mooi die vorige tempel was? Hoe lyk dié een vir julle? Lyk hy nie na niks in vergelyking met die vorige nie?
4Maar nou, Serubbabel, skep moed, sĂȘ die Here, en jy Jesua seun van Josadak, hoĂ«priester, skep moed, en julle almal, burgers van die land, skep moed, sĂȘ die Here! Begin met die werk, want Ek is by julle, sĂȘ die Here die Almagtige.
5My belofte wat Ek met die uittog uit Egipte aan julle gemaak het, sal Ek nakom: my Gees sal altyd by julle bly. Moenie bang wees nie!
6So sĂȘ die Here die Almagtige: Nog een keer, binnekort, sal Ek hemel en aarde, see en land laat bewe.
7Dan sal Ek al die nasies laat wakker skrik en hulle sal met hulle skatte kom en so sal Ek hierdie huis met rykdom vul, sĂȘ die Here die Almagtige.
8Aan My behoort al die silwer, aan My al die goud, sĂȘ die Here die Almagtige.
9Die roem van die tempel sal in die toekoms groter wees as in die verlede, sĂȘ die Here die Almagtige. Op hierdie plek sal Ek vrede gee, sĂȘ die Here die Almagtige.
10Op die vier en twintigste van die negende maand, in die tweede regeringsjaar van Darius, het die woord van die Here tot die profeet Haggai gekom:
11So sĂȘ die Here die Almagtige: Vra tog by die priesters leiding oor hierdie saak:
12As iemand vleis wat aan die Here gewy is, in die sak van sy klere dra, en hy raak met die sak aan brood of groente of wyn of olie of enige ander soort kos, sal diĂ© dinge dan gewy wees? Die priesters antwoord toe: âNee!â
13Toe sĂȘ Haggai: As iemand wat onrein is deurdat hy aan 'n lyk geraak het, aan hierdie dinge sou raak, sou hulle dan onrein word? Die priesters het geantwoord: âJa, dit sal onrein word!â
14Haggai sĂȘ toe: SĂł is hierdie volk, hierdie nasie in my teenwoordigheid, sĂȘ die Here, sĂł is alles wat hulle doen: elke offer wat hulle na my tempel toe bring, is onrein!
15Let daarom op wat in die verlede en tot nou toe gebeur het: voordat julle begin het om die tempel van die Here te herbou,
16het julle by 'n hoop koring gekom en net die helfte van wat julle geskat het, daaruit gedors. Julle het na 'n parskuip toe gegaan om vyftig vate vol te skep, maar julle het net twintig gekry.
17Ek het julle oes, die vrug van julle handewerk, swaar getref met brandkoring, heuningdou en hael, en nogtans het niemand hom tot My bekeer nie, sĂȘ die Here.
18Maar nou, let op wat van vandag af en verder sal gebeur, van die vier en twintigste dag van die negende maand af, die dag waarop die fondamente van die tempel van die Here gelĂȘ is. Let op!
19Is daar nog saad in die skuur? Tot nou toe het julle wingerde, julle vyebome, julle granaatbome en julle olyfbome nie gedra nie, maar van nou af sal Ek voorspoed gee!
20Op die vier en twintigste van die negende maand het die woord van die Here nog 'n keer tot Haggai gekom:
21SĂȘ vir Serubbabel die goewerneur van Juda: Ek gaan die hemel en die aarde laat bewe.
22Ek gaan die trone van konings omgooi en die mag van die koninkryke van die nasies vernietig. Ek gaan strydwaens met bemanning en al omgooi. Perde met hulle ruiters sal omkom, die een sal die ander met die swaard doodmaak.
23Daardie dag sal Ek jou vat, sĂȘ die Here die Almagtige, en jou, my dienaar Serubbabel seun van SealtiĂ«l, 'n seĂ«lring maak, want Ek het jou uitgekies, sĂȘ die Here die Almagtige.